Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 90 ontvang op 19/02/19

“MY Dawidskind! Skrywe vir MY Dogter, MY Dogter van Sion, MY SION! Het jy vergeet MY Dogter dat EK jou REDDER is? MY Dogter, het jy geweet dat jy geroep is as MY Voortrekkerdogter? Het jy geweet dat jy as die voorste trekker MY volk na MY moet lei? Waarom dink jy het EK MY Wawiel in jou midde opgerig deur MY Gees van BARMHARTIGHEID? Dit dien as Teken van jou Roeping MY Dogter! Teken, ja, dat jy vir MY ‘n Huis sal bou en bestuur en dat daar ‘n ongekende naasteliefde sal heers in jou. Maar dit dien ook as Teken wat jy vir MY moet doen: Skouer aan skouer, met harte aan hande gebind, sal julle MY ander kinders voed en na MY lei – VANUIT LIEFDE TERUG NA LIEFDE! Maar ‘n paar dae gelede het EK die Aarde van Sion geskud deur die Openbaring van MY Wil vir MY Knegte. Dit het gedien as toets vanuit MY, om te kyk hoe jy sal reageer en wie jy heel eerste plaas in jou lewe.

EK, EK IS WAT EK IS! EK rig MY Woorde na al die ander gemeentes en kerk-bewegings in MY Land, Suid-Afrika, wat nie deur MY opgerig is nie:

Weë julle valse profete en valse herders! Julle mislei MY Kudde en lei hulle na die Afgrond van besoedeling en valsheid! Weë julle wat die besoedeling goedkeur en dit as suiwer leer aan MY kinders! Weë julle wat die Suiwere en Waarheid verwerp en MY kinders leer dat dit die leuen is! Weë julle wie se ja nee is en wie se nee ja is, want julle huise is gebou op sand en sal geensins staande bly in MY komende Oordeel nie! Weë julle wat die LIEFDE verkrag deur julle eie hoogmoed en eersug! Weë julle wat MY GEES laster, ja, julle wat weet maar steeds verwerp en verder gaan en siele tot struikeling bring! Weë julle wat verbastering preek en homoseksualisme bedrywe! En dit sê EK, die Almagtige Skepper: Julle verskonings dat EK julle só geskape het is dwaas en is ‘n manier om die gewete in julle te smoor wat julle gedurig aankla! MY Wet is Ewig, omdat EK die WETGEWER is! EK verander nie en net so ook MY Wet van LIEFDE en APARTHEID!

Dit sê EK ook aan julle, julle opstandiges en dwases: EK doen wat EK wil volgens MY Wysheid! Skryf MY nie voor hoe EK sekere dinge moet doen en wanneer nie! Wie is julle om julleself bo MY te probeer verhef? Weë julle wat diegene wat EK aangestel het bespot en belaster? Julle is vêr van die Waarheid! Paardekraal, Bloedrivier en Gilgal IS nou verenig en EK sal julle bymekaar bring MY Oogappel-Volk! Dit sê EK ook direk vir MY hele volk: Die Dogter van Sion is deur MY opgerig, is deur MY aangestel, is deur MY verorden om julle te laat ontwaak! Die Dogter van Sion is MY Voorloper-Gemeente, MY Voortrekkerdogter! Weë julle wat Haar wil vernietig en verniel! Weë julle wat lede is en die pêrels voor die varke gaan gooi! Weë julle wat rondsluip in die midde van MY Dogter en besig is met duistere handelinge om onmin en verdeeldheid te saai! EK het klaar vir julle gesê en gemaan om te VERGEWE en mekaar te GENEES! So dit sê EK nou: As julle nie wil vergewe en heelmaak nie, dan kan EK nie dieselfde vir julle doen nie! Dit is MY VOORWAARDE! EK sal MY Dogter skoon was en nog vêrder suiwer! Die opstandiges en lafhartiges wat eieliefde kweek en MY WET van LIEFDE vertrap, sal EK SELF uitspuug! Daar sal nie met MY BARMHARTIGHEID gemors word nie! EK is GEDULDIG, maar versoek en tart MY nie! Hierdie is jou finale Waarskuwing MY Dogter van Sion: Verenig in naasteliefde voor MY en hê MY lief bo alles!

MY Kneg het EK beveel om in afsondering te gaan met MY vir MY Doel. As Dogter van Sion Gemeente is EK en NET EK julle Ewige LEIER en KONING! Nou luister jy na MY! EK het gesê dat julle nie ligtelik moet omgaan met Bloedrivier, Gilgal en Paardekraal nie! EK het gesê dat julle nie halfhartig moet bid en seën nie! Gaan voort om MY Opdragte uit te voer en MY Volk te seën en te voed, en wees ‘n Moeder vir MY ander kinders, maar voorwaar sê EK vir jou: Verenig nie in LIEFDE soos EK jou beveel het nie, en dan sal MY Geregtigheid intree volgens MY Wet van Sonde en Versoening!

EK sal MY Kneg terugbring na MY Doel met hom afgehandel is en EK MY Opdragte aan hom in sy hart oorgedra het. Vrees nie MY Dogter, EK rig jou op en EK IS jou REDDER! Wees vrolik en vreugdevol in MY!”

 

Ek, Daniel, was gelei om die Drie Geloftes te plaas:

 

Die Bloedrivier Gelofte (16 Desember 1838):

"Mijne broeders en medelandgenoten, hier staan wij tans op een ogenblik voor een Heilige God van Hemel en Aarde om een Belofte aan Hem te beloven, als Hij met Zijn bescherming met ons sal wezen, en onze vijand in onze handen zal geven dat wij hem overwinnen, dat wij die dag en datum elke jaar zoals een Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen, en dat wij een tempel tot Zijn eer stichten zullen waar het Hem zou behagen, en dat wij het ook aan onzen kinderen zullen zeggen dat zij met ons erin moeten delen tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten. Want de ere van Zijn Naam daardoor zal verheerlikt worden, dat de roem en eer van overwinning aan Hem sal worden gegeven."

 

Wonderfontein Deklarasie te Paardekraal (13 Desember 1880):

“In de tegenwoordigheid van den Almachtigen God, die kenner aller harten onder bidden opsien om sijn genadige hulp en ontferming, sijn wij Burgers van de Zuid-Afrikaansche Republiek plegtig overeengekomem, gelijk wij dezen overeenkomen om voor ons en onze kinderen een heilige verbond op te rigten, het welk wij met plegtigen eed beyweren. Ruim veertig jare is, het geleden, dat onze vadere die Kaapkolonie ontvlugt zijn, om vrij en onafhanklijk Volk te worden. Deze veertig jaren waren veertig jaren van smart en lijden. Wij hebben Natal, den Oranje-Vrijstaat en de Zuid-Afrikaansche Republike gesticht en driemalen heeft die Engelsche Regering onze vrijheid vertracht en onze vlag, die onze vaderen met hun bloed en tranen gedoopt hebben, maar den neergehaald. Als door een dief in de nacht is onze vrije Republiek weggestolen. Wij kunnen en sij magen dat nie dragen. God wil, dat de eerbied onzer vaderen en de liefde jegens onze kinderen ons voorschrijft, het erfpand der vaderen ongeschonden aan onze kinderen over te leveren. Daarom is het dat wij hier bij elkander de hand geval en Volk en met het oog op God samen te werken, tot den dood toe, voor de herstelling van de vrijheid onzer Republiek. Zoo waarlijk helpe ons God Almachtig. Amen.”

 

Die Paardekraalgelofte

“Indien de Lieve Heer ons helpen en zegenen wilde, en wij ons land terug zouden krygen, dat den het volk elk jaar daar zouden komen feestvieren, juist by dezelfde steenhoop, en den Heer onze geloften komen betalen. En deze steenhoop is de eeuwige getuie daarvan.”

 

Die Gilgalgelofte (15 Julie 2017):

“Onse El, ons Vader, ons ewige Man, vir U ons Meester en vir ons volk. Voor U en U skare van engele in hemel en op aarde, maak ons dié gelofte, dat ons U Huis sal bou, die Vesting vir die Dogter van Sion. Ons en ons vaders, die vaders van hemel en aarde staan as een, met een hart, deur U verenig om U Liefde en U Barmhartigheid te bring tot diegene wat suiwer van hart en wese voor U mag staan. Ons bring ons lewens as eersgeborenes uit U Lewe en offer dit aan U, ons Maker en ons Man, sodat U kinders en naamgenote hulle skuiling en ewige verweer sal vind in die Huis deur U gestig. Neem ons lewens as offer, sodat ons mag terugkeer na ons Bron, sodat U Naam geheilig mag word en U ewige Apartheid mag heers in ons in die ewigheid. U Naam ter ere, Amein.”

 

JAHSHUA spreek verder:

“MY Boervolk, EK het MY Skryfkneg na ‘n foto gelei wat hy sal plaas. Dit stel die toekoms voor as julle nie MY NOU kies bo ALLES en julle liefdeloosheid en twis onder mekaar los nie! EK sal MY Tugtiging aanhou uitvoer vanuit LIEFDE totdat julle siele begin voel en sien! HOOR wat EK SPREEK, EK, EK IS WAT EK IS! Die Voorwaarde is gestel: KIES MY en Gehoorsaam MY Gebod in LIEFDE – en EK sal jou uitred en na die Beloofde Land lei!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205