Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 27 ontvang op 11 September 2018

“MY kneg, al hierdie Waarheid moet jy aanteken en opskrywe en aan MY ander kinders meedeel met getrouheid. Jy moet altyd onthou dat EK is nie gebonde aan tyd nie. Wanneer EK ‘n taak wil verrig, dan sal dit geskied op die een of ander wyse, maar sekerlik SAL dit geskied deur MY VOLMAAKTE WIL! Daarom MY Tyd van Toetsing MY kneg om te kyk of julle op julle poste sal wees besig met werke van MY WIL, uit julle eie vrye wil, met vurige LIEFDE vir MY en julle naaste.

Julle wil is nie gelykstaande aan MY WIL nie omdat MY WIL EWIG VOLMAAK en VOLLEDIG is. Daarom moet julle met julle vrye wil altyd strewe na eenwording met MY WIL om so die ware VRYHEID en VOLMAAKTHEID te bekom vanuit julle probleme en swakhede. EK IS spreek aan julle en sê dat probleme is net onopgeloste geleenthede wat wag vir antwoorde! Daarom het EK gesê dat julle al julle probleme voor MY Voete moet kom lê en MY Koninkryk EERSTE en BO ALLES moet soek! In MY Koninkryk is daar ‘n VOLMAAKTE ENERGIE wat elke wese bestraal met LIG-LIEFDE-ENERGIE strale vanuit MY Troon. Hierdie ENERGIE kan julle in ‘n oogwink uitvee, maar in dieselfde tyd julle terug plaas in VOLMAAKTE LIEFDE binne MY! Hierdie ENERGIE kan die materiaal-energie-bindings van julle siele oplos, maar ook terselfdertyd die grootste genesende KRAG bring tot EWIGE LEWE. MY kinders, hierdie ENERGIE is tot julle beskikking omdat EK vir julle alreeds gesê het dat julle tot alles in staat is deur MY!

Hierdie ENERGIE is niks anders as LIEFDE nie, wat EKSELF is, die EWIGE EK IS WAT EK IS! Julle moet van MY Lewende Fontein gebruik maak en kom skep LEWENDE WATERS wat hierdie ENERGIE van MY bevat! Hierdie is dieselfde ENERGIE wat die Ewige Skepping tot stand gebring het, en dieselfde ENERGIE wat MY GEES IS, wat die dooies LEWEND gemaak het! EK IS WAT EK IS en EK het die dood oorwin in MY Ewige OERBRON VAN VOLMAAKTE LIEFDE-ENERGIE! MY Waarheidsliefling besit hierdie selfde ENERGIE van MY wat Sy vir julle in hierdie tyd kom gee het en hierdie KRAG vloei vanuit die BOOM VAN DIE LEWE waarom MY Klipwiel draai in die harte van julle, MY kinders! Daarom moet julle nie slaap in hierdie tyd nie, want julle gaan sien hoe MY teenpool alles gaan doen om julle te vermoor! Hy gaan kom om julle Huise af te brand! Hy gaan kom om julle te gryp en julle te sleep na die ewige dood van die vlees en die leuen! Hy gaan kom om julle tyd te steel soos ‘n dief in die nag as julle nie gefokus bly op MY GEWYDE WIL en OPDRAGTE nie!

EK sê vir julle: NIKS kan julle skei van MY nie! EK het vir julle LIEFDE gebring en NET deur LIEFDE sal EK julle weer terug na MY bring; en NET deur LIEFDE kan julle na MY STAD kom en as EWIGE burgers lewe in die EWIGE VOLMAAKTHEID: MY NUWE JERUSALEM! Maar julle sal moet werk en EK lê klem op een van MY VOLMAAKTE EIENSKAPPE: Die Werksame WIL! Sonder hierdie eienskap in jou, MY geliefde kind, kan jy nie tot die LEWE in MY oorgaan nie! Hierdie WERKSAME WIL verg LIEFDE BO ALLE LIEFDE vir MY en ‘n totale oorgawe en afhanklikheid aan MY EWIGE VOLMAAKTE PLAN vir jou, MY lieflingskind!

Wees vrolik my Sionsbruid, omdat die mure van Jerigo geval het deur die VROLIKHEID VAN DIE RAMSHORING! EK IS!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205