Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 127

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 127 ontvang op 21/11/19, 09H00

Die Hoof-Boodskapper MikaEL, het in die gewaad van ‘n Vlammende Swaard na my, Daniel, gekom en het toe met my gespreek. Sy mond was soos die Hitte van ‘n Verterende Vuur en my siel en wese het die Hitte van sy Vlamme aangevoel en opgeneem in die diepste dieptes van my hart. JAHSHUA het my in SY Hande gehou en bewaar en afgeseël met die GEES van SY Vleuels en HY sê toe vir my: “MY kneg, luister na die Gees van Vuur en rig jou hart op die woorde van lof tot MY. Want lofprysing en danksegging bring genesing vir die siel en hart. Hom het EK aangestel om die Poort te bewaak van die Paradys en die Weg van Eden te inspekteer en te weeg.”

MikaEL spreek toe tot my en JAHSHUA begin toe so in Vrolikheid te glimlag en ek sien toe ‘n Magtige Swaard uit SY Mond kom en HY hef toe SY Hande uit na bowe. JAHSHUA het die mooiste glansende kleed aan wat met Wit-Gees-Substans berei is. HY word omsingel deur biljoene goue vlinders en skoenlappers en die voëltjies sing en loof SY Naam van Apartheid.

MikaEL spreek toe tot my en sê:

“Kneg van MY MEESTER en dienaar van die HOOGSTE EL van alle Lewe, luister na die lof-woorde vanuit MY Vlammende Hart wat HY vir MY geskenk het vanuit SY Grootste LIEFDE.

Suiwer is die werke van JaHWeH van die ganse heelal en geseënd is die Majesteit van LIEFDE! Juig en jubel in die teenwoordigheid van SY Hitte en hulle wat HOM nie aangeneem het nie, sal beef in die Dag van SY Grimmigheid. Die ongeregtigheid sal verwyder word en die besoedeling sal in die ewige Afgrond weggewerp word. Alle eer en lof aan HOM wat alles deur WYSHEID gegrondves het en wat heers oor alle Horisonne der Horisonne. Deur die Magtige Hand van JaHWeH het HY alle Skeppings voortgebring en deur die hoogmoedige hart van SY teenpool het hiérdie Skepping vanaf Gees-harmonie verhard tot harde materie wat van die val van die sonde getuig. Hulle wat die Weë van JaHWeH verlaat sal tesame met hulle hartstogtelikhede vergaan en sal nie vir die Ark gereken word nie. Soveel Bloed is gestort ter Verlossing van die mensdom en na die Skape van IsraEL het HY gekom om SY Koninkryk en Verborgenhede te verkondig. Soveel verborgenhede het HY aan SY dissipels openbaar wat hulle in hul harte bewaar. Aan die rasegte saad van Jakob sal hierdie Verborgenhede geopenbaar word en aan die Huis van Judah sal hulle in herinnering gebring word. Maar die Woord van JaHWeH waarsku: “Gooi nie die pêrels vir die varke nie sodat hulle nie omdraai en julle verslind nie!” Handel in die Wysheid van die Hoogste EL! Verraad is ‘n oersonde wat lei na die dood en die doderyk is hulle bestemming omdat hulle nie die Raad en Wysheid van JaHWeH verwelkom in die verstand van hulle harte nie.

Kneg, die MEESTER jou Verlosser en die Migdol Toring van jou hart sal jou geheue open deur die Poort van Eden en HY sal die Werke van SY Glansrykheid aan jou wese in herinnering bring. Volgens die seisoene en die Raad van die GEES moet jy dit aan die opregtes van Gilgal openbaar en die Naam bo alle name sal verhef word tot in Ewighede. Want hulle wat HOM bo alles soek sal die Beloning erf wat HY voorberei het in SY Groot Barmhartigheid. Kyk, EliJaH is in die Warrelwind, die Storm vanuit die Suide en EliShua se oë is gerig op die Jordaan. Julle voorouers kyk met smagtende harte na die werke van hulle saad, dat hulle sal terugkeer na die Weë van JaHWeH. Die harte van die vaders wat wil verenig met die harte van die kinders en anders om, terugkerend, tegemoet. Leer uit die foute en oortredinge van die verlede en word wys, dan sal julle nie struikel in die dag van benoudheid nie. Kyk, in die Sewende Dag vertoef die ganse Aarde en die menigte mensdom. Die Skepping verwag die Glansrykheid van HOM wat kom om SY Raadsplan uit te voer, want HY wat opgestaan het sal hulle wat aan HOM behoort ook laat opstaan en HY het! HY sal aan hulle die mag gee om boeie van yster te breek en die bande van koper tot stof te beveel. Hulle sal die mag gegee word om die yster grendels van ongeregtigheid te verpletter en die Orde van Pineas te handhaaf onder die Vaandel van Vrede. HY IS die VOLMAAKTE VREDE, JAHSHUA! Die vrede van julle wêreld is geen vrede nie, maar ‘n misleidende weg wat lei na die slagyster van ondergang. Bedrieglikhede sal die einde sien en die raad van dwases sal lei tot niks. Maar hulle wat die Poort van die LEWE begeer sal deur HOM gaan en die Waters sal geskei word van bowe en van benede en die Aarde sal sigbaar word om die Groot Trek en die Exodus te laat volbring. Die wat met onopregte harte haas om die Rivier van Vrolikheid te bereik om daardeur te trek, omdat hulle geoordeel is deur die Gees van Waarheid, sal deur die Waters oorweldig word. Want hulle nader net tot die Hoogste EL in die Dag van die Exodus omdat hulle die gevolge van hulle handelinge vrees en nie die Vrees van JaHWeH in hulle harte koester nie. Die wat die dwaling soek sal die gees van dwaling ontvang, dit is die krag van die vrye wil. Die wat die Guns en Verlossing van HOM soek wat LEEF en HEERS, sal die Guns van JaHWeH ontvang en sal saam met HOM regeer en heers onder die Naam van IsraEL! EL met ons! Maak gereed o knegte van JaHWeH en maak gelyk die Weg van HY wat kom om die nasies te oordeel en SY Kudde te versamel, want HY is die Volmaakte Suiwerheid in en deur SY Almagtige Wese. En ook Haar, die Wysheid van ELOHIM en ook Haar, die Waarheid van Vrede in HOM, mag julle nie verwerp nie. Want Sy is in HOM en HY in Haar. Die wat wysheid en insig het, verstaan en die wat verstandig is, ondersoek. Die Vuur van SY LIEFDE kan verteer, maar ook kan die Vuur ‘n Hittige Beskutting wees vir hulle wat SY LIEFDE begeer. Die Rots is die Berg waarop julle moet bou, die Huis van SY Gelofte. Suiwer is die Werke en Verordeninge van die Hoogste EL en in die Naam van Melgisedek sal die Orde handhaaf word en die hulp sal verleen word vanuit die Suide. Wag op die Stem van JaHWeH en vertrou nie op die woorde deur menselippe nie, want die tong is bedrieglik onder die nasies en die lippe van ‘n verraaier spreek duisternis vanuit sy duistere hart. Neig julle ore tot die Woorde van MAJESTEIT en rig julle oë op na die Berge, want Berge versit HY in die Krag en Mag van SY Regterhand. Die SPRUIT in Sion sal oorvloedige Waters voortbring en julle dors sal geles word, maar ook nie geles word nie, want SY Waters van Lewe laat die riviere, bronne, damme en fonteine van SY kinderharte smag na nog meer! Hoe soet is die Waters van LEWE nie! SY Stem is soos die van baie Waters, wat Lewend vloei in die sagtheid van SY Barmhartigheid en Genade om Nuwe Lewe voort te bring, maar die Waters kan ook klowe vorm en deur gesteentes en rotse sny soos ‘n Tweesnydende Swaard. Waters, so Nederig tog so Kragtig, so lewend tog so Streng in die Dag van die Donderweer! Die Winde versamel in die Kraal van Gilgal en die Winde is teen die Mure van Jerigo gerig. Die natuurgeeste tesame oefen ook hulle wraak uit oor die dwaasheid van die mensdom en die oortredinge van die tweegesigte. Neem SY Wet in ag en bepeins dit met berou! Want die Sonde van Babilon reik tot aan die Hemele en stink voor SY Aangerig. Daar bestaan SUIWERHEID, maar min is daarvan oor in die harte van die mensdom.

Ek, MikaEL, die bewaker van Eden, bring in herinnering SY Woorde. Seun teen sy vader, dogter teen haar moeder, broer teen suster en suster teen broer. So sal HY SY opregtes van hart versamel en SY Groot Huisgesin oprig. Maar wee die wat nie die Liefdesgebod van onse Hoogste EL gehoorsaam in Liefde nie, want hulle sal agterbly met ‘n aangesig van smart. En hulle wat met vroomheid wandel onder ‘n valse godsdienstigheid deur om voor te gee dat hulle deur HOM gestuur is, sal met ‘n gekners van tande die gevolge van hulle dwaasheid besef. Ons MEESTER het tallose kere gewaarsku teen die valse gesalfdes, valse profete en valse dienaars wat julle met valse profesieë probeer lok na hulle hoerhuise van Babilon.

Ek, MikaEL en sovele andere Boodskappers en Knegte van die Allerhoogste sien die oorloë, Gees teen gees! Dit manifesteer dan ook in die materiële realm van julle bestaan. Die kennis van wapens en die kennis van spioenasie wat ingefluister was in die nageslag van Esau vanuit die draakmond van SY teenpool. En Boervolk van JaHWeH, wees gewaarsku, want hulle loop tussen julle rond en julle omhels hulle as broers! Julle val voor hulle voete, maar julle sien nie die geveinsdheid van hulle bose agendas en vuil gedagtes nie. SY Kudde ken SY Stem, luister dus daarna, Volk van die Boer!”

Net na hierdie Woorde van MikaEL, laat sak Hy Sy Swaard, wat eintlik Sy hele wese is (moeilik om te verduidelik) en JAHSHUA wys vir my in my hart dat ek moet let op wat nou gaan gebeur. JAHSHUA wys toe ook vir my hoe HY en MikaEL ‘n ooreenkoms aangegaan het oor die werke wat MikaEL moet verrig en dat dit MikaEL se grootste saligheid is. MikaEL laat sak toe die Swaard van Hemelse Vlamme en Hy raak met die Punt van die Swaard op die Wolke waarop ons staan. En onmiddellik verander die Wit Wolke na Wolke met ‘n glinsterende kleur van goud. Ek sien toe hoe die Wolke in beroering kom en aan die beweeg raak onder die Bevel van JAHSHUA en ‘n Groot Sirkel van Lig, maar dit was soos ‘n Lens waardeur mens alles kon sien, begin toe te open waardeur ek kon sien en ek sien toe ‘n wêreld, ‘n hele wêreld van bo af. Maar dit is nie soos ons wêreld hier nie. Alles beweeg in harmonie en volgens die Gees van Liefde. Ek kyk toe reguit af en sien ‘n bymekaarkompunt van vier riviere wat uit verskillende rigtings kom. JAHSHUA plaas toe SY Hand op my skouer en met SY ander Hand wys HY na bo waar ek moet kyk. Ek sien toe dieselfde Goue magtige groot Boomwortels wat hierdie Wolke genereer tesame met die uitstraling van Lig. Ek sien toe hoe hierdie Boomwortels ook ‘n goue olie begin afskei het en die Wolke het dit opgeneem en elke lewende wese op hierdie wêreld gesalf het. Die vier riviere het elkeen ‘n oortreffende kleur skynsel in hulle Waters gehad. Een wat ‘n kleurskynsel van rooi, ander ‘n kleur van wit, ander ‘n kleur van blou en die ander rivier ‘n kleur van groen en Lewe en Wysheid gehad het. Daar was baie mense of wesens in bootjies en kindertjies in mandjies wat op die riviere vertoef het, maar hulle het gewag vir iets om te gebeur. Hulle het so ‘n groot verwagting in hulle oë gehad, maar hulle oë was heeltyd gerig op JAHSHUA wat die Ewige Son en Warmte vir hulle is.

(Einde van ervaring)

 

Openbaring 127 ontvang op 27/11/2019

“Weer en nogmaals weer sal EK, JaHWeH van die Leërskare, JAHSHUA van die Huis van IsraEL en die Huis van Judah, spreek tot elkeen wat hulleself voorberei vir die Dag van Paardekraal, om Ons Gelofte van Bloedrivier te herdenk.

EK sal geensins ligtelik omgaan met MY Beloftes en met Ons Geloftes en Verbonde wat EK met julle aangegaan het nie! Wee diegene wat kom na MY op hierdie Dag met ‘n dubbele hart, net om deur andere gesien te word. Want julle offers van valsheid en bedrieglike harte sal EK nie aanneem nie. Hulle wat kom en vergader saam hulle volksgenote op die Dag van Ons Gelofte, maar wat wraak, afguns, liefdeloosheid en verraad in hulle harte ronddra se teenwoordigheid sal gesteur word met ‘n gees van onrus en oordeel, omdat ‘n dubbele hart en ‘n valse offer MY nie aangaan nie. EK herinner julle aan Abel, wie se offer EK aanvaar het omdat HY suiwer in hart bevind was; en Kain wie se offer EK nie aanvaar het nie, omdat hy met ‘n dubbele hart tot MY genader het.

MY Huis van Filadelfia, MY Dogter van Sion Gemeente! Hoor en luister na julle MAKER en Ewige VADER. EK het die Fondamente van Sion opgerig en die Pilare van die Huis wat julle vir MY opgerig het tot dusvêr, gemeet. MY Dogter van Sion, weet dat dit EK IS wat in beheer is sovêr julle dit toelaat. Julle loop al ‘n lang pad saam met MY en deur die winters en somers het julle deurgetrek tot waar julle nou gevestig is. EK was altyd by julle en het julle gelei in MY Waarheid, Geregtigheid en MY LIEFDE. EK het julle tot verder geleer oor MY LIEFDE BO ALLE LIEFDE. Maar, deur die lewensweg en paaie van julle soeke na MY het MY teenpool valse profete na julle gestuur en valse boodskappe het na die deure van julle harte gekom. Sommige van julle het die deur toe geopen, terwyl EK deur MY Gees julle verbied het met ‘n sagte Stem vanaf MY Waarheid. EK het dit toe toegelaat sodat julle ‘n langer weg deur die woestyn kon trek omdat EK nie teen julle vrye wil inwerk nie en om julle die Wysheid van Onderskeiding te leer. Daar was misleiding en daar was onsekerhede wat hoog uitgestyg het in julle harte. Julle het geworstel om by MY, die LIEFDE, uit te kom en om die WESE van LIEFDE te begryp, te verstaan en die LIEFDESDADE daaruit, te doen, spreek en te dink. Daar was ‘n tyd wat EK MY kneg wat hierdie Woorde van MY aanteken, gewys het hoe daar ‘n groot aardbewing kom tydens die Sewe Dae Verootmoediging. EK het dit toegelaat om julle weereens te beproef, hoe suiwer is julle Goud? Sommige se harte het van die Gilgal-Laer gewyk en andere se harte het gestruikel. Andere se harte het donker geword en andere se harte was harte van dubbele weë. Maar daar was en is harte wat MY bo alles begeer en wat MY as die Ewige GILGAL-LAER sien, terwyl die klippe, die wiel en die boom net ‘n afbeelding is van die Hemelse Skepping wat EK met MY Skeppings­leërmag opgerig het. Die Stad van Gilgal is ‘n hele Koninkryk van vele van MY Koninkryke wat EK met MY Wysheid gegrondves het. Net soos die Tabernakel van ouds in MY Volk Israel ‘n aardse afbeelding was, net so het Johannes die Hemelse Tabernakel gesien wat EK aan hom openbaar het.

MY Dogter van Sion, julle vir wie EK baie voorberei het en steeds voorberei, wees gewaarsku om nie na die profete van valsheid wat weer na julle toe sal kom, te luister nie. EK wek MY profete op en na MY Stem deur hulle moet julle luister en ag slaan op die Stem van Waarheid, maar wee julle wat sal val voor die voete van die valse gesalfdes en valse profete! MY Dogter van Sion, jy het al gestruikel en hard gesoek na MY. Julle het hard daaraan gewerk om julle elkeen se ou leerstellings van die wêreld te laat sterwe in julle self. Die Aardbewing was die begin. EK begeer dat julle, MY Dogter van Sion, nog fyner gewas sal word en nog dieper gesuiwer sal word, omdat EK, jou Bruidegom, ‘n Suiwer Vrou en Bruid begeer wat met MY sal verenig. Die Tweede Paardekraal is op hande en EK sal julle dieper inlei in die Verborgenhede, maar let daarop dat julle nie hoogmoedig word ter wille van al die Kennis en Wysheid wat EK vir julle sal skenk nie. Wees nederig en sag soos ‘n Moeder wat na Haar MAN luister en HOM liefhet, net soos HY Haar liefhet. Die ander gemeentes is ook op soeke na MY, maar struikel omdat hulle verkeerd soek. Maar Jy, MY Dogter van Sion, vind MY elke dag! Broers het gestruikel en susters het geval. Sommige het voorgegee dat hulle saam Gilgal is en andere het gedink hulle kan in die duister handel sonder MY, terwyl EK klaar alles gesien het. Andere het saam geloop met oë wat loer om te vervloek en te verraai. Andere het nie tot hulle broers en susters genader in tye van benoudheid en hartseer nie. Die Aardbewing was die toets MY Dogter! MY Dogter van Sion, daar is twee, gaan na haar en gaan na hom en bring genesing voort waarmee EK julle sal lei in julle harte. Kom vra MY. Daar is baie broers en susters wat smag na LIEFDE en wat honger na naasteliefde en ondersteuning. EK het gesê dat EK sal alles weer herstel, en so sal dit wees! Al neem dit nog veertig dae in die woestyn! MY kinders wil EK terughê en MY Kudde wil EK versamel, MY Dag van die Grimmigheid van JaHWeH is op hande. Genees julleself, genees mekaar en loop nie rond met dubbele harte en koester nie wraak­gierige gedagtes nie. Die wat verkeerd gehandel het, gaan en stel reg, genees en vergeef! Daar het baie gestruikel, maar deur MY Barmhar­tigheid en Liefde het EK hulle gedra en so dra EK julle elkeen ook. Doen alles in opregtheid en oophartigheid! Eenhartig en nie dubbelhartig nie! Raadpleeg MY ten eerste, dan wees gehoorsaam, dan word julle geseën vanuit MY Ewige Koninkryk van Lig, Lewe en Liefde!

Die Offer van Bloedrivier, die Gelofte sien EK as ‘n Offerande van harte aan MY sodat die Huis klaar opgerig kan word. Daarom, maak julle klaar en laat Ons die saak uitmaak, spreek JaHWeH! Gaan en vergeef, gaan en maak reg teen julle naaste MY Boerevolk! Julle is MY Huis van Judah en Benjamin! EK JAHSHUA is vanuit die Stam van Dawid, die Stam van Judah! Maak MY vreugdevol om deel van hierdie Huis te kan wees as julle Koning, Leier, Vader, Verlosser en Saligmaker! Maar hulle wat op die Dag met dubbele harte ‘n valse offer bring ter wille van die oë van andere, sal nie voorspoedig wees in hulle dade nie en MY Bood­skappers skrywe alles op in die Boeke. Hulle wat opgeskrywe staan in die Boek van die Lewe van die Lam, dit is hulle wat die vredemakers is, want salig is hulle harte! Dit is hulle wat die LIEFDE raadpleeg en die Geregtigheid van JaHWeH liefhet. Dit is hulle wie gehoorsaam is aan MY en MY bo alles liefhet. Dit is hulle wat Waarheid spreek en in Waarheid handel volgens die Liefdesgees binne hul harte. Dit is hulle wat doen soos EK beveel het en dit is hulle wat vir MY sal opstaan in die dag van beproewing. Dit is hulle wat Vrolikheid van Hart in stand hou, maar wat met Erns hulle weë rig volgens MY Stem wat nooit verander nie. Dit is hulle wat hulle harte rig volgens MY Orde, maar wat met Wysheid handel teenoor hulle naaste. Dit is hulle wat Barmhartigheid bewys in die dae van onsekerheid en nood, maar hulle gaan en wandel in MY LIEFDE. Dit is hulle wat werksaam is met ‘n wil om MY te eer en vanuit hulleself vêrder verby die Wet kan sien en MY, die Wetgewer, te kan waarneem en leer ken. Dit is hulle wat geduld beoefen en geduldig handel in alles wat hulle doen, sê en dink, want salig is die man van geduld en geseënd is die vrou wat geduldig is op die dag van benoudheid en beproewing.

MY Boerevolk, wandel in LIEFDE en wees lief vir mekaar. Staak die verraad, twis en sê mekaar nie meer sleg met lastertaal nie. Aan die een kant eer en loof julle MY met julle monde, maar aan die ander kant vloek en skinder julle met leuentaal vanuit dieselfde mond? Onthou MY Woorde van ‘n fontein wat nie brak water en soet water terselfdertyd kan oplewer nie, want so ‘n fontein sal vinnig opdroog en geen waters meer lewer nie, maar net riool sal daaruit vloei!

Daar kom groot verraad, maar julle wat OP MY VERTROU en MY ALLEEN GEHOORSAAM sal in die Stad van JaHWeH vertoef en geen vrees of verskrikking sal julle gryp nie! EK, JAHSHUA, VERLOS!

Kom en staan suiwer voor MY, op die Dag van Paardekraal en Bloedrivier! Staan suiwer voor MY met ‘n suiwer hart en skoon niere. Wees genees in die Aarde deur MY Bloed gekoop!

Deur al hierdie Woorde wil EK julle lei na MY Woorde waar EK sê dat daar ‘n tyd kom dat nie een broer die ander sal leer en sê “Ken JaHWeH jou Elohim.” nie. Julle sal dit in julle natuur en wese doen omdat julle MY liefhet en nie sal oortree nie. EK sal direk tot julle harte spreek en EK wil julle leer hoe om MY te hoor en daarna, te gehoorsaam sonder enige twyfel. Daarom dat EK julle in die Laer binne bring, omdat EK julle daarin wil verseël net soos EK met Noag gedoen het.

Skrywe tot hier MY kneg.”

 

Goeie more almal!

Gee gehoor aan die geroep en smekinge van die Gees van Waarheid! Ongeag wie hierdie vrou is, die woorde is eg en net soos ek vanoggend ontvang het, gaan hierdie woorde aaneen saam!

Gooi die klippe neer sê Vader nou. Nog 'n verborgenheid van die Gilgal Klipwiel: waarom is dit juis klippe wat ons moes pak? Ja klip harte vir harte van vlees, maar ook klippe waarmee ons ons naaste gooi het ons opgeoffer op die Laer van Gilgal.

Daarom is 'n Gelofte, ERNSTIG!

Rig julle ore op die laaste Woorde gerig aan die volk! Die vernietiging onder ons eie mense lei na die dood! Die volk hardloop rond na leiers en organisasies, hulle loop agter presidente, ander lande en politiek aan vir verlossing, maar dit is n gejaag na wind en lei na niks... NET JAHSHUA is ons Ewige Leier! Maar die Leeu van Judah is Toornig, dit terwyl tannie Erna HOM gesien het 'n paar maande gelede in die vorm van 'n Leeu-gesig, waar trane vanuit SY Smekende Oë gerol het!!!

Tyd vir haat, vrees en liefdeloosheid onder ons is verby! As ons dit nie stop nie. Dan sal HY dit self doen, maar daardeur sal ons harte swyg van smarte omdat die MANNE nie gehoor gegee het nie! Ons het ELKEEN! mekaar nodig!

Ek plaas die woord wat ek gister oggend ontvang het (hierbo), voordat ek op hierdie stemboodskap afgekom het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205