Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 56 ontvang op 11/12/18

“MY kinders, MY Boerevolk, hoor die LIEFDE spreek tot binne-in julle harte. EK IS WAT EK IS, julle VADER spreek tot julle. Hoor MY met julle harte van nederigheid en Liefde.

Dit is die aanloop tot die herdenking en herinnering van Ons Gelofte in 1838. MY kinders, die tye wat nou aanbreek oor MY land, Suid-Afrika, is tye wat baie duister sal wees. Dinge gaan nou baie vinnig baie moeiliker raak omdat die wêreld teen julle is en ook omdat EK dit toelaat, omrede baie van MY kinders nie geluister het nie, en steeds nie wil luister nie. Dit is MY Tugtiging en Suiwering wat losgelaat gaan word en MY vol Beker van Toorn wat uitgegiet gaan word oor die wolwe en slange en hul besoedeling. Dit sê EK vir julle, MY Geloftekinders: Met Ons Gelofte te Bloedrivier en toe later, Ons Gelofte te Filadelfia, het julle MY beloof dat julle vir MY ‘n Huis sal oprig tot MY eer en verheerliking. Hierdie Huis is ‘n Huis van LIEFDE en LIG; en WAARHEID as die Hoeksteen daarvan. EK het julle Opdrag gegee dat julle julself moet begin suiwer en was deur MY Gees se Krag en deur die bevryding van MY Bloed. Julle moet julle afseël en ‘n Laer trek soos die Bloedrivier Ossewa Laer en julle moet julle harte kom lê en oopvlek voor MY Aangesig sodat EK julle kan vergewe, verlos en bekragtig, sodat julle in staat sal wees om te kan HEERS oor die Skepping met LIG en LIEFDE vanuit MY, die OORSPRONKLIKE LIG en LIEFDE. Dit is die Weg wat julle moet bewandel deur om MY Gebooie te onderhou vanuit LIEFDE en met Wysheid.

Julle, MY Boere, julle het baie groot wonde en daar is nog groot genesing wat moet plaasvind. Meeste van julle het ongelukkig gekies om MY en MY Brood nie aan te neem nie. Julle het gekies om altyd julleself hoër te ag as julle broer of suster; MY laaste te ag, en die wêreld en haar besoedeling en genot te omhels.

Die tyd het nou aangebreek MY Boerevolk! Die tyd is NOU om MY te kies en om LIEFDE te verkies. Daar is byna geen meer tyd om te sit en wonder in julle verstand “Moet ek of moet ek nie?” KOM MY Gelofte-Bruid! Berei jou Trourok en kom na MY!

Die wêreld is teen jou Boerevolk. Wees nie bevrees nie, want EK IS die EEN wat jou SAL verlos en EK sal weer, net soos ouds, die Oorwinning aan julle gee. Maar al die eer kom MY toe en alle dank is verskuldig aan MY vanuit julle dankbare en LIEFDEVOLLE, en by gesê, julle VREESLOSE harte! Vrees niks behalwe MY! EK IS ALMAGTIG en wanneer julle MY verkies het, wie kan teen julle wees met die LEEU aan julle sy?

Los die geskille en wederstrewigheid. Staak die haat en onvergewens­gesindheid. Moenie verder liefdelose hande en lippe hê nie. Eer MY met onvervalsde harte en laat woorde van vertroosting en LIEFDE oor julle lippe rol soos ‘n Fontein. Doen wat EK julle sê, moenie net MY Woorde hoor nie – DOEN DIT! Vra MY vir Wysheid en Krag om MY Woorde uit te voer, want die satan is ook om elke hoek en draai gereed om julle te vang en weg te lei van MY Weg. Dit is wanneer daar haat, ongeduld, oneerlikheid en ongehoorsaamheid kop uitsteek. Dit is wanneer julle dadelik in stilte voor MY moet kniel en MY vra om dit van julle af weg te neem. Maar julle moet die WIL hê al die pad en elke dag om te suiwer en te verbeter in gees en liefde.

MY Boerevolk, nou spreek EK en hierdie is MY Opdrag nou aan jou: Verenig! Verenig met mekaar en los die verskille. MY Gees sweef oor die waters en julle moet in die Ark bly. Julle kan nie as gevolg van ‘n gestry besluit om uit die Ark te spring in die waters in nie. Ondersteun mekaar in LIEFDE en voor julle enige iets doen, vra MY vir leiding en Wysheid en handel daarvolgens. Genees julle volk se wonde in MY NAAM, want een Huis kan nie teen homself verdeeld wees nie! LIEFDE is julle begin en einde – julle Ewigheid! Laat geen vrees toe in julle harte nie, wees dapper en nederig.

Binne MY Laer moet julle net opkyk na MY. Moenie links of regs daarbuite kyk nie, sodat julle nie verraai word deur die gees van besoedeling en vrees nie! KYK na MY, skouer aan skouer kniel julle voor jul Skepper, die SKEPPER VAN HEMEL EN AARDE! MY Gees en MY Sewe staan julle by en MY Gevegsarende voer die oorlog. EK het al die Wapenrusting ook beskikbaar vir julle. Alles is in MY Hande, MY kinders. Volhard in MY Opdragte en volhard om julle siele te bewerk. Begin volhard om mekaar LIEF te hê deur om julle eie-ek te laat staan! Bou mekaar op en ondersteun elke ledemaat van MY Liggaam. Elke ledemaat het ondersteuning, samewerking en ook genesing nodig. Dit is wat julle moet doen… Want die tyd is byna op!

EK IS WAT EK IS, EK IS SPREEK!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205