Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 26 ontvang op 8 September 2018

“MY Gebod van naasteliefde MY kneg, beteken nie die uiterlike emosielose verskaffing van geldelike hulp aan jou naaste en dit is waar dit stop nie. EK het nie aan julle kom LIEFDE wys as JaHshua deur om vir julle geld te kom gee sodat julle gemaklik deur hierdie lewe kan gaan nie. EK handel altyd volgens MY Volmaakte Ewige ORDE. Daar bestaan verskillende ordes in julle wêreld wat nie vanuit MY gekom het nie, maar uit die van MY teenpool. 'n Groot voorbeeld is toe MY Volk IsraEL van ouds 'n menslike koning wou gehad het wat hulle met die vleeslike oog kon waarneem en volg. Dit het 'n geestelike dood tot gevolg gehad omdat die vlees teen die gees handel. Die vlees is julle gevangenskap en julle het nog altyd gekies om hierdie gevangenis van julle aan te hang en vir julle mooi te maak, so asof dit ewigheidswaarde dra.

MY Boerevolk, MY Toets is nou oor jou uitgestrek in hierdie verband.

Daar staan geskrywe: 'Elohim is GEES'. EK IS GEES, maar wanneer EK vir julle vermaan om MY te volg beteken dit dat julle steeds in julle gevangenskap moet bly? Nee MY kinders! Dit beteken dat julle bevry moet word daaruit en ook vanuit die moordenaar se bloedbedekte hande wat julle daar wil hou! Dit beteken dat julle na die Geestelike moet strewe, na die LIEFDE-GEES wat EK SELF is. Strewe beteken dat julle altyd op MY moet staatmaak om die versoekinge te weerstaan net soos EK in die woestyn gedoen het. Dit beteken dat julle LIEFDE moet word soos EK IS. MY OERSENTRUM is die FONTEIN VAN DIE LEWE en dit is waar EK julle wil hê MY kinders - in MY VADERHART.

Julle moet MY gedurig en in alle geleenthede vra wat MY ORDE is sodat julle kan LEWE. MY ORDE is nie noodwendig die orde van julle verstand nie, want EK IS ALWYS en VOLMAAK. Daarom weet EK wat vir julle siele Goeie Voeding is of slegte dwelms en gif. Luister altyd na MY Stem en bewaar MY Liefdes-Wysheid se Raad in julle harte. Deur MY ORDE van VOLMAAKTE LIEFDE kan julle EWIGE VRYHEID bemeester omdat EK julle die mag gegee het om MY kinders te word!

MY LIEFDE IS ENERGIE; Lewende ENERGIE wat onuitputlik en ook eksponensieel groei. ENERGIE is dus LEWENDE WERKENDE KRAG, bruikbaar om take te verrig vir sekere doeleindes. In die begin van die Skepping het EK gespreek en dit was so! EK het gesê: 'Laat daar LIG wees!' en daar was LIG - LEWENDE ENERGIE in werking; LEWENDE LIEFDE.

EK IS LIEFDE, dus EK IS die VOLMAAKTE ENERGIE!

Wanneer MY Eienskappe van Volmaaktheid in julle brand, dan ontstaan daar 'n ENERGIE in julle wat Suiwer WIT LIG uitstraal na die sfere om julle; wat julle nie altyd met die menslike oog kan sien nie. Hierdie ENERGIE, wat EK IS, maak gesond en genees! Waarom dink julle het EK soveel siekes en blindes genees? Dit was omdat EK MY ORDE vir julle gewys het: Van julle kant af, het EK 'n LEWENDE-WERKENDE-GELOOF in MY nodig wat dan die SEWE verenig en EK die ALMAGTIGE, die LEWENDE VOLMAAKTE ENERGIE, bring MY WOORD en BELOFTES tot stand! Hierdie is dieselfde ENERGIE wat MY Klipwiel in Sion aandrywing gee wat eksponensieel in die Geestesrealm WERKEND momentum optel en dus LIG voortbring in MY Volk van die Suide.

Daarom MY kinders, kom EK terug na MY Gebod van naasteliefde. Julle moet staatmaak op MY LIG-ENERGIE om sodoende ware sielsvryheid te bekom binne MY VOLMAAKTHEID. Daarom het EK gesê dat julle nie aardse skatte moet vergader nie, maar eerder HEMELSE SKATTE. Naasteliefde is dus 'n ENERGIE, voortgekom vanuit MY. Die Verborgenhede van die ontelbare wesens in MY Hemele en die werking van hierdie LIEFDE-LIG-ENERGIE tussen hulle sal nog aan julle openbaar word vanuit MY HART se OERGRONDPOOL van VOLMAAKTE LIEFDE. Naasteliefde begin in die kleine deur om jouself te verswak om ander te versterk. Daarom staan daar geskrywe: "Wanneer jy swak is, is jy sterk." Hierdie swakheid wys daarop dat julle julleself moet laaste stel en dus verneder soos EK verneder was ten einde die GROOT DOEL van LIEFDE te bereik. Hulle wat nederig is, sal deur MY verhoog word in MY HEMELE - DIT IS MY BELOFTE!

Naasteliefde is dus 'n DAAD voortgekom vanuit die LIEFDE en WYSHEID, volgens MY VOLMAAKTE ORDE, aangevuur deur MY WERKSAME WIL om die ERNS van LIEFDE-LIG-ENERGIE uit te straal met selfverloënde, selfvernederende GEDULD om so MY EWIGE BARMHARTIGHEID te ontvlam in elke liefdeskind van MY!

Wanneer julle MY Gebod gehoorsaam beteken dit om te handel net soos EK julle gewys het. Enigiets meer as dit is nie binne MY ORDE nie en kan dalk 'n gevolg veroorsaak wat skadelik is vir die siel terwyl julle dink dit is goed. Daarom se EK vir julle om MY BO ALLES EERSTE TE SOEK om MY WIL vir julle te openbaar. Edel is julle wat MY LIEFDE verkies en MY LIEFDE-LIG-ENERGIE uitdeel deur om julle werkende hande altyd oop te hou na ander."

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205