Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 77

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 77 en ervarings op 26/01/19

"MY kind, MY Kneg! Dit is EK jou VADER. Hier is EK in die harte van liefde, hier is EK is die gesang van die voëltjies. Hier is EK in die salige briesie op hierdie Derde Dag van Ons Verbond van Verootmoediging tot MY. MY Geloftevolk, wees bereid en vol moed om te fokus op MY en vir wat julle vir MY en die saligheid van julle siele moet doen. Bly gefokus op MY as julle Enigste Leier, Elohim van Hemele en Aarde. EK IS WAT EK IS! MY Kneg, deel nou wat jy gesien het tydens die blaas van die Ramshorings vanuit julle harte:"

Daar waar ek my ervaring gehad het met die blou hammer in my hand, daar was ek in die kring van liefdeshande, liefdeshande saamgebind deur U ons MAN! U wat harte aan hande bind!! Terwyl ek bid terwyl die Ramshorings geblaas word, sien ek skielik om ons almal skares en skares engele wat ook op Ramshorings blaas. Ek sien ook die 4 Boodskappers op elke hoekpaal. En daar binne-in die Klipwiel sit U geklee in U wit skone kleed!!! Met U Vrolike Aangesig sien ek U daar sit en glimlag en soveel LIEFDE straal vanuit U Oë!!! U het my met soveel krag en liefde bestraal!

"Ja my Dogter, EK was daar en is steeds hier. EK wandel tussen julle rond. EK is by julle, in julle! Staan vas in hierdie geveg MY Boere-Gilgaliete, staan vas, skouer aan skouer! Kyk op na MY en wees gefokus. Sing tot MY met passie en brandende LIEFDE! Leer om te sing met Erns en Vrolikheid van Hart, wees opgewek! Sluimer nie agter die Wawiel nie MY soldate, sluimer nie en dien MY met Geloof en Oorgawe. Deel jou volgende ervaring MY kneg, want die Getuies moet hulle werk voltooi:"

Net na die diens toe het ook Dirk gebid vir ons en die hele volk tot VADER. Eweskielik is ek in die gees en bevind myself by die Jordaan rivier. Ek sien JAHSHUA heel voor, een tree vanaf die rand van die rivier. Agter HOM staan daar Sewe blasers met Ramshorings. Agter hulle sien ek ons, die Volk van die Almagtige! Ons is gereed om ons Ewige MAN en ELOHIM deur die Jordaan te volg in LIEFDE BO ALLE LIEFDE!! Hierdie is 'n ontsaglike groot DAG! Die Sewe begin toe te blaas op hulle Ramshorings en soos hulle blaas, begin die waters van die Jordaan in beroering kom en ek sien die waters begin skei en die bodem van die rivier begin stadig sigbaar word soos 'n pad wat besig is om oop te vou.

"MY Boerevolk! MY JAKOB ISRAEL! Is julle gereed om MY te volg in gehoorsaamheid en Geloof? Het julle genoeg LIEFDE en dapperheid om MY eerste te stel en MY te vertrou in ALLES? Julle moet SING vanuit julle harte van liefde! Wees vrolik en dankbaar vir hierdie kort tyd van Barmhartigheid wat EK verleen. EK het al MY kinders lief lief lief! Leer MY kinders en word wys. Versterk julle siele met MY Krag!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205