Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 6 ontvang op 30 Julie 2018

“Wees stil en weet EK IS LIEFDE! Raak stil in jou aarde en laat EK spreek in jou gees. EK IS jou Liewe Vader, EK wat jou lei tot MY Lig deur Waarheid. MY Boerevolk, EK IS jou VADER! MY Dogter van Sion, weet dat EK IS jou Leier en Verlossing. MY Dogter, EK wil hê jy moet weet dat vandat MY Klipwiel van Lig in jou begin draai het, is daar groot geestelike aktiwiteit werksaam. Beide goed en sleg.

Goed, bedoelende, EK wat MY Brood bring deur jou en andere vir MY kinders wat hulle harte voorberei vir MY om MY Groot Plan in werking te stel vir hulle. MY Gees van Liefde en Waarheid is werksaam in hulle wat na MY terugkeer en hulle wat honger is na Brood. MY Krag en Wysheid word vir hulle beskikbaar gestel, hulle wie ‘n oop leerbare gees het wat MY liefhet. Die doel van MY Klipwiel moet onthou word: Om julle harte van klip vir MY te bring en offer in gees, in ruil vir ‘n hart van vlees vol Liefde. MY verlore skape moet terugkom. Daarom, moenie ophou om MY Brood te deel in Nederigheid en Liefde nie. MY kinders moet gevoed word met MY Liefdeswyn!

Sleg, bedoelende, groot geestelike oorlog en weerstand vanaf MY teenpool, sy swart vrou en hulle gesante! Weet dat wanneer jy vir MY Waarheid opstaan en MY Waarheid spreek en doen, sal jy verwerp en bespot word deur menige! Jy sal weerstand kry en die dwaalleraars sal jou probeer stilmaak en afmaak as ‘n leuenaar. MY teenpool sal al sy kragte inspan en meer van sy dwaalgeeste loslaat oor jou, MY Boerevolk! MY teenpool weet MY Klipwiel is MY herbevestiging en herinnering dat hy en die dood klaar oorwin is deur MY Bloedoffer! Hy sal elkeen van julle probeer vasgryp en laat twyfel in MY en MY Beloftes. Hy teiken juis vir jou MY Boerevolk, want JY is MY Gelofte-Verbondsvolk, MY oogappel, MY Geliefde! Jy, MY Huis van Juda saam met MY Huis van IsraEL!

Wees vrolik MY Sion! EK wandel op jou Berg en wees verseker, EK IS WAT EK IS! MY Wet vir ewig in jou hart deur MY Liefdesvlam! Wanneer dinge moeilik gaan in julle lewens, wees vrolik en gelukkig wanneer EK in beheer daarvan is! Hou aan werk saam met MY Sewe in jou. Laat Hulle toe om jou te lei in elke aspek waarvoor Hulle staan: Liefde, Vrolikheid, Werksame Wil en Lydsaamheid, Orde, Erns, Geduld en Barmhartigheid. Kyk op na MY as jou eerste en enigste Leier en Koning van jou lewe. Wees geseënd terwyl die Leeu aan jou sy loop. MY Boodskappers beskerm en lei jou deur en deur. Al wat jy eers moet doen is om MY toe te laat, want EK IS Liefde en Alwys. EK IS lief vir jou!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205