Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 125

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 125 en Woord ontvang op 15/11/19

Goeie more almal! Ek het hierdie Openbaring op die 15de ontvang en JAHSHUA het gesê ek moet dit nou plaas:

Die Boodskapper van JaHWeH (Hy het nie sy naam bekend gemaak nie) het gekom tot my en gesê:

“Wees geseënd in die Aarde deur ons Majesteit se Bloed gekoop! Kneg van JAHWEH, luister na die Woorde van Wysheid, want Sy is Trou en Eg! SY IS!

Luister na die Wysheid en omsingel Haar met jul liefdesharte soos kuikens om hul moeder-hen!”

“Dit IS HY, EK IS WAT EK IS, JAHWEH van die Skeppingsleërmag wat die Fondamente van alle Skeppings gelê het en dit is HY wat die planeet-bane vasgestel het. Hoor en luister o mensdom! Luister o trotse volk! Dit is HY wat die digtheid van alle materie bepaal het en die glansrykheid van edelgesteentes gegrond het volgens SY Gewyde Wil. Dit is HY wat die verlossingsplan vasgestel het vanuit SY Oerbron van Ewige Liefde – die SENTRUM VAN ONS WESE! HY was daar, al klaar! WYSHEID het HY geskape met Vrolikheid-Liefdestraan in SY Oë van LIG, LEWE en LIEFDE. Geskape het HY alles, deur SY Wysheid tesame met SY MAGTIGE LEËRMAG! Wie kan teen HOM staan en wie kan hulle teen HOM draai? Want HY sien alles en HY deurgrond elke substans en elke molekule om te meet en te weeg, die rypheid van alle siele. HY IS die LIEFDE Self en in die begin van die sonde het HY Toornig geword en die LIEFDE het ontvlam as Verterende Vuur van seer! Maar vanuit HOMSELF het HY gekom en die Toorn afgeweer met ‘n DAAD van SELFVERLOËNING. As Offer het HY vanuit HOMSELF uitgegaan ter vernedering en opoffering; as Weg te berei vir hulle wat geval het en hulle wat gesien het. Sonde kan nie by HOM bestaan nie, tog het HY tussen sondaars kom vertoef ter verlossing van SY kinders. Wie kan HOM nie liefhê en wie kan HOM nie begeer nie?

HY het gesê: “MY Koninkryk is nie van hierdie wêreld nie.”

Onthou hierdie Woorde van JAHWEH! Onthou!”

Net na die Woorde toe neem die Boodskapper my sigvermoë en bekragtig dit met Lig-Gees-substansie en ek sien toe die Boodskapper wys my ‘n baie bekende plek. Ek was al daar. Die wesens daar het suiwere Duitse bloed en gestalte. Daar was twee Groot Bome en een was die BOOM van die LEWE wat magtig geglans het van LIG, LEWE en LIEFDE. Onder daardie BOOM het ‘n man gesit en geskryf en hy het met ‘n goue pen geskryf wat goue letters op ‘n lig deurtrekte “papier” laat verskyn het. Die papier het ‘n blou skynsel gehad. Toe kyk ek in sy oë en ek herken hom, dit was oom Nicolaas van Rensburg! Sy oë was verlig en hy kon baie vêr sien. Toe sien ek ‘n Man kom nader en plaas Sy Hand op oom Siener se linkerskouer. Die Boodskapper het vir my gesê ek mag nie na die Aangesig van hierdie Man kyk nie en ek kon toe net ‘n gedeelte van die Man sien met Sy Hand op oom Siener se skouer. Die Boodskapper sê toe vir my: “Dit is Melgisedek en die traktaat word bekragtig na gelang die Wil van YAHWEH. Dit is genoeg vir nou omdat ons MEESTER my beveel om tot hiertoe te gaan. Die rypheid van die Boervolk se siel moet steeds groei en ryper word in die Gees.”

(Einde van visioen/ervaring)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205