Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 54 ontvang op 06/12/18

"MY Boerevolk, EK IS JAHSHUA. Met MY Gees wandel EK tussen julle en sien hoe julle bekommer en vrees oor die tyd van die tye wat nou aanbreek oor MY land Suid-Afrika. EK sien hoe meeste van julle rondhardloop in ongeloof, sonder rigting of koers. Na al MY Beloftes glo julle nie MY Woorde nie, of julle glo dit, maar neem dit nie op met Erns nie.

Julle moet begin leer MY kinders, om totaal en ten volle te begin Vertrou op MY en tesame daarmee, gehoorsaam te wees aan die voorvereistes van MY Beloftes en Seëninge. Onthou julle nog MY Woorde of het julle alreeds vergeet van MY Boodskappe oor Deuteronomium 28? EK raai julle sterk aan om weer te gaan kyk wat sê EK wat sal gebeur as julle MY WET VAN LIEFDE ongehoorsaam en die LIEFDE benadeel deur lastering en besoedelde begeertes? Het julle die punt heeltemal misgekyk dat die WETGEWER meer is as die Wet? Waarom aanbid julle die Wet letter vir letter soos uiteengesit in die Skrifte, maar wanneer dit by MYSELF en MY LIEFDE en WAARHEID kom, dan wil julle wat rebels is weer MY Johannes se hoof eis en MY ander Profete stenig. Saam met daardie gruweldade van hoogmoed en bloedvergieting in die vlees en gees wil julle MY ook sommer weer op die vloekhout vasnael! Nou vra EK, die ALMAGTIGE, vir julle wat MY Oogappel wil aanraak: Wat is 'n lewe dan vir julle werd?!

EENDRAG IN MY, JAHSHUA, MAAK MAG en op GEEN ander manier sal julle ooit eendragtig en eenstemmig as volk kan wees nie! Sonder die verwelkoming en aanneming van MY en MY LIEFDE en daaruit, MY GEES VAN WAARHEID, sal julle altyd wederstrewig wees en met hoogmoed en haat teenoor mekaar handel! So 'n volk sal nooit lank kan bestaan nie, omdat die Huis teen homself verdeeld is. Ja, EK julle VADER praat met julle, broers en susters in MY HUIS!

Laat staan die hoogmoed en raak vrygewig! Laat staan die eie-ek en begin jouself laaste te stel, MY EERSTE en jou naaste bo jou. Dink, spreek en doen MY LIEFDE soos EK julle oor en oor aanspreek met advies oor hoe julle dit moet doen. EXODUS vanuit Egipte en vanuit Babilon en suiwer julle siele voor MY. EK sal julle skoon was met MY Bloed van Apartheid sodra julle oorgee en voor MY Voete van Nederigheid kom kniel in berou met 'n vaste WIL om te WIL verander tot 'n suiwer kind voor MY julle VADER.

En laat EK dit nou ten STRENGSTE vir julle sê en hierdie kom vanuit MY VADERHART: Hoor nou mooi wat EK vir julle sê: Wanneer EK al julle sondes en oortredinge vergewe het, dan mag NIEMAND en NIEMAND het die reg om julle te herinner aan julle sondes wat deur MY skoongewas is nie. Hoor! Wanneer EK julle vergewe het nadat julle aan genoemde voorvereiste voldoen het, dan IS JY VRY! Daarna moet julle net vorentoe kyk, en soos Lot moet julle vorentoe volhard en nie terugkyk en terugval in harte van Sodom en gedagtes van Gomorrah nie!

Kyk, EK wil julle deur die Jordaan lei, maar as julle nie WIL nie, dan kan EK julle ook nie dwing nie. EK voed julle met MY Wyn en Brood met die uitnodiging aan julle om MY TE VOLG!

LIEFDE tot LIEFDE, vanaf LIEFDE en in die BEGIN is die LIEFDE regdeur tot in alle Ewigheid sal die LIEFDE wees! Dit sê EK, EK IS WAT EK IS! Wees gehoorsaam aan die LIEFDE omdat NET die LIEFDE MY Toorn, Oordeel en Grimmigheid kan afkeur. Julle kan binne die LAER VAN SEËNINGE woon en die vervloekinge vermy van MY Deuteronomium 28. Maar julle wat MY Woord aanvaar en geleer het om met julle harte te lees en te dink, julle sal sien hoe die vervloekinge van Deuteronomium 28 nou om julle omvou en tot uitvoer gebring is oor julle land.

Kom na MY sodat EK julle kan lei en leer. Maar staak die ongeloof en bekommer nie verder oor wat om julle aangaan en wat dus vrees in julle harte veroorsaak nie! EK het alreeds vir julle gesê: Soek eers MY en MY Koninkryk en al die res sorg EK voor. Nou GLO dit en wees vrolik terwyl julle MY LIEFDESLIED sing.

Doen alles volgens die Wysheid en Insig en EK seën julle!"

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205