Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 91

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 91 ontvang op 04/03/19

"MY kneg, daar is 'n tyd vir alles in hierdie lewe, maar meeste van MY kinders weet nie hoe om die tye ten volle te benut vir die opwaartse groei van hulle siele nie. Daar is 'n tyd vir rus, en daar is 'n tyd vir werk. Daarom ook die seisoene, elkeen met hulle doel geskep deur MY Barmhartigheid, sodat julle daardeur kan wys word hoe julle siele ook te werk moet gaan in die Gees.

 

Paardekraal was die laaste Poort wat geopen was in MY Land, Suid-Afrika, vir julle, MY Boerevolk! Alles het gegaan oor dat julle in LIEFDE sal verenig voor MY Aangesig. Alles het gegaan oor vergifnis, samesyn, Waarheid, Liefde, Bekragtiging en ook genesing. Maar tog is die grootste meerderheid van MY Boerekinders besig met nuttelose wensery, afguns, leuens, onvergewensgesindheid en haat teenoor hulle mede boere-broers en susters! EK IS BARMHARTIG, maar net soos julle MY tart en laster teen MY Gees en aanhou rebelleer teen MY, net so sal julle beendere in die woestyn nog meer uitdroog en verdor! Julle sal dower word sodat julle geensins meer sal hoor nie, omdat julle nie WOU hoor nie! Julle sal blinder word omdat julle nie WOU sien nie! Julle het dit oor julleself gebring - Die Vervloekinge van Deuteronomium 28! En dit sê EK: die Strafgerig sal EK stywer trek en die Geregtigheid sal deur MY strenger toegepas word omdat julle NIE WIL LUISTER NIE! Julle spoeg MY Waarheid in Haar Aangesig en julle wil MY, die LIEFDE, steeds deurboor met julle spies van haat en hoogmoed! Maar EK IS ALMAGTIG en LEWEND! EK REGEER!

Julle vervolg en vervloek MY knegte en kinders wat vir MY opstaan en vir MY LEEF! Wee julle! Maar soos EK gesê het MY Liefdeskinders, MY Dogter van Sion, julle sal vervolg word ter wille van MY NAAM! Hulle wat julle vervolg het die Oordeel oor hulle eie hoofde gebring deur hulle hoogmoedige dwaasheid en liefdeloosheid teenoor hulle naaste en teenoor MY! MY Wil geskied en niks of niemand kan dit keer nie, behalwe die berouvolle liefdeshart teenoor MY kan MY Grimmigheid afkeer. Maar dit sê EK: Benadeel MY LIEFDE en dan tree die Wet van Sonde en Versoening in! Julle kluister julleself onder die Wet van Geregtigheid en Oordeel deur julle opsetlike misleiding en toesmeer van Waarheid om so MY kinders te verhoed om na MY te kom. Julle pas slinkse duiwelse tegnieke van manipulasie en mag toe om MY kinders onder julle "ysterhand" te beheer! Maar soos 'n dief in die nag sal daar in julle lewens in gebreek word en ALLES sal van julle af gesteel word omdat julle NIE WOU LUISTER NIE!

Die roes sal julle skatte inhaal!

Begin die LIEFDE toepas en begin vir julleself te dink! Begin na MY te strewe en vir MY te vra! Los julle hoogmoedige streke want dit kom vanuit MY teenpool, satan! Soos EK hierbo gesê het: daar is 'n tyd vir alles! Waak en bid! Want die tyd is op om nog te haat of te twis! Julle moet kies, maar tog kan EK geeneen dwing nie en EK laat dit oor aan julle eie vrye wil. Maar die keuse bly julle s'n en die verantwoording bly by julleself! EK gee genoeg leiding en ek smeek meer as genoeg dat julle terug moet keer na die LIEFDE en GEHOORSAAMHEID!

Kyk uit MY kinders: die nag, die sprinkane, die donkerte wat loer oor die horison. Die kommunikasie stelsels: let op die tekens. Kyk na die diere en voëls en sien hulle onrustigheid in die stede en dorpe. Let op! Hulle weet! Maar is julle oë en ore oop?

Doen MY LIEFDE! EK IS JULLE VADER!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205