Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 80

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 80 en ervarings op 29/01/19 –

Dag 6 van die 7 Dae Verootmoediging

Woorde van JAHSHUA:

“My kneg, EK het jou gelei na die Boekrol Dikodemus 2 op die aanbreek van Ons Sesde Dag. Dit is MY Opdrag aan MY Dogter van Sion om hierdie Boekrol te lees vanaf Hoofstuk 1 tot Hoofstuk 7. Gaan lees haar op hierdie Dag en laat die GEES VAN ASEM julle LEWEND maak en laat die LIG deurbreek en ALLE nog bestaande donker plekke, verlig! Want EK wil MY Adam oprig, MY BOEREVOLK, MY HELE JAKOB ISRAEL!”

Ervaring:

Toe lei JAHSHUA my na Genesis 1 vers 26-27: En ELOHIM het gesê: Laat ONS adamiete maak na ONS BEELD, na ONS GELYKENIS, en laat hulle HEERS oor die visse van die see en die voëls van die Hemele en oor die vee en oor die HELE AARDE en oor al die diere van op die Aarde wat kruip.

En ELOHIM het die adamiet geskape na SY BEELD; na die BEELD van ELOHIM het HY hom geskape; MAN EN VROU HET HY HULLE GESKAPE. (Toe ek Daniel, die woorde lees “MAN EN VROU HET HY HULLE GESKAPE”, toe sê JAHSHUA vir my: “Die HUWELIK, die BRUILOF! EK KOM MY BRUID HAAL en EK SAL HAAR VERSEËL en ONS sal in die VOLMAAKTE HUWELIK TREE. EN EK SAL ONDER JULLE VERTOEF - ONS SAL ONDER JULLE WEES.”)

Belangrike verse in Nikodemus 2 vanaf Hoofstuk 1 tot 7 wat die GEES my gewys het:

Hoofstuk 3 Vers 1b: Toe sê Set: Profete en patriarge, luister! My vader Adam, die eersgeskapene het, toe hy hom op ‘n sekere tydstip neergelê het om te sterwe (Die Boerevolk van op die sterfbed lê), my tot naby die Poort van die Paradys gestuur om ‘n versoek tot ELOHIM te rig

Vers 1c: dat Hy my deur Sy Boodskapper na die BOOM van BARMHARTIGHEID sou lei, en dat ek van die Olie sou neem en my vader (Adam / Boerevolk) met Haar salf, sodat hy van sy krankheid sou kon opstaan (TOT LEWE WEK!!!). (Ervaring: Toe ek, Daniel, die Woorde “BOOM van BARMHARTIGHEID” lees, toe sê die GEES vir my: “Die Sewende Dag”. Toe ek die Woorde lees “...dat ek van die Olie sou neem en my vader met Haar salf...”, toe sien ek, Daniel, in my geestesoog die Boom by die Gilgal-Klipwiel en ek sien hoe daar olie uit daardie boom vloei en oor al twaalf speke van die Wiel vloei en hulle salf.)

Hoofstuk 4 Vers 3d – 3e: Want ek (Doderyk) het alle adamiete van die begin af ingesluk, en kyk, ek merk dat hulle onrustig word en ek voel pyn in my ingewande;

En hierdie El-Azer (Lazarus) wat reeds vroeër van my af weggeruk is, lyk vir my nie na ‘n goeie teken nie, want hy het van my af weggevlieg, nie soos ‘n dooie adamiet nie, MAAR SOOS ‘N AREND, so haastig het die Aarde hom uitgewerp. (Net toe ek, Daniel, die woorde lees “MAAR SOOS ‘N AREND”, toe sing die seënlied in my gees: As in ootmoed die Wiel draai en die AREND SE GESANG UITRYS BO DIE KRAAI.)

Hoofstuk 5 vanaf die begin tot Vers 1a: Terwyl satan en die doderyk/sheol besig was om so met mekaar te praat, klink daar ‘n GROOT STEM, soos van DONDER, wat sê:

“HEF OP JUL POORTE, O VORSTE, EN VERHEF JULLE EWIGE DEURE, EN DIE EREKONING SAL BINNETREE!”

(Ek het hierdie Woorde gelees, en toe WEERKLINK daar in my, Daniel, se hart, WOORDE wat met GESAG sê: “KLOOF DIE JORDAAN!”)

DANKIE JAHSHUA!!! DANKIE DANKIE DANKIE O JAHWEHSHUA! DANKIE DANKIE!

LOOF HOM PRYS HOM! MY HART LOOF EN PRYS U, die ELOHIM VAN LEWENDES!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205