Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 78

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 78 en ervaring op 27/01/19

My woorde vanuit my, Daniel, se hart wat bewe van smekinge:

JAHSHUA, ek het ‘n baie groot vrees in my hart wat my deurdring. Wat as ons offer U nie gaan behaag nie? Wat as ons ontrou sou wees en te lig gevind sou word? My hart sou in sewe skeur as U ons Offerande sou aansien as die van Kain en nie as die van Abel nie!!!!! O help my o VADER van die HEMELE! Ek roep tot U o KONING van konings! Bring vir my U Dou van Barmhartigheid oor die Aarde van my siel! Hoe smag ek na verlossing vir U volk, U kinders! Hoe smag ek na die Bruilof! Hoe smag my siel na die EENWORDING wanneer U Oë sal staar van LIEFDE in die oë van U Bruid! Hoe smag ek na U welbehae en aanvaarding van ons Offerande! Hoe smag my hart na U, LEEU VAN JUDA! U wat vir ons gesterf het en die Groot Lig en die Klein Lig aan die uitspansel gevestig het! O hoe soet smaak die reuk van U Volmaakte Wil!!! Hoe warm voel die Hitte van U ALLESDEURDRINGENDE LIEFDE!! Ons LEEU van JUDA!!! Verhoor ons gebede en smagtinge na U Barmhartigheid en U Ontferming! Wees Genadig oor U volk en rig haar op die Fondament van U Aparte Wet van LIEFDE! Maak die Aarde die Voetbank van U Voete en laat die vibrasies van die ramshorings vanuit die harte U Voete in Vrolikheid streel! Amein.

Woorde van JAHSHUA:

“MY kind, die LIEFDE van ‘n kind tot MY is MY ‘Dood’! Daar is NIKS wat MY as VADER meer gelukkig kan maak as die LIEFDE van ‘n kind nie! In die Begin was die Adam ontrou aan MY as VADER en ELOHIM; en MY Toorn wou alles voor MY Aangesig vernietig. Maar EK in MY Volmaakte Wese moes van MYSELF na buite plaas en MY VADERHART was vol WATERS en STROME van SEER! Want die LIEFDE was benadeel oor en oor en oor. Daarom het EK vanuit MYSELF uitgegaan as ‘n Traan oor MY Aangesig vanuit MY Oog wat die smarte en sonde aanskou het. Die Traan heet, Barmhartigheid en die LIEFDE het ingetree en tot MY geroep en gesmeek om MY Toorn af te wend. Die LIEFDE het tot diep in MY VADERHART ingedring en die Traan het MY versag en verkoel - en die LIEFDE moes aan MY ‘n Offerande bring. Die Wysheid was in die gevangenis van verwerping en die Waarheid was saam Haar in smarte versamel op MY VADER skoot. Die LIEFDE moes HOMSELF verloën en verneder om die WEG van LEWE te stig – die WEG van die terugkeer van die verlore seun na die VADERHUIS. Op hierdie Dag het die LEEU van JUDA die Barmhartigheid laat rol oor die Aangesig van MY – VADER. Die Traan... Die Traan vanuit al twee die Oë van MY SEUN waarin EK ‘n WELBEHAE het, die Traan wat heet: BARMHARTIGHEID! Die Offer was VOLBRING en die Aarde het gebeef en geskud in barensnood en smagtinge na verlossing vanuit haar pyn en duisternis. Nou moet julle dieselfde doen wat EK gedoen het. Ontbrand die LIEFDE en bring vir MY julle Offerande van BARMHARTIGHEID en Verootmoediging. Draai na mekaar en met ‘n Druppel vanuit MY Traan, gaan en genees mekaar se wonde, mekaar se seer, mekaar se smarte, en vergeef! Want op hierdie Dag, die Vierde Dag van ONS VERBOND, HET EK... JULLE VERGEEF met die TRAAN VAN BARMHARTIGHEID en met MY BLOED VAN LIEFDE! Aan die Einde moet julle vir MY kan sê nes die LIEFDE gesê het: “Dit is volbring!”. En soos Abel se Offerande wat deur MY aanvaar was, sal julle Offerande aanvaar word op net EEN voorwaarde: MET ERNS EN OPREGTHEID, met LIEFDE as die BEGIN en die EINDE – WEES LIEF VIR MY BO ALLES EN JULLE NAASTE SOOS JULLE SELF!

Die Aarde beef voor MY Aangesig! MY kneg, deel jou ervaring wat jy verborge moes hou volgens MY verordinering, tot nou toe. Want voor die aanbreek van die Vyfde Dag moet MY kinders en knegte en volgelinge besef dat hulle ERNS en BRANDENDE LIEFDE die ENIGSTE Sleutel sal wees tot die aanvaarding van julle Offerande.”

My ervaring:

Geliefdes, tydens die blaas van die ramshorings en gebede vandag, die 4de Dag, het ek die Aarde onder my voete voel beef!!! En ek het die land, Suid-Afrika van bo-af gesien en ‘n groot kraak / skeur het sigbaar geword wat die land in twee geskei het. En hier waar ek staan in bewondering en trane van bevestiging, sien ek die kraak loop tot onder die boom in die middel van die Gilgal-Klipwiel, maar daar is geen skade of skeuring aan die Klipwiel of boom self nie. En JAHSHUA sê vir MY: “Die Melgisedek-Orde is deur MY Bekragtig, vandag op die 4de Dag! Simson MY Boerevolk, aan jou het EK die Krag weer terug gegee!”.

 

Woorde van JAHSHUA (vervolg):

“MY Wil sal geskied en julle moet binne die Ark van MY Wil bly. Vir julle wat verkoel het, julle moet vinnig tot nadenke kom wat julle besig is om te doen, want MY Mure van MY NUWE JERUSALEM sal geen stene van valsheid bevat nie, maar net stene van gelouterde en gesuiwerde GOUD wat straal met die GLANS VAN LIEFDE TOT MY! Wees vol MOED en VROLIKHEID! Neem op MY Krag en sing uit julle harte vir MY met die ASEM VAN DIE LEWE wat EK julle vanuit MY Genade gegee het. MY Getuies, MY Boodskappers en MY Arende is vergader in verskillende fases en ruimtes om in te staan as GETUIENIS van julle Offerande aan MY, die SKEPPER VAN HEMELE EN AARDE, EK, JAHSHUA, DIE GEKRUISIGDE VAN GOLGOTHA...”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205