Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 20 ontvang op 27 Augustus 2018

“Kneg van MY Liefde-Vader-Hart! Skryf nou weer met gehoorsaamheid aan MY Oproep in jou hart! Los al jou laste en bekommernisse voor MY Voete van Bevryding! Jy, MY kind, kyk net op na MY en wyk nie af met jou aangesig na links of regs nie! Soos EK voor MY Volk uittrek, so trek EK voor jou uit! EK IS!

MY Volk van Waarheid!

Daar waar Sy, MY Waarheidsliefling, met Liefde verwelkom was, dáár is EK en MY Volk, EEN!

MY Boerevolk! My geliefde kindertjies! Luister na die Stem van julle VADER, want EK IS HY! EK bring julle nou na die Kruispad, waar julle nou kan besluit uit julle vrye wil: EK of MY teenpool, LIEFDE of eie-liefde, WYSHEID of dwaasheid, Verlossing of verdere Tugtiging; LEWE of dood. Aan julle wie EK MY uitnodiging gestuur het na MY Gilgal-Fontein van Draaiende Liefdeskrag, aan julle bring EK MY Lewende Deuteronomium 30: Die Voleinding van MY Belofte aan jou, MY Volk! EK IS Barmhartig, maar aan julle wat MY verwerp en dink julle kan MY voorskryf hoe EK MY Hande moet gebruik, MY Geregtigheid doen besoeking oor julle huise wat op sand gebou was met valse boustene!

Julle sal roep: VADER VADER! Maar EK sal vir julle sê: EK ken julle nie! Want julle het julle harte nog meer teen MY verhard! Julle het NOU die kans om MY LIEFDE aan te neem en te begin DOEN; en om julle vrye wil na MY te wend sodat julle gered kan word en terug kan kom na EWIGE LEWE! VOLG MY SEUN, MY GELIEFDE SEUN! MY SEUN wat HOMSELF vir JOU gegee het! Maar julle het nie ‘n benul van die ALLER-KRAG van die DAAD nie, MY DAAD! Julle wat sê: ‘Hy het vir my gesterf.’, maar dit terwyl HY LEWEND IS, EK IS, EK IS vir julle – EWIGLEWEND! Die dood is deur MY oorwin, maar waarom wil julle steeds die dood kies en nie die LEWE nie?

MY kneg, voeg die Skrywe van MY Deuteronomium 30 hierin:”

Deuteronomium 30:

30:1EN as al hierdie dinge oor jou kom, die seën en die vloek wat ek jou voorgehou het, en jy dit ter harte neem onder al die nasies waarheen JaHWeH jou Elohey jou verdryf het,

30:2 en jy jou tot JaHWeH jou Elohey bekeer en na Sy Stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel,

30:3 dan sal JaHWeH jou Elohey jou lot verander en Hom oor jou ontferm; en Hy sal jou weer versamel uit al die volke waarheen JaHWeH jou Elohey jou verstrooi het.

30:4 Al was jou verstrooides aan die einde van die Hemele, daarvandaan sal JaHWeH jou Elohey jou versamel, en daarvandaan sal Hy jou gaan haal.

30:5 En JaHWeH jou Elohey sal jou bring in die Aarde wat jou vaders in besit geneem het, en jy sal haar in besit neem; en Hy sal aan jou goed doen en jou vermenigvuldig meer as jou vaders.

30:6 En JaHWeH jou Elohey sal jou hart besny en die hart van jou saadlyn, om JaHWeH jou Elohey lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe.

30:7 En JaHWeH jou Elohey sal al hierdie vloeke op jou vyande en op jou haters lê wat jou vervolg het.

30:8 Maar jy sal weer na die Stem van JaHWeH luister en al Sy Gebooie doen wat ek jou vandag beveel.

30:9 En JaHWeH jou Elohey sal suiwerheid aan jou oorvloedig gee in al die werk van jou hand, in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou Adamah[adamiet se Aarde]; want JaHWeH sal weer oor jou ten goede bly wees soos Hy bly was oor jou vaders,

30:10 as jy na die Stem van JaHWeH jou Elohey luister om Sy Gebooie en Sy Insettinge te hou wat in hierdie Boekrol van die Wet geskrywe is; as jy terugkeer tot JaHWeH jou Elohey met jou hele hart en met jou hele siel.

30:11 Want hierdie Gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie.

30:12 Sy is nie in die Hemele nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die Hemele opklim en haar vir ons gaan haal en ons van haar laat hoor, en ons haar kan doen? [Wysheid van Sirag 33:8, 24:10, 19:20 ]

30:13 Sy is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en haar vir ons gaan haal en ons van haar laat hoor, en ons haar kan doen? [Wysheid van Sirag 15:1-3, Wysheid van Salomo 6:18 ]

30:14 Maar baie naby jou is die Woord, in jou mond en in jou hart, om haar te doen.

30:15 Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die suiwerheid, en die Dood en die besoedeling.

30:16 Wat ek jou vandag beveel, is om JaHWeH jou Elohey lief te hê, in Sy Weë te wandel en Sy Gebooie en Sy Insettinge en Sy Regsprake te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en JaHWeH jou Elohey jou mag seën in die Aarde waarheen jy gaan om haar in besit te neem.

30:17 Maar as jou hart hom afwend en jy nie luister nie en jy jou laat verlei, sodat jy jou voor gode van andere neerbuig en hulle dien,

30:18 dan verkondig ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom; julle sal die dae nie verleng op die Adamah[adamiet se Aarde] waarheen jy oor die Jordaan trek om haar in besit te gaan neem nie.

30:19 Ek neem vandag die Hemele en die Aarde as getuies teen julle; Lewe en Dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan Lewe, dat jy kan lewe, jy en jou saad,

30:20 deur JaHWeH jou Elohey lief te hê, na Sy Stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon op die Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het om haar aan hulle te gee.

“DIT is die Voleinding van MY Ewige Belofte aan julle, MY Huis van Judah en ook aan MY Huis van IsraEL! Vanuit MY Klipwiel, spreek EK, MY LEWENDE KLIPWIEL! EK toets die harte en niere van julle elkeen in hierdie Tyd van Benoudheid, maar EK stel julle voor ‘n keuse van Barmhartigheid. Julle moet die Trooster, julle Moeder, wat EK vir julle gegee het gehoorsaam in en deur MY, julle VADER en ELOHIM! EK IS die ELOHIM van Abraham, Isak en Jakob! EK IS! Hier is MY Verordeninge van LIEFDE aan julle en neem dan die besluit: Ewige LEWE of dood! MY Koninkryk is LEWE en geen dood kan daar bestaan nie.

Wend julle aangesigte af van julle sportgode en geldgode! Verwerp die haatlike dade van julle broers en susters, maar verwerp nooit hulleself nie. As julle nie mekaar kan vergewe nie, dan kan EK julle nie vergewe nie. Twis nie verder oor nietighede nie, want EK soek eensgesindheid! Fokus julle gedagtes nie meer op valse hoop vanuit die wêreld nie, kyk op na MY! Suiwer julle siele en bewerk julle harte! Maak skoon! Buig nie voor afgode en beelde nie, want dit is gruwelik voor MY! Wandel in MY LIEFDE soos EK dit keer op keer aan julle verduidelik en getoon het. Meng nie verder met die besoedeling en gruwels van die wêreld om julle nie! Vermeng en verbaster nie verder nie! Keer terug na MY! Breek julle huise wat op sand gebou is af, want julle huise is hoerhuise van die siele moordenaar! Bou vir MY ‘n Huis van LIEFDE!

LIEFDE, vergewe en vergeet. LIEFDE, ontferm oor die armes en siekes. LIEFDE, is ‘n WERK, dié WERK, MY WERK! Dit is nie net ‘n lewelose woord nie! LIEFDE is ‘n Wil en Daad as EEN! EDEL IS DIE HART WAT HIERDIE LIEFDE, MY LIEFDE, WAT EK IS, VERKIES! Word LIEFDE, omvorm julle wese tot LIEFDE, want sonder LIEFDE kan julle nie die Jordaan oorsteek nie. LIEFDE volg LIEFDE!

Kies LIEFDE, vanuit MY, wat EK IS, en MY Ewige Beloftes en Seëninge van MY Deuteronomium 28 tot 30 word julle WERKLIKHEID IN MY, julle Liefdevolle VADER! EK IS, EK IS GETROU. Nou sê EK vir julle: VOLG MY!

MY kind, kyk! Kyk na MY Magtige Jordaan! KYK!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205