Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 39 ontvang op 10/10/18 12:30

“MY kneg skryf weer vir MY aan MY volk in MY land, Suid-Afrika: MY verstrooides en doodsbeendere in die woestyn! Kyk MY kneg, daar lê hierdie dooie bene en skedels regoor MY land: kaal gevreet en gestroop met byna geen lewe tot MY te vinde nie. Hierdie bene verbrokkel skoon met die aanraking van die hand! Tog kom die koel briesie om LEWE in hierdie doodsbeendere te blaas en die Asem van die LEWE op te wek tot MY! MY Boodskappers kom met die vleis en kleding; hulle kom met MY WATER om julle tot die LEWE te wek tot MY! Hulle bring ONS Brood en Melk tot versterking van julle siele gekluister binne-in julle dooie bene! O julle hardnekkiges! Hoeveel kere moet EK julle roep tot die LEWE in WAARHEID en LIEFDE? Maar nee julle soek net wonderwerke en EK moet om julle pinkies gedraai word en onderdanig aan julle wil en begeertes wees! Julle ken MY NET in tye van nood en wanneer julle dwase gemaksfere binne gedring word! Julle wil steeds dood bly in die gees deur MY Woord te verwerp en julle wêreldse drek aan te hang! Julle sit in die kring van spotters en bose geeste; julle is swak en lui om te DINK oor die WAARDE en DOEL van julle lewens gedurende HIERDIE tydperk op Aarde. Julle is so vasgevang in die draak se mag en julle siele word vermoor deur die besoedeling van MY teenpool. Julle gaan bedrieglik om met julle naaste en kyk om elke hoek en draai hoe julle kan wen vir eie gewin deur diefstal en leuens. Julle handel halfhartig en liefdeloos met ‘n tong van vuur! Dit sê EK nou vir julle: Deur julle besig te hou met skinder en julle naaste te versleg en af te kraak voor julle ander broers en susters IS vir MY ‘n GRUWEL! EK IS WAT EK IS! EK SPREEK en MY WOORD is MY EWIGE WET en EK is die WETGEWER!

Julle het werklik MIN tyd om julle siele NOU te suiwer van drek en om julle te draai na MY!

Julle is hardkoppig om na MY GEES se inspraak in julle harte te luister! Julle wil altyd onder die invloed van andere julle eie koppe volg en MY WIL maak geen saak vir julle nie! Julle vra vir antwoorde en sekerheid, EK kom met MY antwoord, en steeds LUISTER julle nie omdat julle steeds die materie en fisiese julle fondasie maak! EK het gesê: ‘WAG OP MY!’ Julle wil net nie en dus sal EK vir julle gee en laat tot stand kom wat julle wil hê! Maar onthou! ONTHOU MY Deuteronomium 28! Wees ingelig! EK HET julle gesê en julle weet nou!

EK stel MY Barmhartigheid en Redding beskikbaar vir julle wat wil terugkom na MY en met diepe opregte berou voor MY kom val! Want dit is NET EK wat ten volle kan genees en verlos! ALLES het uit MY gekom! MY LIEFDE het vir baie van julle so oppervlakkig geword en dus beteken MY LIEFDE vir baie van julle hardnekkiges niks! Julle stel nie belang in die GEES nie en nog minder MY Opdragte en WET van LIEFDE nie! Daar sal waarlik waarlik ‘n baie kleine oorblyfsel wees wat ontwaak het en die GEESTELIKE TAAK opgeneem het van MY KLIPWIEL om hulle harte te suiwer! EK IS die OORSPRONG daarvan en AL wat EK daarmee vir julle wil bring is MY Barmhartigheid en Genade vanuit MY LIEFDE vir julle! EK is die DRYFKRAG van MY LIGWIEL en EK nooi julle steeds uit om deel te word van MY LIEFDESPLAN vir julle! NET deur WERKSAME LIEFDE vanuit ‘n opregte hart wat strewe na MY VOLMAAKTHEID, sal julle na MY kan kom en EK na julle! Nader tot MY en EK sal tot julle nader, maar nader nie tot MY met ‘n onopregte hart vol bose agendas nie! EK SIEN ALLES! Aan hulle wat deel van MY GILGAL-LIGWIEL in die BOEREVOLK is, gee EK die Opdrag om VURIG te werk met en in LIEFDE sodat die Winde vanuit die komende Storms julle verkwikking sal wees, maar vir hulle wat steeds teen MY rebelleer en weer hulle harte verhard het teen MY en hul naaste sal die Winde ‘n Gees van Verskrikking wees!

Baie van julle is gode van julle eie-ekkigheid! Ja julle het van die boom van die kennis van goed en kwaad geëet en julle weet wat is GOED en KWAAD! Daarom kies dan nou: Of WARM of KOUD! Maar wee diegene wat na MY toe kom met ‘n halfhartige louwarm, gemengde hart NA EK ALLES vir julle gegee het en julle daarna MY HULP uitgespuug het! EK sal aan julle sê: “EK ken julle NIE!”

Maar in MY LIEFDES-VROLIKHEID nooi EK julle steeds uit! O hoe sien julle nie MY WAARHEID nie en hierdie WAARHEID sal slegs by MY te vinde wees!

MY kneg dit is genoeg aan die rebelle in MY volk! EK nooi hulle uit en jy bring MY Waarskuwing aan hulle. Verder laat jy dit oor aan MY en wees gehoorsaam! MY taak vir jou is deur MY Verorden in LIEFDE en Sy is jou bevestiging! Weet dat EK jou ALLES is! Maak NET staat op MY! MY kneg, weet dat MY Beloftes WAAR en BETROUBAAR is en MY WOORD is VAS! Daarom twyfel nie verder oor hulle wat MY getrou gehoorsaam in LIEFDE bo ALLE LIEFDE nie, want EK IS JULLE HULP!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205