Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 15 ontvang op 16 Augustus 2018

“Luister nou innig na MY Stem, die Stem van jou Ewige VADER. Jy moet altyd vrywillig en bereid wees om gehoorsaam te wees aan MY om sodoende MY Beloftes en Krag te ontvang. Daar is baie werk aan jou siel en EK wil hê dat MY Sewe gelyktydig deur jou hartkamer moet straal. MY Sewe staan op EEN en die EEN is jou KRAG!

EK is nie klaar met Deuteronomium nie MY Boerevolk. Julle staan nou, soos wat EK hier spreek, voor hierdie besluit: Vervloekinge of MY Seëninge? EK IS Barmhartig, maar MY Lewende Woord en Profesieë moet in vervulling gaan. DIT IS GESKRYWE! Baie van julle het MY Opdragte deur MY dienaars en profete verwerp omdat julle valse verlossing en liefde uit die wêreld geniet. Die geskrewe skrif van Deuteronomium 28 het LEWEND geword in hierdie tyd, in MY land Suid-Afrika. EK het julle ook verwys na MY Bergprediking.

Nou sal EK MY Lewende Deuteronomium wat as LIG vanuit MY Klipwiel straal laat voortlewe en EK roep julle NOG nader na Deuteronomium 29! Skrywe hierdie skrif hierin MY kneg!”

 

Deuteronomium 29 (Aangehaal uit die Boek van Herinnering):

29:1DIT is die Woorde van die Verbond wat JaHWeH Moshè beveel het om met die kinders van JisraEl te sluit in die Aarde Moab, behalwe die Verbond wat Hy met hulle by Horeb gesluit het.

29:2 En Moshè het die hele JisraEl geroep en vir hulle gesê: Julle het self gesien alles wat JaHWeH in die Aarde van Egipte voor julle oë aan Farao en aan al sy dienaars en aan sy hele Aarde gedoen het,

29:3 die groot versoekinge wat jou oë gesien het, dié groot tekens en wonders.

29:4 Maar JaHWeH het julle nie 'n hart gegee om te verstaan en oë om te sien en ore om te hoor tot vandag toe nie.

29:5 En Ek het julle veertig jaar lank in die wildernis laat trek; julle klere het aan julle nie verslyt nie, ewemin jou skoen aan jou voet.

29:6 Brood het julle nie geëet en wyn en sterk drank nie gedrink nie, dat julle kan weet dat Ek JaHWeH julle Elohey is.

29:7 En toe julle by hierdie plek kom, het Sihon, die koning van Hesbon, en Og, die koning van Basan, uitgetrek ons tegemoet om te veg, maar ons het hulle verslaan

29:8 en hulle Aarde ingeneem en haar as erfenis gegee aan die Rubeniete en Gadiete en aan die halwe stam van die Manassiete.

29:9 Onderhou dan die woorde van hierdie Verbond en volbring dit, sodat julle voorspoedig kan uitvoer alles wat julle doen.

29:10 Julle staan vandag almal voor die Aangesig van JaHWeH julle Elohey: julle hoofde, julle stamme, julle oudstes en julle opsigters - al die manne van JisraEl;

29:11 julle kinders, julle vroue en jou besoeker wat binne-in jou laer is, jou houtkapper sowel as jou waterputter,

29:12 om oor te gaan in die Verbond van JaHWeH jou Elohey - en in Sy Eedswering - wat JaHWeH jou Elohey vandag met jou sluit; [JeségiEl 16:60]

29:13 sodat Hy jou vandag vir Hom as volk kan bevestig en vir jou 'n Elohim kan wees soos Hy jou beloof het, en soos Hy aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het.

29:14 En nie met julle alleen maak Ek hierdie Verbond en hierdie Eedswering nie,

29:15 maar met die wat vandag hier saam met ons voor die Aangesig van JaHWeH onse Elohey staan, én met die wat hier vandag nie saam met ons is nie.

29:16 Want julle weet self hoe ons in die Aarde van Egipte gewoon en hoe ons dwarsdeur die nasies getrek het waardeur julle getrek het.

29:17 En julle het hulle verfoeisels en hulle drek-idole, hout en klip, silwer en goud, by hulle gesien,

29:18 sodat daar onder julle geen man of vrou of familie of stam mag wees wat sy hart vandag van JaHWeH onse Elohey afwend om die gode van dié nasies te gaan dien nie, sodat daar onder julle geen wortel mag wees wat gif en Alsem dra nie,

29:19 en as hy die woorde van hierdie Eedswering hoor, homself dan in sy hart prys deur te sê: Dit sal met my goed gaan alhoewel ek in die verhardheid van my hart wandel - om so die bewaterte saam met die dorstige weg te ruk!

29:20 JaHWeH sal hom nie wil vergewe nie, maar dan sal die Woede van JaHWeH en Sy Ywer teen dié man rook, en die hele vloek wat in hierdie Boekrol geskrywe is, sal op hom rus; en JaHWeH sal sy naam onder die Hemele uitdelg.

29:21 En JaHWeH sal hom afskei vir besoedeling uit al die stamme van JisraEl volgens al die vloeke van die Verbond wat in hierdie Boekrol van die Wet geskrywe is.

29:22 En die volgende geslag, julle kinders wat ná julle opstaan, en die uitlander wat uit 'n ver deel van die Aarde kom, sal sê, as hulle die plae van daardie Aarde sien en sy siektes wat JaHWeH in haar laat uitbreek het -

29:23 ook swawel en sout deurdat haar hele Aarde uitgebrand is, wat nie besaai word en niks laat uitspruit nie, en in haar hoegenaamd geen plante opslaan nie, soos die omkering van Sodom en Gomorra, Adma en Seboim wat JaHWeH in Sy Woede en in Sy Grimmigheid omgekeer het -

29:24 en al die nasies sal sê: Waarom het JaHWeH so met hierdie deel van die Aarde gedoen? Wat beteken hierdie groot Woede?

29:25 Dan sal hulle antwoord: Omdat hulle die Verbond van JaHWeH, die Elohey van hulle vaders, verlaat het wat Hy met hulle gesluit het toe hulle deur Hom uit die Aarde van Egipte uitgelei is,

29:26 en hulle gode van andere gaan dien en hulle daarvoor neergebuig het, gode van andere wat aan hulle nie bekend was nie, en wat Hy hulle nie toebedeel het nie,

29:27 daarom het die Woede van JaHWeH teen daardie deel van die Aarde ontvlam om op haar die hele vloek te bring wat in hierdie Boekrol geskrywe is.

29:28 En JaHWeH het hulle uit hulle Adamah[adamiet se Aarde] uitgeruk in Woede en in Grimmigheid en in groot verborgenheid; en Hy het hulle weggeslinger na 'n ander deel van die Aarde, soos sy vandag is.

29:29 Die verborge dinge is vir JaHWeH onse Elohey; maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid, om te doen al die Woorde van hierdie Wet.

 

“MY Boerevolk, Deuteronomium 29 is nou in hierdie tyd vir Jou! Lees dit met Erns en verstaan MY Toorn wat EK teen jou het. Maar terselfdertyd, verstaan MY Brandende Liefde vir JOU en hoekom EK Toornig is in hierdie tyd. EK IS skep! EK IS vernietig! Daar is ‘n kleine oorblyfsel in jou wat MY met alle kragte en ywer soek en poog om MY Verbond van Liefde te doen. Hulle is MY Oogappel! Daar vertoef EK alreeds! MY Dogter van Sion! Maar daar is meeste van julle wat julle steeds neerbuig voor die afgode van ander nasies en valse ordes vanuit MY teenpool! Julle wil nie luister na MY EliJaH in julle wildernis nie! Kefas roep julle na bo! Hy roep jou! Hoe lank roep EK jou al MY Boerevolk? Maar julle kies die vervloekinge! Julle drink vanuit die beker van die hoer op die dier wat julle siele verkrag, en dit, terwyl julle dink DIT is die lewe!

Jy sink in die waters MY Volk omdat jy nie kan loop op die waters nie! Hoekom? Omdat julle nie HEERS oor die Skepping soos EK julle beveel het in die begin nie! EK reik nogtans uit na julle met MY Reddende Hand, maar julle klap MY Hand weg en reik uit na die boomstomp wat dryf langs julle. Hierdie boomstomp is julle materiële “vinnige antwoord” tot korttermyn valse redding, aangebied deur MY teenpool. Julle gryp die boomstomp en nou is julle ‘gered’, maar helaas en ‘n gejaag na wind. Want kyk, hierdie waters het julle nou gebring en julle laat dryf tot op die punt van die groot waterval! Gaan julle boomstomp julle nou red? Julle steun op julle eie kragte en rebelleer steeds teen MY Opdragte en Tugtiging, maar julle boomstomp is nie te vertrou en die Afgrond hou haar mond oop vir jou siel! Dit terwyl EK klop met Brood en Wyn in MY Hande, maar julle harte is met ‘n ronde klip toegerol en gesluit!

Geseënd is julle wanneer julle weer na MY terugkeer en die afgode, tempels en beelde afbreek! Geseënd is julle wanneer julle MY Woorde aanneem en julle klipharte vir MY kom bring! Geseënd is julle wanneer julle die ronde klip wegrol en jou hart laat ontwaak vir MY Lig en Verlossing, sodat julle kan LEEF in MY en sodat EK kan LEEF in jou! EK wil so graag EEN word met jou...

Neem MY Seëninge aan, bedink MY Wet van LIEFDE en begin haar doen! Kom dans om MY Boom, EK nooi julle uit. EK is lief vir julle MY Volk, MY kinders! Wees weer kindertjies vir MY. Hoe verlang ONS met Trane om julle te omvou in ONS Arms en EK wil julle NIE VERLOOR! As julle Liefdevolle VADER, EK SMEEK julle en EK daal neer na julle in hierdie tyd en EK kom vra julle: ‘Aanvaar MY Liefde, MY kind, EK het MY Lewe vir jou gegee, wat meer kan EK doen?’.

MY kneg, EK stuur MY Boodskappers en MY Gevegsengele om hulle te bewaar in stilte, hulle wat MY Stem omhels het en hulle wat MY Herstel van 2017 af gehoorsaam en aangeneem het in MY Dogter van Sion!

Dit is genoeg vir nou.

EK, die Begin en Einde hiervan spreek:

Geseënd is die siel waarin MY Brood nou breek.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205