Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 89

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 89 ontvang op 14/02/19 24H30

Ek, Daniel, wou nounet aan die slaap geraak het, toe lei JAHSHUA my om die Boek van Herinnering te lees. En HY lei my weer na Henog 36 toe soos voorheen, maar HY sê vir my: "MY kind, lees nou die volgende 5 hoofstukke vanaf hier." En ek lees toe en my mond staan oop van verbasing. Toe ek klaar gelees het, toe sê JAHSHUA vir my: "Jy het gelyk MY kind, die Boekrol van Henog gaan in vervulling en ja, dit is die woning wat Henog begeer het. Jy het dit gesien MY kind. Versprei dit na jou broers en susters sodat hulle ook kan sien en ervaar hoe groot en vas MY Raadsplan van Barmhartigheid is!"

 

BOEKROL VAN HENOG: Hoofstuk 36:

DAARVANDAAN is ek na die suide tot aan die eindes van die Aarde, en ek het drie Poorte van die Hemele geopen gesien, en daarvandaan het dou, reën en wind gekom.

 2 En van daar is ek na die ooste tot aan die eindes van die Hemele, en hier het ek die oostelike Poorte van die Hemele geopen gesien en kleiner Poorte bokant hulle.

 3 Deur elkeen van hierdie kleiner Poorte gaan die Sterre van die Hemele op hulle bane na die weste soos vir hulle aangewys word.

 4 En so dikwels soos ek dit gesien het, het ek gedurig die Glansrykheid van JaHWeH geseën, en aangehou om die Glansrykheid van JaHWeH te seën. Hy wat groot is en hierdie wonders voortgebring het om die grootheid van Sy werke aan Sy Boodskappers, en aan die Geeste en aan die adamiete te toon, sodat hulle Sy werke kon prys, so ook Sy skepping: dat hulle die werking van Sy mag kon sien en Hom prys oor die groot werk van Sy Hande en Hom vir ewig mag seën. [Job 38]

 

Hoofstuk 37:

 37 DIE tweede visioen wat hy gesien het, die visioen van die Wysheid wat Henog, die seun van Jered, die seun van Mahalalel, die seun van Kenan, die seun van Enos, die seun van Set, die seun van Adam, gesien het.

 2 En hierdie is die aanvang van die woorde van die Wysheid toe ek my stem verhef het om Haar aan hulle wat op Aarde woon, bekend te maak: Hoor, julle manne van die outyd, en sien, julle wat later kom, die woorde van die Aparte Een wat ek voor die Aangesig van die Elohey van die Geeste sal spreek. [Boekrol van Henog 82:2]

 3 Dit was beter om Haar aan die manne van die ou tyd te verklaar, maar selfs aan die wat later kom, sal ons nie die begin van die Wysheid weerhou nie.

 4 Tot op die huidige dag is hierdie Wysheid, wat ek, volgens my insig, ontvang het, nog nooit deur die Elohey van die Geeste, geopenbaar nie, soos dit die Elohey van die Geeste behaag het en deur wie ek die lot van die Ewige Lewe ontvang het.

 5 Nou, drie gelykenisse is aan my oorgedra, en ek het my stem verhef om dit oor te dra aan hulle wat op die Aarde woon.

 

Hoofstuk 38:

 DIE eerste gelykenis: Wanneer die gemeente van die regverdiges sal verskyn, en wetsoortreders geoordeel sal word vir hulle oortredinge, en van die gesig van die Aarde af verdryf sal word.

 2 En wanneer die Regverdige Een sal verskyn voor die oë van die regverdiges, wie se uitverkore werke deur die Elohey van die Geeste geweeg word, en die Lig verskyn aan die regverdiges en die uitverkorenes wat op die Aarde woon. Waar sal dan die woning van die wetteloses wees, en waar die rusplek van die wat die Elohey van die Geeste misken het? Vir hulle sou dit beter gewees het as hulle nie gebore was nie.

 3 Wanneer die geheime van die regverdiges openbaar word en die wetsoortreders geoordeel word, en die besoedeldes verdryf word uit die teenwoordigheid van die regverdiges en die uitverkorenes,

 4 van daardie tyd af sal die wie die Aarde besit, nie meer sterk en verhewe wees nie: En hulle sal nie in staat wees om die aangesigte van die Apartes te aanskou nie, want die Elohey van die Geeste het Sy Lig laat verskyn op die aangesigte van die Apartes, die regverdiges en die uitverkorenes. [DaniEl 12:10]

 5 Dan sal die konings van die Aarde en die magtiges tot niet gaan, en in die hande van die regverdiges en Apartes gegee word.

 6 En van die dag af sal hulle nie meer vir hulself Barmhartigheid soek by die Elohey van die Geeste nie. Want hulle lewe het tot ‘n einde gekom.

 

Hoofstuk 39:

 EN so sal dit gebeur dat die uitverkore en apartgestelde kinders in daardie dae sal neerdaal uit die hoogste Hemele, en hulle saad sal een word met die van die kinders van die adam.

 2 En in daardie dae het Henog Boekrolle van Ywer en Toorn, en van Oproerigheid en van Uitdrywing ontvang. En Barmhartigheid sal nie aan hulle toegestaan word nie, sê die Elohey van die Geeste

 3 En in daardie dae het ‘n warrelwind my van die Aarde af weggedra, en my by die eindes van die Hemele neergesit.

 4 En daar het ek nog ‘n visioen gesien: die woonplekke van die Apartes, en die rusplekke van die regverdiges.

 5 Ja, my oë het hul wonings gesien saam met Sy regverdige Boodskappers en hul rusplekke by die Apartes. En hulle het gesmeek en gebid en ingetree vir die kinders van die adam, en Geregtigheid het voor hulle soos water gevloei, en Barmhartigheid soos Dou op die Aarde: So bly Sy tussen hulle vir Ewig tot in Ewigheid. [Openbaring 6:9-10; Wysheid van Sirah 24:8]

 6a En in daardie plek het my oë die uitverkorenes van Geregtigheid en Geloof gesien.

 6b En Geregtigheid sal in hulle dae die oorhand kry, en die regverdiges en die uitverkorenes sal sonder getal voor Hom wees, vir Ewig tot in Ewigheid.

 7a En ek het Sy woonplek onder die Vleuels van die Elohey van die Geeste gesien.

 7b En al die regverdiges en uitverkorenes voor Hom sal sterk wees soos vurige ligte, en hulle monde sal met seëninge gevul wees, en hulle lippe sal die Naam van die Elohey van die Geeste verhoog, en nooit sal Geregtigheid voor Hom faal nie, en ook Waarheid sal nooit voor Hom faal nie. [Openbaring 15:2-4; JeshaJaH 60:17; Boekrol van Henog 71:14-15]

 8 My verlange was om daar te bly, en my gees het gesmag na daardie woonplek: En dit was my deel tot hiertoe, want so is dit vir my bepaal voor die Elohey van die Geeste.

 9 In daardie dae het ek die Naam van die Elohey van die Geeste geprys en verhef met seëninge en prysinge, omdat Hy my uitverkies het vir seën en Glansrykheid volgens die Goeie Wil van JaHWeH van die Geeste.

 10 Ek het baie lank na daardie plek gekyk, en ek het Hom geloof en geprys, terwyl ek sê: Geseënd is Hy, en mag Hy van die begin af tot in ewigheid geseën wees.

 11 En by Hom is daar geen einde nie. Voordat die wêreld geskep was, weet Hy al wat vir ewig sal wees, en wat van geslag tot geslag sal duur.

 12 Sal die wat nie slaap U nie seën nie: hulle staan voor U Glansrykheid en seën, met lofprysing en verheffing, en sê: Apart, apart, apart is die Elohey van die Geeste. Hy vul die Aarde met Geeste. [Openbaring 4:8]

 13 En hier het my oë aanskou diegene wat nie slaap nie: hulle staan voor Hom en spreek seëninge uit en sê: Geseënd is U en geseënd is die Naam van JaHWeH vir Ewig tot in Ewigheid. [Openbaring 4:9]

 14 En my aangesig het verander; want ek kon nie langer kyk nie.

 

 

Hoofstuk 40:

 40 EN daarna het ek duisende van duisende gesien, en tienduisende maal tienduisende, ek het ‘n ontelbare menigte voor die Elohey van die Geeste sien staan. [Boekrol van Henog 14:22; Openbaring 5:11]

 2 En aan die vier kante van die Elohey van die Geeste, het ek vier Wesens gesien, verskillend van die wat nie slaap nie, en ek het hulle name geleer: want die Boodskapper wat saam met my gegaan het, het hulle name aan my bekend gemaak, en het al die verborge dinge aan my gewys. [JeségiEl 1:6; Openbaring 4:6]

 3 En ek het die stemme van daardie vier Wesens gehoor terwyl hulle lofprysinge voor die Elohey van Glansrykheid gesing het.

 4 Die eerste stem het die Elohey van die Geeste vir Ewig tot in Ewigheid geseën.

 5 En die tweede stem het die Uitverkorene Een geseën en (ook] die Uitverkorenes wat die Elohey van die Geeste aanhang.

 6 En die derde stem wat ek gehoor het, bid en tree in vir die wat op die Aarde woon en smeek in die Naam van die Elohey van die Geeste.

 7 En ek het die vierde stem gehoor wat die duiwels wegkeer en hulle verbied om voor die Elohey van die Geeste te kom om die wat op die Aarde woon, aan te kla.

 8 Daarna het ek aan die Boodskapper van Vrede wat saam met my gegaan het, en alles wat verborge was aan my gewys het, gevra: Wie is hierdie vier Wesens wat ek gesien het en wie se woorde ek gehoor en neergeskryf het?

 9 En hy sê aan my: Die eerste is MikaEL, die barmhartige en lankmoedige. En die tweede, wat aangestel is oor al die siektes en al die wonde van die kinders van die adam, is RafaEL, en die derde wat oor al die Kragte aangestel is, is GabriEL; en die vierde, wat aangestel is oor die wat berou het met die hoop dat hulle die Ewige Lewe sal ontvang, se naam is FanuEL. [JeségiEl 1:5]

 10 En hierdie is die vier Boodskappers van die Elohey van die Geeste en die vier Stemme wat ek in daardie dae gehoor het. [Openbaring 4:6]


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205