Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 68 ontvang op 04/01/19

"MY kind hoor MY Stem en skrywe vir die kerkleiers, politieke leiers en valse leraars. EK het dit teen julle dat julle MY skape met valsheid bedrieg en mislei sonder dat julle eens enige belangstelling toon aan die gewete wat julle aanhoudend aankla. Julle spreek in MY Naam en sê dat EK tot julle gespreek het; en dit terwyl EK nie tot julle gespreek het nie! Julle profeteer vals en lieg vir MY kinders! Julle sê EK het gespreek tot MY kinders terwyl EK geensins gespreek het nie. Julle preek teen MY WET VAN LIEFDE EN APARTHEID! Julle preek verbastering, keur die kwaad goed en leer MY kinders die weë van MY teenpool. Julle spreek en profeteer deur die inspraak vanaf die vader van die leuens, die sielemoordenaar! Dit is omdat julle uit eie wil en eie-ekkigheid wil preek sonder MY Apartgestelde LIEFDE en WAARHEID! Julle vereer die kruis in julle afgodstempels en in julle huise! Waarom vereer julle so MY dood en spreek tot MY kinders dat EK gesterf het vir hulle sondes, maar julle vereer nie eerder MY OPSTANDING nie? Julle leer nie MY kinders dat EK LEWE en dat julle op MY WEG van WAARHEID moet gaan nie. Dit spreek EK IS WAT EK IS! Elke tempel van valsheid en bedrog sal onder MY Grimmigheid tot stof terugkeer en EK sal MY Sweepslag oor hierdie tempels swaai deur MY Tugtiging, net soos wat EK dit lank gelede gedoen het! Julle lei MY skape na die slagpale van satan en julle verwerp MY Waarheid en julle verwerp MY Brood en Wyn wat EK vir MY Geloftevolk uitgiet.

EK gee aan julle nou 'n baie ernstige waarskuwing en EK gee aan julle nou 'n direkte Opdrag: Valse kerkleiers en leraars, laat MY kinders vry en laat hulle na MY toe kom! Bekeer julle en julle sal rouklaag omdat julle MY kinders in valsheid gelei het! Julle leer MY kinders liefde, maar self doen julle nie eens MY LIEFDE nie en jaag die skatte van julle geldgode na! Die woorde wat julle spreek is nie vanuit MY nie, omdat julle wil nie EEN is met MY Wil nie. Julle wil nie luister en gehoorsaam wees aan MY Apartgestelde Wet van LIEFDE nie!

Keer terug na MY en MY Woord van VERLOSSING. Leer MY kinders eers NADAT julle MY geraadpleeg het en eers wanneer julle bereid is om MY bo alles te stel en om MY in beheer te stel in julle begeertes om vir MY te werk. DOEN volgens MY Opdragte en doen dit in suiwer LIEFDE as Bron van alles! EK sê dit nou weer: EK kies MY knegte, profete en Boodskappers! EK roep hulle tot werk in MY Wingerd. En julle wat julleself aanstel vanuit julle harte vol bedrog, julle sal MY Toorn en Gees van Verskrikking voel, omdat julle nie MY Waarskuwings geag het en julle julleself nie bekeer het nie. Laat MY Volk gaan en verhoed nie MY kinders om na MY te kom nie! Julle wat die leuen spreek en profeteer, julle pleeg sielemoord en weet dat julle nie ongestraf sal wees vir hierdie gruwelike dade nie! EK roep julle om julle valsheid en bedrog te laat staan en om berouvol julle harte van klip vir MY te kom offer, maar doen dit vinnig!

EK IS WAT EK IS! MY KINDERS HET EK LIEF EN EK SAL SEKER MAAK HULLE SAL VERLOS EN GERED WORD DEUR MY VADERHAND!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205