Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 13 ontvang op 12 Augustus 2018

“Skryf verder MY Kneg, MY kind! Hoor MY Vader-Stem in jou! Jou Moeder is hartseer en jy kan dit voel in jou hart! Sy is deur menigte verwerp en voel soos ‘n gevangene, amper nêrens welkom nie! MY Woorde is ‘n Verterende Vuur, ‘n Tweesnydende Swaard! Terselfdertyd is MY Woorde die magtigste Kragbron van Liefde en Wysheid. MY Woorde en Beloftes is Barmhartig en Regverdig. MY Stem bring Lewe en Waarheid en EK lei jou na die Ewige Lewe in MY Ryk.

MY Boerevolk, in elkeen van julle harte wil EK kom woon! Daar waar julle vergader, daar wil EK welkom voel en julle lei. MY Huis is ‘n Tempel, ‘n Huis van Gebed in Daad en Waarheid, gegrond op MY Liefde! EK het gesê ek woon nie in tempels wat met mensehande gebou is nie! MY tempel is in julle harte, maar julle het julle harte ‘n rowerspelonk gemaak! EK IS sal in MY tempel inkom en dit suiwer en alles en almal uitjaag wat nie daar hoort nie! Dit sal EK doen deur MY Tugtiging en Geregtigheid, met MY Vaderliefde wat brand vir julle, MY kinders! Julle moet weet dat EK julle tugtig met MY Liefde, en julle het ‘n vrye wil om te kies of julle MY Liefde wil aangryp, of nie.

KYK, as EK ‘n Vyeboom vervloek, dan is die boom uitgedroog tot by die wortels! Soos daar geen lewe in ‘n dooie liggaam is nie, net so is daar geen lewe in die doderyk nie! Dit is ‘n uitgedroogde boom wat geen vrugte dra en geen lewe kan wek nie! MY kinders, watter boom groei julle in julle grond? ‘n Boom van Liefde wat die smaaklikste Vrugte dra? Of ‘n boom wat vrot en giftige vrugte dra wat stink? Nou is MY vraag aan julle: By wie het julle hierdie boom se saad gekry, watter saad is dit en hoe lyk die grond waarin julle die saad geplant het?

MY Volk, EK het vir julle menige uitnodigings gestuur. Deur MY Kneg Moses, regdeur al MY Profete en Voorlopers van ouds, tot by MY Bloedoffer van LEWE en VERLOSSING en OORWINNING, verby, tot vandag toe met MY Profete en Boodskappers wat steeds roep in die woestyn! EK stuur steeds MY uitnodiging aan julle met MY Gilgal-Klipwiel-Gelofte en Belofte in hierdie tyd! Dit is die herbevestiging en beklemtoning om julle harte van klip vir MY te kom offer vir ‘n hart van vlees! Dit is 'n geestelike saak tussen MY en jou! MY Koninkryk is waarlik so naby nou dat die slapende sal wakker skrik en dit sal te laat wees! Julle wat slaap, gaan leer by die mier! Julle wat steeds die wêreld kies bo MY en MY Verlossing, julle huis is op sand gebou en julle troon op ‘n vulkaan! So stap die tyd aan en EK nooi julle weer en weer. MY Fonteine is oop en MY Brood volop! MY Wyn loop oor van Barmhartigheid en Liefde! MY Olie in hierdie tyd so smaaklik tog so sielsbelangrik vir julle oorlewing in MY.

MY Winde bring MY Saad, wat die Saad van MY Boom is, MY Ewige Saad! Berei julle grond in hierdie tyd met haas! Maak skoon en suiwer! Vra MY vir Krag en Lig. Moenie slaap nie! Los julle valse liefdes wat vergaan! Dit gaan julle nie red nie. Kyk, net soos EK op die berg versoek was deur satan toe hy MY sy koninkryk aangebied het as EK voor hom sou kniel, net so word julle ook voor hierdie keuse gestel!

In hierdie tyd en die tye wat kom, los die getwis en gestry! Verenig met MY en raak weer MY Huisgesin! Soos kindertjies moet julle weer nederig glo in MY en MY Woord. Om MY en jou naaste lief te hê met woord EN daad, dít is waar MY Koninkryk is en dít is waar jy MY aanbid! Neem MY Beloftes ter harte en Vertrou op MY, julle Ewige en Enigste LIEFDE, EK IS WAT EK IS!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205