Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 72

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 72 ontvang op 14/01/19

“Jy is reg MY kneg: MY HART SE PUNT!

Dit is MY Volk, MY Lieflingsvolk, MY Oogappel, MY Geloftevolk, MY BRUID!

EK IS! Dit IS EK! EK IS HIER en EK sal MY Eiendom bewaar en EK sal MY Bruid aan Haar hand neem en EK sal Haar verseël! Niemand sal Haar aanraak en geen traan sal oor Haar wang rol nie, want Haar Bruidegom… IS HIER!

MY Land, Suid-Afrika: Die elemente sal EK gebied deur MY Natuurwette en volgens MY Wyse Orde om die Suiwering mee te bring wat EK al van oertye beloof het!

Abraham, EK sal weereens gestand doen aan MY Belofte aan jou en Jakob, jou saad sal EK seën en bekragtig met LIG-ENERGIE-GEES direk vanaf MY, jou SKEPPER en VADER.

MY kind, gaan troos jou moeder, EK IS hier…”

(vervolg)

“Kom Ons gaan voort, MY kneg en skryf vir MY.

MY kindertjies sal EK versorg en hulle sal EK omhels in MY Vaderarms en met Glansende Glimlag verbly hulle MY Hart, want hulle is vanuit MY en EK sien MYSELF in hulle. MY kinders van die Suide, hulle ontwaak in MY Waarheid en LIEFDE; hulle verbly MY Hart! Geen vyand sal hulle aanraak en geen smart sal hulle oorkom nie, want EK IS die ELOHIM van Moses en die Wet van MY Liefde het EK met MY Wysheid gegraveer op die harte en MY Waarheid het dit kom LEWEND maak. EK, JAHSHUA, het die Weg berei tot Genesing, Opstanding en Oorwinning! MY kindertjies van die Suide sal MY volg en behaag en net soos MY liewe Jarah en Christine sal hulle in volle passievolle oorgawe in MY floreer tot Eenwording en Glansrykheid in MY WEG VAN LIEFDE. Want soos hulle moet julle word, MY Volk: Ywerig en smagtend vir MY Brood en Wyn; verlangend na MY teenwoordigheid en MY verskyning, om heeltemal opnuut elke keer, brandend verlief op MY te wees met trane van blydskap en LIEFDE.

MY Gilgal-Boerevolk, wees vol Hoop en vol verwagtinge vir hierdie tye wat aanbreek! MY Sweepslag sal weergalm; Die Tafelberg sal verkrummel; Die Vyand van die Noorde sal vlug; Die plae van Egipte sal van julle wegwyk en tot vêr in die Noorde gejaag word! Want NIEMAND sal MY uitdaag en laster nie – want EK IS JAHSHUA, die Nederige – die ALMAGTIGE!

Wees nou VRUGBAAR MY Dogter van SION en VERMEERDER! Vrees nie die vervloekinge van MY Deuteronomium 28 wat om julle sal afspeel nie, want solank julle binne MY LIEFDESLAER bly, sal julle hoor van die gerugte van vrees – maar julle sal in LIEFDE en VROLIKHEID voort LEWE in MY! Vir julle wat met bewende harte bang sal wees en die smarte van die ondergang sal aanskou, sê EK: Kyk nie links of regs nie, maar kyk net op na MY, hef julle hande op na bo in dapperheid en spreek MY SEËN uit in alle rigtings! SEËN altyd en vervloek nooit, want vanuit die LIEFDE as Bron en Beginpunt, kom die Seën en Verlossing!

MY Land Suid-Afrika sal gelouter en gesuiwer word en so ook MY hele Skepping. MY LIEFDE sal as Banier wapper oor ‘n Volk wat MY bo alles verkies het: MY Boere-Gilgaliete! Wees gehoorsaam aan MY Opdragte wat kom en vrees nie dat julle MY sal faal nie, want EK is julle vooruit en MY Weg vir julle is gebaan. VOLG net vir MY en wees LIEF vir julle mede-broers en -susters! Los die verlede en die geskille, want dit maak nie meer saak nie – inteendeel, dit het nooit saakgemaak nie, want EK lewe nie in die verlede nie! EK LEEF vir NOU en die TOEKOMS saam Jou – MY LIEFLING, MY BRUID!

Donker tye breek aan en die hele wêreld is teen jou gerig as vyand en MY teenpool weet wie jy is. Daarom sal hy sy hele weermag en bose magte vergader teen julle en alles geskied in die geheime duisternis. Maar aan julle, MY Boerevolk, aan julle is die Wysheid en Waarheid gegee – aan julle het EK MYSELF gegee, nie om te sink onder in die dieptes van die sondvloed nie, maar om te OORWIN in MY. Bly binne MY Ark wat EK opgerig het deur MY getroue knegte en julle sal sien wat kan Geloof in MY tot stand bring!

Geloof MY kinders, GELOOF: LEWENDE WERKENDE DAPPERE LIEFDEVOLLE, GELOOF IN MY, JULLE SKEPPER VAN HEMELE EN AARDE, SKEPPER VAN PLANETE EN STERRESTELSELS, SKEPPER VAN ALLE ELEMENTE EN GEES!

EK IS WAT EK IS het neergedaal op MY Berg SION op Ons Geloftedag en Ons Gelofte was weereens Bekragtig op Ons Dag – net soos wat SY neergedaal het op MY Berg Sinai om die LIEFDESWET te kom bekragtig deur MY en vanuit MY op Twee Klip Fondasies: LIEFDE TOT MY BO ALLES en LIEFDE TOT JUL NAASTE. Maar die HOEKSTEEN is die Begin van alle Oorwinning! Bly Apart, Bly getrou, Bly Suiwer, Bly strewe na MY Volmaaktheid, Bly werk aan julle siele, Bly fokus op MY en MY LIEFDE.

Vir julle in MY Volk, wat nie volhartig MY wil volg en in die LIEFDE wil kom nie: Die Barmhartigheidstydperk is byna verstreke en dit sal EK sê deur hierdie kneg van MY: EK is tans klaar besig om MY Hand te draai om die Beker te giet! Niemand sal die Uur weet en ken nie! Maar let op die tekens, let op MY Waarskuwings, let op MY Woorde deur MY knegte en vir julle wat MY aanneem en die Wysheid het: Julle sal seker maak dat julle olielampies BRAND vir MY.

Die wêreld is nie julle redding nie en die genietinge vanuit haar is die dood vir julle siele. Drank is julle ondergang en dwelms is julle lot van Sodom. Hoogmoed en trots julle doodsteek; gejaag na rykdom julle armoede. Vir julle wat innig met MY verkeer sal die volgende verstaan: Dit gaan nie oor wat julle verloor wanneer julle hier sterwe nie, dit gaan oor julle mensekinders wat sterwe terwyl julle nog hier lewe – en dan, het julle werklik alles verloor. Heel dikwels neem julle hierdie Woorde van MY te ligtelik op: EK IS die Weg, die Waarheid en die Ewige LEWE! Begryp nou hierdie Woorde van MY en bid tot MY sodat EK julle kan leer en bekragtig met MY LIEFDE.

Wees dapper en vol LIEFDE MY Gilgaliete – MY DOGTER VAN SION!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205