Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 111

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 111 - Woord ontvang op 14/10/19; 09H30

“Nog Woorde en nog baie meer Woorde sal EK vir MY knegte en MY kinders skenk om aan julle MY Liefde te wys en te bevestig. EK IS DIE WOORD, EK IS die LEWENDE WOORD wat by julle sal wees soos EK aan julle beloof het. EK IS alreeds by julle soos EK beloof het as MY Woord en Gees. Nog baie meer sal EK aan julle openbaar en baie meer Verborgenhede sal EK aan julle skenk vanuit MY Liefdesbron. Neem MY Woorde in ag en let op die Erns van MY Stem. EK IS LIEFDE, daarom spreek EK LIEFDE, LEWE en LIG! EK spreek in die Lig en bring tot stand MY Skeppings. Wees geseënd, julle wat smag na MY Laatreëns en MY Nuwe Lewebevattende Dou. MY Woord sal oor julle reën MY Dogter van Sion en MY Hemelsluise sal EK open ter verkwikking en voeding van jul harte en siele. MY kneg, jy het baie tot MY geroep dat EK MY Laatreëns sal stuur oor julle Aarde wat julle aan MY oorgegee het. Vertrou op MY en wees jubelend voor MY Aangesig, want EK IS GETROU! Oor die Aarde sal EK MY Dou laat neerdaal en elke Druppeltjie Reën sal MY Genade en Liefde bevat en getuig. Wees gehoorsaam aan MY Woorde en MY Leiding. Neem MY Woorde ter harte en kom na MY met MY Woorde, EK, EK IS WAT EK IS, EK wat hierdie Woorde spreek, kom na MY met MY Woorde en laat EK dit vir julle LEWEND maak! Kom na MY met opregtheid en Vrolikheid van hart en laat EK vir julle die LEWE van MY WOORD wys. Kom na MY toe en kom vind die LEWE wat LIG en LIEFDE is, wat jul ware VRYHEID IN MY is, vir ewig.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205