Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 129

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Laaste openbaring en waarskuwings voor Paardekraal Geloftedag 16 Desember 2019

8 Desember 2019

In alle nederigheid en ootmoed bring ek hierdie waarskuwing vir ons volk.

Dit bevat min woorde maar spreek boekdele.

 Vrydag-nag toe ek dit ontvang het en wakker geword het, het ek besef hoe weerloos mense gaan wees wanneer dit oor hulle gaan kom. Dit sluit elke een van ons in en die waarskuwing is vir almal, huisgenote, familie, vriende, kerke en plekke van aanbidding van die volk. Die kern van die boodskap is, *wat word vir die volk as die waarheid voorgehou in die evangelie van die Woord en wat doen die volk met die Waarheid wat hul wel ontvang ?*

As die volk valshede geleer word, sal daar bloed aan mense se hande wees en die *nag wat voorlê* sal 'n verskrikking vir hierdie leraars wees, so ook dié wat onverskillig staan teenoor die Waarheid.

Daarom is die boodskap vir almal en gee ek dit af sodat dit sal staan as 'n waarskuwing. Omdat ons nie die nag weet nie, wees gereed en gebruik hierdie tyd wat voorlê as 'n suiweringstyd sodat ons nie besoedel sal word nie ~ sodat wanneer daardie nag aanbreek elkeen reeds op die plek sal wees. Laat hierdie tyd vir ons die skeidingstyd wees. 

*Die 16 de Desember,*

*Die feestyd van die 25 ste Desember*

*Die aanvang van die nuwe jaar.*

Sodat wanneer die donker nag kom, die gehoorsames verseël sal wees.

 

Die droom-gesig op7 Desember 2019

"Ek hoor die woorde wat die *Boodskapper* uitspreek; die *eksamentyd is hier, is julle gereed om die eksamen te skryf, die tyd is hier. Die vraestel is Engels"*

"Maar die Boodskapper laat my stap na die volk om iets te aanskou. Ek sien baie tafels met kos daarop, lang rye en die volk is reeds besig om te eet. Daar is dié wat my 'n vuil bord aanbied ~ ek sien ook 'n skoon bord kom voor my en onderaan is 'n vuil bord. Toe stap ek tussen die tafels deur en skielik sien ek, al die kos is opgeëet, dis net 'n klein bietjie oorskiet wat nog oor is. Ek bekyk hierdie kos, dis waardeloos ~ soos droë stoppels in 'n bak lê dit daar met geen voedingswaarde ~  ook droë bleek wors wat lyk soos varkwors, drie spanspekke en dis onaangeraak. 

Toe merk ek op, die volk het klaar geëet, en sit rustig en gesels asof niks verkeerd is nie en hulle wag. Ek sien ook 'n jongman staan tussen hulle en hy praat maar niemand gee aandag nie."

Die meerderheid van ons volk kry waardelose geestelike voedsel, daarom is hul oë gesluit. Ook wil die meerderheid van die volk nie waardevolle geestelike voedsel eet nie. Daar *is* Geestelike leiers wat die Waarheid verkondig en daar *is ook* leiers wat die leuen verkoop, waardelose voedsel. Ook word ons volk deur hulle geslaan vir eie gewin. Hulle is nie herders nie maar wolwe in skaapsklere en die volk sien dit nie raak nie en dié wat dit wel raaksien se knieë het lam geword. My volk ! raak stil voor Vader en laat toe dat Vader se Gees in jou hart spreek en kom tot die Waarheid.

Maak seker, maak baie seker dat Vader se Gees in jou hart woon.

Bly in Sy Wil en Weë.

Bly weg van afgodery.

Kry jouself en jou geliefdes onder Beskerming van Hom.

Die vraestel is Engels, jou geskiedenis het jou geleer wat dit beteken.

Wees dus wakker.

Eduard

 

*Goeie middag almal. Hiermee die finale weergawe van die instruksies deur verskeie mense ontvang vanaf JAHSHUA i.v.m. die aanloop tot Geloftedag:*

Dag 1 tot 6 vier keer blaas in elke windrigting, begin by Noord (4 x 6 = 24 ouderlinge om die Troon van onse JAHWEH). Dan op die Sewende Dag 7 keer blaas sodat die Sewe Geeste of 7 Goddelike Eienskappe op EEN DAG VERENIG IN ONS; Die aankondiging van die Oorwinning van LIEFDE.

Die Wagte op die Mure van Gilgal in plek. Die Gilgal Steenlegging gekorrigeer. Die Muur verseël. *Anelda: Herinner aan 52 Dae van bou aan Jerusalem se Muur op Herberg in 2008.*

*Anelda: Ook is die lied Wagters op die heil'ge Mure tydens ons dae van Voorbereiding tot die Geloftedag gedurig aangewys in lied keuses in lofsang.*

Die aanloop tot Geloftedag is krities essensieel dat ons ons Aarde in ons wese, liggaam, siel sal suiwer. Die Geelperskereëns voorafgegaan. *Anelda: Verwys na kalender Israel landbou kalender*

Met elke blaas moet die LIEFDE tot JAHSHUA weerklink vanuit suiwer Liefdeslewenswyse en Oorwinning in Naasteliefde. Alle sondige weë wat begaan is moet gesuiwer word, met berou verootmoedig, regstelling van verkeerde dade en versoening. Onwetende sondes ook voor JAHSHUA se Voete gelê. HY skryf in die Sand en Die Gees/Wind/Paardekraal kom waai dit weg. *Anelda: Sand verwys na die stof v.d. aarde/materie /huis op sand.*

*Anelda: Wind verwys na Asem van Elohim/Skeppergees - êrens verwys Job na "Wind/Gees in sy neusgate i.v.m. die Perd (kon dit nog nie vind nie)*

*Ek ontvang van laas Donderdag af in my hart die volgende: "Die Dogter van Sion staar 'n Groot Toets vanuit MY in die gesig."* (Anelda: Van hierdie Waarheid kan ek getuig. Ek staan ook tans voor 'n Toets uit Sy Hand. Mag ons waardig bevind word voor Hom! Maleagi 3:3) Dan die Bekragtiging vanuit die Hoogste Gees, die Duif wat neerdaal ter Doop of Wassing met Sy Liefdesgees. Die oprigting van 'n Liefdesvolk deur die val van die mure van liefdeloosheid, valsheid en verdeling. *Anelda: Skeiding/verbreking*

 

*Dag 1 tot 6:*

Oggend - Seën uitspreek en 4 keer blaas.

Aand - Gelofte lees in hartsliefde en oorgawe aan Die LIEFDE HOMSELF met Erns.

Gedurende 6 Dae van die herskepping *Anelda: Gen 1 gegee deur JaHshua tydens Sewe Dae van Ramshorings in Februarie 2019* van julle harte en die omvorming van ons aardes, die tot Liefdesorde terugbringende heroprigting van die Skepping in onsself, die Dogter van Sion Gemeente, die Huis van Judah en Benjamin en dan die Huis van IsraEL.

*Die Sewende Dag:* Lofgesang en eer aan onse EL VAN LIEFDE! 7 keer Ramshorings blaas met voorafgaande salwing met suiwer Olyfolie/Liefdesgees substans (suiwering, beskerming en Bekragtiging). Die aflê van die Gelofte voor onse Meester en Skepper, tesame met die geestelike realm van onse voorouers wat op afwagting staan in hierdie tyd: "Hoe suiwer is ons nageslag se Goud voor onse Majesteit?"  *Anelda: Sion se goud  -  Maleagi 3:3 en Klaagliedere 4:1-2*

Tog met liefdesoë en vrolikheid van hart gerig op die Weë en Planne van JAHSHUA! *Anelda: (Psalm 97 - veral vanaf vers 8)*

777:

*7*: Sewe Ramshorings of Sewe Geeste as EEN ter aankondiging van Liefdesoorwinning.

*7*: 7 Dae van die herskepping van die skepping in ons siele: Oprigting van die Troon van Liefde, Nuwe Jerusalem, Stad van Gilgal na Bowe. *Anelda: Troon = Gilgal/Ofanim - Veelogiges Hemelse Wesens - vergelyk trone /Hemelse engele hiërargie/Gilgal verbind met Vuurwaens - galgala beteken ook stormwind/tornado en agala beteken wa.*

*7*: *Anelda: Ek ontvang die naam Batsheba/Batseba : Dogter van die Verbond - wat ook SEWE beteken en ook Dogter van die Sabbat én Bet - Shabbat = Huis vd Sabbat*

Sewe keer blaas vanuit onse harte, die Trefkrag van die Liefdesgees van Waarheid wat alle geestelike vyande en valshede/besoedeling wat die skape van JAHSHUA gevange hou in valse liefdeloosheid status/leefwyse en ook dan nog die valse leerstellings van die valse Messiah sonder voete wat valse lig voortbring en valse wonderwerke doen, maar sy doel is die oprigting van die eie-liefde, Stad van Gilgal na Benede, die oprigting van die Dogter van Edom... sal verslaan. *Anelda: (hele Obadja) en ander verse in die Skrif waar die Dogter van Sion spreek van "My vyandin..."*

Hierdie werkswyse van ons JAHSHUA, JAHLIEFDE is volmaak! Die Perd *Anelda: (Hooglied 1:9 & ander Skriftekse reeds gelys)*  wat die Wiel trek, die Groot Trek, die EXODUS vanuit moderne Egipte. *Anelda: Kyk ook na die digbundel Republiek van 1000 jaar.*

*Anelda: Vergelyk Hooglied 1:9 en ook ZekarJaH 10:3 &  Openbaring 6:2-8* Perd, vier bene en pote met trekkrag: Die Vier Lewende Wesens! Die Wiel *Anelda: (Troon/ook Hemelse wesens, Ofanim (Veelogiges)* met Twaalf Speke, Twaalf Stamme van IsraEL en ook, 12 Gebooie(10 Gebooie van Moses en 2 Gebooie van Wees lief vir VADER en jou naaste IN DAAD! en aan hierdie Hoogste Gebod hang die hele Wet en die profete.)

 

'n Saad van Geregtigheid word gegrondves!

*Anelda: Verwys na Is daar nog saad in die skuur?*

Haggai 2:19 - Is daar nog saad in die skuur? Ja, selfs die Wingerdstok en die Vyeboom en die granaatboom en die Olyfboom het niks opgelewer nie. Van hierdie dag af sal Ek seën. *Lees voorafgaande, dit is baie belangrik!*

Die Vrou in Blou geklee op die Perd, Die Dogter van Sion! Die Berg van SY Apartgestelde LIEFDE, SION!

Mag ons gereinig, alle Liefdesinstruksies uitvoer met harte wat glinster van Liefdesverlossing in SY Bloed, die nederige KRAGTIGE Bloed van die Lam!

"Wees genees in die Aarde deur MY Bloed gekoop!"

Groete en liefde.

 

Daniel Grobbelaar en Anelda van Wyk.


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205