Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 30 ontvang op 19 September 2018

“Kneg van MY Liefde, skrywe soos MY Hemele-Klank deur die Aarde van jou siel weerklink deur al Sewe van MY Boodskappers! EK, JaHshua reik MY Hand uit na julle en MY kleed van Krag is altyd beskikbaar vir julle MY kinders. EK, die ALMAGTIGE, wandel in nederigheid, en al is dit hoe moeilik vir julle om hierdie Woorde van MY te glo: EK IS die NEDERIGHEID SELF!

Nederigheid kom vanuit die LIEFDE, MY onmeetbare OERGRONDPOOL van MY WESE. Daarom het EK op ‘n esel na MY Stad Jerusalem gekom en julle wat dink dat EK gaan in die Storms en Donderslag kom, julle moet weet dat dit weereens die verkeerde orde is in julle verstand. EK kom in die sagte, nederige, genesende briesie op ‘n warm somersdag! EK IS die sagte Dou in die vroegmôre. EK IS WATER, die EWIGE LEWENDE WATER. Julle vra hoe kan EK water wees? Gaan kyk bietjie na die lewende bron vanuit MY Aarde wat julle liggame voed: water! Gaan kyk bietjie wat doen water. Is water nie die beste voorbeeld van nederige, dienende werke nie? Gaan kyk!

Water volg altyd die nederigste paaie en tog in julle hande is water so getrou onder julle wil. Julle kan water in julle hande hou, en die water wag om julle te dien. Water bring lewe en genesing vir ‘n dorstige siel en liggaam. Tog is water ook ‘n groot krag omdat water berge en klowe kan vorm! Water kan deur rotse sny en klippe verfyn! Daarom staan daar geskrywe: ‘MY Volk gaan ten gronde weens gebrek aan Kennis!’. Wat is Kennis? Is dit nie MY Lewende Water wat julle moet voed nie? MY Lewende Water kom vanuit MY Fontein van LIEFDE EN LEWE! MY Duif het dit vir julle kom wys weereens in hierdie tyd in MY Stad van Dawid!

Die Storms wat aan die koms is op die horison is storms van MY Oordeel wat hulle wat MY LIEFDE verwerp het, oor hulleself gebring het. Die vervloekinge van MY Deuteronomium 28! Daarom MY roep aan elkeen om binne MY LIGWIEL te kom en hulle harte te kom reinig en alles vir MY te kom gee soos Abraham alles vir MY gegee het!

Vanuit hierdie Fontein van LEWE kom Verlossing en Genesing vir julle siele. Dit IS EK wat daar by MY Fontein is en met die kindertjies werk en EK speel saam met MY kindertjies omdat EK ook kind was en weet dat nederigheid is die sleutel. Daarom moet julle al julle swakhede voor MY Voete kom lê en met nederigheid en opregtheid na MY kom. Julle moet altyd julleself in elke situasie vra: ‘Wat sou JaHshua gedoen het? JaHshua wys my.’

 

Deur MY Gees in jou hart sal EK kom en deur MY Rigtingwyser sal EK julle lei en jul voete rig. Maar weereens moet julle gehoorsaam wees in Liefde bo Alle Liefde en terselfdertyd bereidwillig wees om op MY te Vertrou, TEN VOLLE! Wees vrolik MY kinders, omdat EK die Oorwinning sal bring! Voed julleself met MY Water en Brood; kom kry vir julle Melk en Heuning! Kom drink MY Hemelse Wyn! MY Bruilof is op hande en EK roep nog MY maagde! Kom met julle olielampe! Die wêreld het baie van julle al te lank in haar kloue gehad en die beker wat MY teenpool julle aangebied het; daarvan het julle dronk geword sodat julle nie kan sien nie!

Julle moet waaksaam wees MY kinders! EK sê dit omdat MY teenpool ook olie aanbied vir julle lampe! Maar hierdie olie is gemengde olie; gemeng met rioolwater wat vanuit haar fontein van besoedeling vloei! Wanneer julle na MY kom in nederigheid en opregtheid; en wanneer julle kom kniel voor MY, julle VADER, dan sal EK MY OLIE van VOLMAAKTHEID EN LEWE vir julle gee en al die valse olie sal vanuit julle siele uitgeskei word. MY LEWE sal in julle manifesteer en julle sal vry word van die verslawing van die wêreld! Daarom, julle harte moet vir MY gegee kom word sodat julle, MY kinders, genees kan word in GEES en WAARHEID! EK IS LIEF vir julle!

MY kneg, skrywe neer wat alreeds geskrywe is deur die Pen in die Hand van MY Gees en dit sal jy vind in die Boek van MY kneg Mattheus:

Mattheus 21:5: ‘Sê vir die Dogter van Sion: Kyk, Jou Koning kom na Jou; regverdig en 'n oorwinnaar is Hy, nederig en Hy ry op 'n esel - op 'n jong esel, die vul van 'n eselin.’

Skrywe tot hier MY kneg, maar weet EK beplan groot Verlossing en Genesing vir MY Boerevolk wat hulle verseël in MY LIEFDE.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205