Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 42 ontvang op 02/11/18

"Wees gerus MY kneg, dit is EK, EK IS WAT EK IS!"

My MEESTER Majesteit JAHSHUA JAHSHUA!!!

"Ja MY kind, EK IS! EK bring Lewe en Verlossing vir jou! EK bring Lewe en Verlossing vir MY Volk! EK Bekragtig jou en elkeen van MY ander knegte soos EK hier spreek! EK IS WAT EK IS! GLO dit en omhels MY Getroue Woord met jou hele wese en word nou een met MY. MY kneg, die voortdurende moegheid wat jy ervaar is deur MY as beeld om vir jou te wys dat die Aarde moeg is. Sy is moeg. Die voortdurende trane wat oor jou aangesig loop en soos 'n fontein wil oopbars, dit is MY beeld vir die Barmhartigheid en Verterende Liefde vir MY eiendom: My lieflingskinders! EK IS JAHSHUA en EK IS, Ewig Lewend omdat EK die LEWE Self is. EK is die Liefdevolle VADER wat vrolik is en wat Lieflik uitsien na die Tyd van die tye! Hoe WONDERLIK bo alle bewonderinge dit ook al mag wees en hoe MY WOORD EN MY OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE MY soveel VREUGDE verskaf, MY kind, verstaan dat EK, hoe ALMAGTIG en ENIG EK IS, EK, net soos EK julle geskape het, het EK ook 'n HART. Daarmee wil EK sê dat tussen al MY Vreugde van Volmaaktheid, trek MY HART swaar vir MY kinders wat verlore gaan en MY kinders wat MY verwerp. MY HART, so ALMAGTIG as wat EK IS... MY HART... ween...

Voel MY. MY kind, aan jou gee EK MY gevoel, maar net vir 'n kort oomblik omdat dit jou sal verteer en jy sal sterwe. EK ALLEEN kan ALLES dra en ALLES voel. EK IS julle liewe VADER, en julle moet verstaan dat die Tyd aanbreek van die Profete en Profesieë vanuit MY VADERHART!

Wees rustig MY kind, EK verseël jou hart met MY LIEFDE. EK plant in jou hart, Vrolikheid van Hart!

Sê aan MY Boerevolk dat EK hulle streng vermaan met volle ERNS om te oordink wat om hulle aangaan. Sê aan hulle dat hulle vir 'n oomblik ALLE gedagtes en bedrywighede moet staak, om met ERNS te oordink... EK wil hê dat julle oë en ore geopen moet word sodat julle die slinkse wapens van MY teenpool en hul volgelinge kan SIEN! MY Wysheid en Waarheid sal dit aan julle openbaar en Sy sal julle in die volle Waarheid lei. EK spreek nou in ERNS dat julle jul luiheid moet staak en die dwelms van die wêreld moet los! NIKS is onmoontlik by MY nie, as julle net MY Krag wil aanneem deur om MY julle ALLES en julle EERSTE te maak met volle GELOOF in MY.

Jakob, jou broer Esau is teen jou en hy loop rond en loer op jou weë. Hy is slinks en wil jou uitmoor nes Kain met Abel gemaak het! Kain het die slang gehoorsaam en teen MY rebelleer en die bloed van MY regverdige moes deur MY Aarde gedrink word. Net so gebeur dit tans! Die siele van MY regverdiges roep en pleit tot MY en vra MY wanneer EK wraak sal neem oor die ongeregtigheid wat oor die Aarde heers!

Jakob! Jakob! Berei voor vir MY Ewige Belofte!

Gilgal! MY kneg, spreek saam met MY, soos een! GILGAL!

MY Oogappel! MY Hoeksteen-Volk! EK sê dat dit is oor julle wat die hele wêreld sal struikel en val soos Kain oor die klip geval het! Edom het die LIG van MY Klipwiel waargeneem, maar die LIG kan hulle nie verdra nie omdat hulle euwel-besmette bloed dra, gemengde DNA! Hulle sweer beloftes af aan hulle meester en gehoorsaam hom deur alles in hulle vermoë te doen om die LIG te verniel tesame met julle wat met MY LIG verseël is. Hulle ontvang krag en kennis van benede deur middel van die gebruik van tegnologie om julle te probeer uitlok na die valse lig van duisternis! Tesame daarmee gebruik satan sy besoedelde gedrogte en geeste om julle vlees en sy begeertes aan te wakker om sodoende julle siele tot 'n val na benede te bring! Op elke vlak staan Edom tee julle!

EK, die ALMAGTIGE, die OORWINNAAR van die dood! EK sê nou aan julle dat julle moet ontwaak! Ontwaak in MY! Op ELKE vlak en deur ELKE sintuig, ontwaak! Die LIEFDE ontbrand en die Oordeel is oor hulle wat MY en MY Eiendom vervolg en vervloek!

Dogter van Sion! Neem die Wapen op van MY LIEFDESWAARHEID en met ywerige vinnige voet en hand, bestry en veg teen alle besoedeling! Maar EK gee aan julle MY geheim: As julle MY julle ALLES en EERSTE maak, dan is die geveg geen geveg nie, omdat EK dit dan klaar vir julle oorwin het! DIT is MY Krag en nog meer, oneindig meer! Volhard en neem toe in julle strewe om op elke vlak MY LIEFDE te doen deur om altyd MY EERSTE te raadpleeg in julle harte en dan MY Opdrag gehoorsaam uit te voer. EK moet julle kan vertrou, omdat EK sê dat, as EK julle nie met min kan vertrou nie, waarom sal EK vir julle dan baie kan gee?

Aan al MY kinders, manne en vroue, jongmense, berei julle nou voor in hierdie tyd om julle siele ryp te maak met DADE van LIEFDE en toenemende opneem van MY Brood en Wyn.

MY Aarde is moeg en is omhul in geboortepyne! Sy wil verlos word! Julle moet MY Banier dra: LIEFDE!

Hierdie sê EK weer: Geseënd is die Aarde deur MY Bloed gekoop!

MY kneg, maak gereed om MY ander aan jou te plaas, want aan MY moet jy gehoorsaam wees omdat EK MEESTER IS oor alles en elke knie sal voor MY buig!"

Majesteit Meester JAHSHUA!! U is my ALLES!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205