Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 64

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 64 ontvang op 28/12/18

"MY kneg, soos MY ander kneg vir jou ook gesê het vanuit die Liefde, jy moet in Vrolikheid die lewe tegemoetgaan en elke beproewing opneem as 'n geleentheid tot verbetering en versterking van jou siel in Volmaaktheid.

Liefde is die Dryfveer.

LIEFDE is die begin en die Bron en alles keer weer terug tot LIEFDE omdat dit die enigste Weg tot Volmaaktheid in MY is. In elke situasie moet julle eerstens julleself afvra: "Gaan ek hierdie situasie vanuit die LIEFDE hanteer of vanuit my eie ego en dwaasheid?" Julle moet in Wysheid deur die lewe wandel en daar kom baie beproewinge en geleenthede oor julle paaie waarin julle baie kere faal. Dit is toetse wat EK opstel om te sien hoe gaan julle daaruit kom - Gaan julle oorwin in LIEFDE en Barmhartigheid of gaan julle faal en val in eieliefde en negatiwiteit.

Julle moet mekaar in LIEFDE dra met die Krag wat EK aan julle elke dag gee, as julle dit wil. EK kan julle nie dwing nie en kan nie julle vrye wil teengaan nie. Maar op elke geleentheid en voor elke keuse of reaksie vanuit julle, is MY Gees daar deur die Innerlike Stem in julle harte. Sy praat met julle in jul harte; vanuit Wysheid en in Waarheid spreek Sy tot julle om julle op MY Weg te hou sodat julle in MY Spore van LIG en LIEFDE kan trap in elke geleentheid.

Wanneer julle hierdie Innerlike Stem hoor, dan moet julle gehoorsaam wees en die Instruksies vanuit MY met Geloof nakom, want EK JAHSHUA is ALWYS en weet wat goed of kwaad is vir julle siele.

Dit sê EK: Wanneer die LIEFDE benadeel of verstoot word, dan handel julle in die weë van MY teenstander. Hy is die een wat julle aanhoudend aankla en wil julle bergklim na Bo verhoed en belemmer. Maar wanneer hy kom en dit doen, moet julle nie slaap nie! Julle moet ten alle tye met MY Wapenrusting en Krag gereed staan om alle leuens en aanvalle te beveg met MY Staf van LIEFDE. Voor julle sien sal die geveg verby wees, maar alles hang af van julle wil.

MY Gilgalboere, die aanvalle het vererger en MY teenstander is besig om julle aan te val op julle swakste plekke en op vlakke van julle lewens waar julle dit nie met Wysheid bewaak nie. Julle moet paraat wees en altyd binne MY Gilgal Liefdeslaer bly deur die LIEFDE te dink, spreek en doen op alle vlakke en in elke situasie. Doen dit met Vrolikheid, al is julle laste hoe swaar. Wees bereid en dapper om te verdra en wees 'n voorbeeld van LIEFDE vanuit MY. Trek altyd julle broers en susters na MY en bring alle eer aan MY, want alles wat julle besit en het is deur MY Barmhartigheid aan julle geleen en geskenk.

Julle kan nie op julleself roem en eer nie, omdat julle krag nietig is sonder MY LIG. Bewaak julle harte meer as enigiets, want daaruit ontstaan die LEWE vanuit MY. Bewaar en hou MY tempel skoon van wêreldse drek en afgode.

MY kinders, julle moet altyd selfondersoek doen en biddend saam MY kan Ons saam in harmonie alle probleme of swakpunte oorkom en oorwin, want julle is as oorwinnaars geskape en met MY aan julle sy sal julle floreer en uitrys bo die kraai se gekerm, geskreeu en geraas.

Julle moet omhoog styg en julle siele moet elke dag tot hoër hoogtes van LIG en Volmaaktheid reik. Nader tot MY, die EWIGE LIG en EK nader tot julle.

Moenie val oor die Rots nie en verraai nie die Waarheid wat vanuit die LIEFDE gekom het nie.

EK IS WAT EK IS."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205