Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 60

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 60 ontvang op 17/12/18

"Skrywe vir MY in hierdie oggend voor die aanbreek van die nuwe dag. Want dit sê EK, EK IS WAT EK IS: julle moet nie sluimer of slaap in hierdie tyd nie, maar aan hulle wat MY Gebod in LIEFDE BO ALLE LIEFDE onderhou, aan hulle gee EK MY Rus.

MY Geloftevolk, Boerevolk. Op Ons Geloftedag was julle gehoorsaam aan MY Wil om Ons Gelofte in herinnering te bring en as 'n dankdag deur te bring in samesyn tot MY die Skepper van Hemele en Aarde. Toe julle voor MY in julle harte in eerbied gekniel het, en Ons Gelofte geëer het, het EK tussen julle gestap en julle Bekragtig met MY Gees van Vreugde en Vrolikheid. Ja MY Geloftevolk, EK, JAHSHUA was daar by julle en die Huis wat julle vir MY opgerig het, het MY behaag! Vanaf Ons Geloftedag, vorentoe op elke dag, moet julle hierdie Geloftedag onthou omdat EK vir julle sê dat EK daar met julle was. EK het julle harte en niere bespeur en julle opregtheid geweeg.

MY Lieflingsvolk, die tyd het aangebreek dat julle van nou af tot in Ewigheid, VROLIK en VREUGDEVOL tot verheerliking van MY LIEFDE sal wees. MY Wil vir julle is om nou te vergewe en te vergeet! En om nie meer verder tyd te mors in ongeloof, gefokus op aardse nood en onsekerhede nie. MY Vaderhartsbegeerte is dat julle julle broers en susters sal seën met opregtheid en Waarheid, en dat julle sal aanhou om MY Brood en Wyn te deel. Die tyd van wederstrewigheid en liefdeloosheid is verby tussen julle, dit Wil EK hê! Want EK het julle aangeraak en geseën. En 'n Nuwe Verborgenheid en 'n Nuwe Skat sal EK aan julle openbaar komende vanuit MY Barmhartigheid. Julle moet volhard om MY Huis oprigting te onderhou deur die Toring van Migdol te Bekragtig in MY NAAM deur julle volksgenote, MY kinders, te bestraal met LIEFDE en nogmaals, LIEFDE!

Wees dapper MY kinders, wees Bekragtig met MY Krag en Barmhartigheid. Wees geseënd, MY edele volk, want julle behoort aan MY. EK IS WAT EK IS, en elke sieledeel sal weet dat EK IS WAT EK IS! Wees nou getrou aan MY Insettinge van LIEFDE en dra Haar uit na MY ander kinders, MY ander skapies wat nog verlore is.

Nederigheid en Wysheid is julle Rigtingwyser van Waarheid en MY Staf van LIEFDE en Barmhartigheid is julle Wapens. Bo alles sê EK aan julle MY Dogter van Sion: Wees kalm deur totale oorgawe in Geloof en wees dapper vir MY, want MY teenpool is lustig in sy misleiding. Maar julle moet altyd onthou waar die Toring van Migdol opgerig is en volg MY Rigtingwyser van Waarheid want Sy is 'n Duif van Sagmoedigheid en Krag. Rig julle ore op Haar, omdat Sy vanuit MY is en Een met MY IS, MY Anker en Barmhartigheid, en Trooster aan julle MY Geloftevolk! EK IS Jaloers op jou, MY Bruid, Jy is die punt van MY Hart! Volhard om nie te buig voor enige vorm van besoedeling nie, want geen besoedeling is vanuit MY nie, maar van benede waar die lustige heers. Maar die kop sal vermorsel word in die komende tweede Bloedrivier Gilgal LIEFDESLAER-HUIS, want weet dat EK JAHSHUA IS JULLE VERLOSSER EN BRUIDEGOM. Aan MY sal al die eer toekom en MY Woord is Ewig en Onveranderlik! Hoor die Stem van Liefde vanuit julle Hemelse VADER se Hart. Raak stil en wag op MY. Doen MY Woord in Geloof, en word MY Lewende Woord deur Daad!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205