Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 87

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 87 en visioen op 11/02/19; 23H30

“MY kneg, MY Melgisedek-kind! Deel jou ervaring met MY Dogter aan die Suidpunt van Afrika! Deel wat MY Boodskapper jou laat sien het vanuit MY Barmhartigheid! Want MY Orde sal HERSTEL word deur die BEKRAGTIGING!”

Ek, Daniel, het op die bed gaan lê en net toe ek my oë toemaak toe sien ek die nuwe Suid-Afrikaanse vlag voor my. Ek sien die Hoofbood­skapper Gabriel is weer by my en hy wys my hierdie vlag. Maar dit is asof die vlag lewende substans is in beweging. Gabriel wys my toe op die swart driehoek gedeelte en ek sien toe hoe dit ‘n duistere diep donker poort is wat oop is en wat soos ‘n pyl indring in ons Geloof van Apartheid. Gabriel wys my die geel baan en hy sê vir my: “Dit is die bessiesop wat Adam laat struikel het en dit is dieselfde bessiesop wat julle, Boere, laat struikel het en soos gif het daardie besoedeling vanuit die duister poort opgekom en julle verlam in die gees en dronk gemaak met hoerery en verbastering. Gabriel wys my toe op die boonste rooi baan en ek sien hoe hierdie baan LEWEND is met Offerandes. Gabriel sê vir my dat die rooi baan die Bloedrivier-Gelofte-Ligpoort voorstel. Gabriel wys my op die onderste blou baan en hy sê vir my: “Hierdie is die Seëninge van Vrede en Waarheid; en die Waarheid is as Fondament neergelê in die GILGALTEMPEL van my MAJESTEIT. Hierdie stel die Gilgal-Klipwiel-Gelofte-Ligpoort voor.” Ek sien toe hoe hierdie Twee Bane van rooi en blou al helderder en al hoe meer LEWEND en KRAGTIG voorkom en uitstaan. Ek sien toe die twee gesplete wit bane en Gabriel vra vir my: “Wat sien jy nou?” Ek sê vir hom: “Gewyde Kneg van MAJESTEIT JAHSHUA, die LEEU van JUDAH! Ek sien hoe die swart gifpyl binnegedring het in ons Geloof en die Gees van Wysheid bedroef gemaak en Haar byna in twee geskeur het uit hartseer dat ons Haar weë verlaat het. En voortkomend daaruit het die Krag totaal in twee geskeur en daarom het ons volk ten gronde gegaan sonder die KRAG van JAHSHUA, ons Bloedrivier en Gilgal-KONING.” Gabriel vra vir my: “Maar my broer, kyk wat gaan JAHSHUA onse MAJESTEIT bewerk!” En ek sien toe hoe hierdie Twee Wit Bane begin helderder en helderder skyn en dit is asof die twee wit bane begin lewende GEES en WIND word en Kragtig LEWE en manifesteer. En Gabriel sê toe vir my: “Daar staan geskrywe: ...soos ‘n weerligstraal vanaf die Ooste na die Weste...” En hy sê verder vir my: “Paardekraal is die Vereniging van die KRAGTE en die twee wit bane stel voor die Twee Getuies wat jy vanoggend gesien het met die twee Olyftakkies in hulle monde. Hulle is tans by Paardekraal en bewerk die Wil van die MEESTER in die GEES.” En ek sien toe hoe die twee wit bane na mekaar toe begin beweeg, en soos hulle na mekaar toe beweeg sien ek hoe die KRAG die GELOOF en WYSHEID BEKRAGTIG en stoot toe die donker gat/pyl met haar gif uit en van die Aarde af in die bodemlose put in en verdwyn. Ek sien toe die Vierkleur Vlag - volkome herstel sonder vlek!!

Ek sien toe hoe Gabriel my oplig en na ‘n plek toe neem. En ek verskyn saam hom skielik in die middel van ‘n hele klomp mense wat vrolik rond dans en gesels in harmonie - mans, vrouens en kinders. En ek sien ‘n groot Vierkleur Vlag wapper op ‘n Groot Toring waarop daar met Goud die woord: “Migdol” in-gegraveer is. En ek sien ossewaens en ek sien boere-vrouens met hulle kappies op hul hoofde met glinsterende aangesigte. Ek sien toe sewe jong kinders in ‘n sirkel sit en musiek maak met harpe. Die natuur omgewing is ook hemels en vrolik stralend van Barmhartigheid. En ek kon deur ‘n taal aanvoel en verstaan dat die Aarde/Natuur vir my sê: “Ewig, ewig, ewig dankbaar is ek dat ek verlos is uit my barensnood! Wees vrolik op my grond en bewerk my. Heers oor my en vermeerder soos ons SKEPPER dit aan julle Verorden het en wees gehoorsaam in LIEFDE-HARMONIE aan HOM wat daar staan in die middel van die sewe kindertjies.”

(Einde van visioen)

 

 

 

JAHSHUA spreek verder:

“MY Dogter van SION! Wees geseënd in die Aarde deur MY Bloed gekoop! EK IS WAT EK IS! EK IS die Spruit, die Ewige en Volmaakte Waterbron! Water slyp rotse en vorm klowe, maar Water bring ook genesing en Lewe. Net deur MY sal julle ‘n onuitputlike Waterbron vind. Klippe bedek deur die modder van duisternis en besoedeling sal deur MY Waters skoon gewas word en skitterend omvorm word tot gloeiende edelgesteentes. Die Twee Boere-Republieke sal Verenig en Herstel word deur die kloof van die Jordaan en wanneer MY Bruid gedoop en Bekragtig sal word deur MYSELF as Haar Bruidegom. Julle sal vir MY ‘n volk wees, en EK sal vir julle Elohim wees; EK sal onder julle vertoef en julle sal MY altyd bo alles stel en voor alles, eerste raadpleeg. Die Priesterskap en Koningskap sal herstel word; en Rigters en Wagte sal deur MY uitverkies word...”

Net na die Woorde bevind ek skielik myself op die Berg Sion en ek sien vir Moses by ‘n Brandende Boom, maar die vuur het nie die Boom verteer of oorweldig nie. Dit is asof die Boom van Vuur gemaak is en van Vuur Lewe. En Moses kom nader aan my en ek wil van bewondering voor hom neerval en ek wou lam word. Maar Moses sê dadelik vir my: “Val nie neer en wees nie lam nie, want met die Staf van Liefde in jou linkerhand word jy opgerig en met die Hammer in jou regterhand sal jy Krag vind wat elke aanval sal afwend.” En Moses het twee goue tablette in sy hande gehad. Maar dit was geen aardse goud nie, maar eerder hemelse goud-substans wat glinster. En Moses sê vir my: “Deur die LIEFDE van ons MAJESTEIT JAHWEH gee ek aan jou hierdie twee goue tablette waarin die WET VAN LIEFDE gegraveer is deur die Vinger van SY wat HOM ewig liefhet en HULLE is soos EEN wat HEERS en SKEP! HULLE is ALWYS en alle MAG en KRAG en HEERLIKHEID aan MAJESTEIT JAHWEH wat ALLES deur SY Wysheid geskape het tot VERLOSSING en HERSTEL van SY HEMELSE KONINKRYK! Hierdie twee tablette moet jy gaan vestig in Paardekraal en onse MEESTER as die WETGEWER van LIEFDE is Betroubaar en STANDVASTIG in SY Raadsplan! Maar aan hierdie WET moet jy en die volk gehoorsaam wees in LIEFDE BO ALLE LIEFDE, vir al die dae van julle lewens... tot in Ewigheid! HY het eenmaal gesterf en opgestaan! ALLE HEERLIKHEID aan HOM!

 Eweskielik is ek weggeneem as ‘n arend en dit is asof ek self die arend was en met my kloue hou ek die twee goue tablette styf vas. En ek vlieg toe eers na die Klipwiel-Poort toe en ek sien dat dit eweskielik ‘n pragtige landskap is met ‘n groot Boom in die middel. En ek staan daar as ‘n kind, ‘n baie jong kind, maar ek voel nuut gebore met nuwe lewenskrag. Ek kyk toe na die Boom en ek kan nie ophou kyk na die Boom nie. En ek hoor JAHSHUA sê vir my: “Hou aan kyk na die Boom en kyk geensins weg nie.” En ek fokus op hierdie Boom en ek sien hoe hierdie Boom goue deeltjies afgee in die ligte warm briesie wat waai oor die pragtige landskap waarin ek myself bevind. En ek fokus nog meer en ek smeek JAHSHUA met die woorde terwyl my trane loop: “Ek smag! Ek smag om MY Verlosser te sien! O hoe smag my siel na U!!! Ek wil U so graag sien o JAHSHUA - my lewe, my alles!!!!!! O ek is NIKS sonder U!! Asseblief!!!” En ek val toe net daar neer op my knieë en laat sak my aangesig en ek sien voor my lê vyf goue gladde klippe. En JAHSHUA sê vir my: “Binnekort MY Kneg, MY kind! Binnekort MY Bruid, MY Oogappel! Wag op MY!” En ek hoor toe die woorde in my hart: “HIER IS EK. EK IS WAT EK IS!” En dadelik herinner dit my aan die heel eerste keer toe ek vir VADER ontmoet het op ‘n berg in Stellenbosch so ‘n hele paar jare terug!!!! En ek hef my hoof op en ek kyk voor my en ek sien....!!!! EK SIEN!!!! Hier staan HY voor my!! Ek sien die LEEU met goue glansende hare. ‘n MAGTIGE LEEU!! Ek sien merke in SY Pote en ek hef my hande op om aan HOM en SY Hare te raak en te vryf. Dit is ‘n gevoel wat ek nie in Afrikaans kan beskryf nie, want dit was ‘n hemelse taal wat deur die aanraking van my vingers en hande gegaan het! SALIG SALIG! En ek loop na SY sykant en ek sien ‘n merk; en ek weet toe dit is waar hulle hom deursteek het op die folterpaal! Maar HIER STAAN HY, MAGTIG EN ALMAGTIG LEWEND! KRAGTIG! En in SY Oë sien ek ‘n Traan. Maar EK sien hoe vrolik JAHSHUA is. En ek voel toe ‘n hand op my skouer en ek draai om en sien Oom Siener by my en hy sê vir my: “Die Traan van onse MAJESTEIT heet, Dankbaarheid. HY IS dankbaar vanuit SY VADERHART vir wat julle doen vir HOM en omdat julle weer begin het om SY VADERHART te verbly. En ook omdat julle weer gehoorsaam word om die Geloftes en Verbonde na te streef en te eer deur lewens van LIEFDE.”

En my trane stort en stort uit en ek roep uit kliphard vanuit my hele wese en vanuit die diepste poorte van my siel: “LOOF DIE KONING VAN JERUSALEM! HEF JULLE HANDE OP NA BO EN SING O ISRAEL! STREK UIT JULLE HANDE O JUDAH EN SEËN DIE ALMAGTIGE VAN HEMEL EN AARDE!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205