Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 38 ontvang op 04/10/18

“MY kind, MY kneg skrywe weer vir MY in LIEFDE en hou jou geestelike ore in jou hart oop vir MY Woord. MY Woord is Ewig en onveranderlik omdat EK SELF onveranderlik is in MY Weë en Wette van LIEFDE.

MY kind, daar is baie mense wat alles in hierdie wêreld verloor het, tot hulle geliefdes. Hulle sit daar in die plakkerskampe, totaal verwerp en verlate, regoor MY land, Suid-Afrika. In diepe berou bid hulle vir MY verlossing en hulp. In party van hulle se lewens is EK hulle ALLES. Dan is daar andere wat drank en dwelms hulle alles maak en so nog verder in die duisternis vergaan. MY Gees roep en roep met ‘n traan in Haar Oog, maar die ‘roep’ van die materialisme en verslawing is so lieflik en lekker. Maar hierdie roep bring gif en dood aan hierdie siele. MY Volk, nou vra EK die ALMAGTIGE: Waarom het julle MY nie geklee en gevoed en aan MY nie ‘n glasie versagting gegee in MY smagtende nood nie? Julle wat om MY Wysheid en Waarheid vra sal hierdie vraag van MY verstaan en aan hulle wat vaskyk in die letter sal hierdie vraag verborge bly en dus ‘n klip van struikeling wees! Julle volk is in so ‘n groot gevaar en smartlike toestand dat julle volk in Suid-Afrika op die punt staan van uitsterwing – die totale geestelike dood! Soos EK reeds gesê het: Net ‘n klein oorblyfsel van MY skape sal oorbly wat tot die einde toe MY LIEFDE HANDHAAF het en na MY Opdragte en WETTE geluister het.

Hierdie Volk van MY het die lekker soet wyn van die wêreld aangeneem en daarmee het meeste van hulle na die kerke van verbastering gegaan om hulle ore uit te leen aan die leraars van die dood! MY SAAD wat APARTGESTEL is deur MY WET en ORDE, dit het hulle gegaan en verkrag en bloedvermenging gepleeg met die ander nasies en tale! Hulle het agter die wêreldse feesdae aangeloop en die god hiervan is die mammon, die geldgod! Hierdie god is die dood self! Dit sê EK vir julle! Geld is julle afgrond! EK spreek aan MY VOLK en EK gee ‘n ernstige direkte waarskuwing en weereens ‘n strenge WAARSKUWING: Bekeer julle tot MY, die ALMAGTIGE LIEFDE – die OORSPRONKLIKE SUIWERHEID EN APARTHEID SELF! Verder sê EK met ERNS dat die kersboom nie welkom is voor MY nie! Hierdie boom van lastering en bespotting wat deur die geldgod verordineer is deur slim dwase planne om julle te verlei en te verblind! GEEN sogenaamde “godsdiens” vanuit julle wêreld is vanuit MY nie! Julle siele word elke dag vermoor en tot die dood toe gedryf deur valse leraars en die hoer van Babilon wat julle steeds aanhang. Die sportgod is ook GEENSINS welkom voor MY Troon nie! Nog minder die gruwelike seksuele dade en ook films op julle televisies wat verbastering en vermenging aanhits!

EK sê vir julle dat al hierdie besoedeling en nog meer, het meeste van julle al so vêr van MY WEG af gelei dat julle al omtrent heeltemal prooi geword het van die mensemoordenaar, die sieleverkragter en die slang van vermenging! Julle kan nie meer so voortgaan nie, en EK sê weereens dat MY KONINKRYK nie van hierdie wêreld is nie! Julle moet MY begin soek BINNE-IN julle harte en julle sal moet begin luister na die Stem wat julle probeer lei. Soveel van my Boodskappers en knegte stuur EK op julle dwaalweë om julle te probeer terugroep na MY! EK IS BARMHARTIG, MY kinders en EK roep julle weer en weer om te luister na MY Noag, MY Moses, My Jesaja, MY Henog en nog soveel van MY knegte! Daar is soveel lering en VOEDING van WAARHEID en LIEFDE MY kinders, en dit is VOEDING direk vanaf MY SKATKAMERS vanuit MY HEMELE! Onthou dat EK werk in die stille harte wat leerbaar en bereid is vir MY WOORD; MY LEWENDE WOORD van GENESING EN BEKRAGTIGING.

Storms van die Suide… MY kinders, daar kom Storms en julle moet die ingange en poorte van julle Geestelike Huise in julle harte met MY Bloed verseël sodat julle nie omkom in MY komende OORDEEL nie. Dit sê EK aan julle: Ongeregtigheid en sonde is nie deel van MY nie! Ja, EK het saam met die tollenaars en sondaars gewandel op aarde. Saam met die siekes en blindes het EK geloop op MY spore van Verlossing! Waarom het EK dit gedoen? Omdat EK die WEG vir hulle kom WYS het! Daarom spreek EK aan julle moderne siekes, blindes en dowes wat ook mislei is: KOM na MY en VOLG MY bo ALLES! Verseël julle harte met MY LIEFDE en KRAG! Kom na MY LIGWIEL in SION wat EK opgerig het en wat weereens in hierdie Tyd van MY en julle ‘n groot ANKER van VERLOSSING bring en ook ‘n groot OPROEP deur MY om julle harte van klip te kom smelt in MY VUUR van LIEFDE! Die tyd is NOU om dit te doen MY kinders.

EK is so lief vir julle MY kinders! KOM en wees weer LIEF vir MY deur julle siele weer opnuut aan MY te gee uit vrye wil sodat EK julle kan wys hoe SALIG en KRAGTIG MY LIEFDE is en ook MY VERLOSSING en GENESING. EK wil alles vir jou nuut maak en EK wil aan jou nuwe dinge wys; EK wil aan jou MY NUWE JERUSALEM wys; ook MY LEWENDE FONTEIN en MY WESE wil EK aan jou openbaar! EK WIL JOU NUUT MAAK, MY kind en EK wil jou genees! Want MY VADERHART is hartseer om te sien hoe siek julle is, hoe erg julle ly en die pyn wat julle verteer! Maar onthou, EK het die SWAARSTE vir julle gedra en verdra; en daarom is EK MEESTER oor ALLES en net deur MY kan ALLES vir julle TOT NUUT GESPREEK word deur MY MOND van WYSHEID!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205