Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 4 ontvang op 26 Julie 2018

“Skryf nogmaals vir MY Dogter van Sion! Skryf vir MY Huis van Juda! Kan julle voel hoe MY Klipwiel draai? Besef julle MY Liefdeskrag daarin? Kan julle in geestesoog ervaar hoe MY Sewe hard werksaam is om julle voor te berei? EK praat met julle, EK voed julle, EK gesels met jou MY Boerevolk! Moet EK Myself weereens herhaal en weereens vir julle laat beklemtoon hoe lief EK julle het? Het julle vergeet al MY Beloftes? Bewaar MY Woord en Brood! Deel uit en hou aan uitnooi hulle wat nog maer is.

EK IS WAT EK IS en voorwaar EK sê vir jou: Laat oop jou ore en oë MY Volk! Sluit jou regteroog! Kap af jou regterhand, want dié hand is vêr vanaf MY Liefdesband! Hulle wat nie MY uitnodiging ernstig ter harte aanneem nie, sal nie afgeseël wees binne MY Liefdeslaer in die tye wat kom nie. Hulle wat nie MY Wet oordink en MY Gebooie bewaar nie, sal nie MY Koninkryk betree nie. Hulle wat MY kindertjies verhoed om na MY te kom, sal op hulle tande kners omdat hulle nie geluister het na MY Waarheid en Liefde nie.

Daarom spreek EK tot julle sonder ophou want EK het julle lief! Neem julle linkerhand en hou vas aan MY Boom wat julle die Ewige Lewe gee. EK IS spreek! Los al julle wêreldse gejaag na wind! Dit beteken niks vir julle siele nie en sal julle nie red in die tyd van benoudheid nie. Skryf MY Kneg en gehoorsaam MY! Die tyd is hier om klippe te smelt! EK verlang MY Kneg! Luister na MY Hart soos EK altyd na joune luister. Hoor nou MY Hart! Kan jy hoor hoe EK ween vir MY kinders wat nie wil terugkom na MY, hulle VADER nie? Gaan lees weer MY gelykenis oor die verlore seun. EK is verheug oor MY Klipwiel in Sion! MY kinders is besig om nou terug te kom na MY, maar MY Knegte is nog te min vir die tyd. EK IS Barmhartig. EK IS spreek tot MY Knegte en Boodskappers: ywer vuurwarm vir MY kinders!

Gehoorsaam MY Opdragte en Vermanings! Dra MY Woorde en Boodskappe getrou oor in LIEFDE, want EK IS LIEFDE en WAARHEID sonder LIEFDE is nie WAARHEID nie. Werk hard om julle naaste te dien in daad en liefde. Vertrou op MY alleenlik! Soek nie die verlossing van die wêreld nie en meng nie met die wolwe nie! Laat julle nie in die strikke van die vrou val wat verlei nie, want haar woorde is strelend, maar lei jou na die dood!

SOEK MY en EK VOORSIEN!

Versamel julle skatte in MY Hemele deur liefdeswerke vir julle naaste. Doen dit terwyl die Leeu aan julle sy loop. Voed MY skape en werk met ywer in MY Wingerd. MY Dogter, soms voel dit vir jou dat MY Werke deur jou op klippe stukkend val. EK ken jou hart. EK IS in jou hart. Weet dat deur jou bereidwilligheid en Liefde vir MY en jou naaste, om MY Brood vir die armes te gee elke dag - MY Dogter, weet dit: MY liefdesreëns sal oor jou kom en EK sal jou beloon met MY Vryheidskrag en Ewige Lewe! MY Werke deur liefdes-siele dra KRAG en is nooit tevergeefs nie. Hou aan met volle Vertroue in MY.

Daar is nog baie werk MY Dogter van Sion. EK wil hê dat jy staande bly en laat geen mag jou onderkry! EK IS ALLERMAG! Bly vurig warm in MY Gees sodat julle klippe smelt en EK die lieflike offer ontvang al meer en meer. Hou die momentum van MY Wiel, EK gee aan jou die Krag. MY Boerevolk, edel is Jy deur MY uitverkies! Kom terug na MY, bring jou hart na MY en EK skenk jou die Lewensklip wat deur die bouers verwerp was en steeds verwerp word. Suiwer is Sy en Liefdevol vir jou, MY SION!

Geseënd is die siel waarin MY Brood nou breek.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205