Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 62

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 62 ontvang op 19/12/18

“MY kneg, die komende tyd is ‘n Tyd van Oorwinning. Jy bekommer soms oor die nag van Toorn en Swael wat vanuit MY Beker gaan kom. En EK het daardie Beker vir jou gewys en jy wou jou lewe gee vir jou volk. Dit het jou hart baie skade aangerig en jy het stil gebly daaroor en die glimlag van MY Vrolikheid gestraal. EK sal jou genees, EK, JAHSHUA!

EK het ingetree en jy moet weet, dat EK klaar MY Lewe gegee het en dat so ‘n Offer net een maal kan geskied omdat dit die Enige Volmaakte Offer en Intrede was as die Volmaakte Liefde en Barmhartigheid vir MY kinders. Jy wonder hoekom hierdie Woorde vanuit jou Lewenskamer vanuit MY Vaderhart kom. Ja, EK maak dit bekend en jy moet alles opskrywe as getuienis vir MY Geloftevolk. Jou Liefde vir jou broers en susters verteer jou, maar jy moet balans opneem op MY Kandelaar. Teveel LIEFDE kan jou laat sterf en EK is in beheer van jou elke moment, want jou tyd en taak is nog op hande en jou aardse tyd is nog nie verstreke. Hoor MY Engele-koor! Hoor…

APARTGESTEL, APARTGESTEL, APARTGESTEL JAHWEH ONSE ELOHIM EN MEESTER!

MY Boere-Geloftevolk. Dit is EK, en EK IS het jou opgeroep! Die Vreugde en Saligheid wat EK julle mee bestraal het op Ons Geloftedag, hierdie Vreugde moet julle verder uitstraal na julle ander broers en susters, soveel so, dat julle Ons Geloftedag elke dag moet vier en uitleef. Dit is MY Krag en Barmhartigheid aan julle. Neem dit op en LEEF IN OORWINNING! Julle wil is die sleutel tot SKEPPING! As julle WIL oorwin, dan SAL julle! Want EK sal aan julle die OORWINNING gee. Wees net LIEF vir MY bo ALLES met julle hele wese en jul broers en susters soos julleself! Gee aan MY ALLE eer en dank, elke dag. Wees dankbaar vir alles wat julle het, al is dit amper niks. Maar, dit wat EK julle mee toevertrou, dit is MY Toets. As julle nie dankbaar kan wees met min nie, hoe sal julle ooit dankbaar wees met baie? Wanneer EK julle nie met min kan vertrou nie, hoe kan EK julle met jul eie Skepping vertrou, voortgekom vanuit MY Krag en Volmaakte Wysheid? Verteer hierdie Woorde van MY met julle harte en bedink MY Wysheid. Want hulle wat die Wysheid het se Weg is met Goud uitgelê, maar die dwase harte se weë is met distels en dorings besaai.

Elke dag vanaf ONS GELOFTEDAG, moet julle leef in MY Hemele deur LIEFDESDADE en DANKBAARHEID. Wanneer EK julle toevertrou met seëninge en julle dit ontvang met ope hande, ontvang nooit MY Seëninge deur julle hande te sluit nie. Hou julle hande oop soos ‘n Fontein van Waters en Olie, sodat MY Seëninge kan oorvloei na uitgedroogde fonteine om julle. En moenie bekommer, omdat daar ALTYD genoeg sal wees vir julle, want EK sorg! Neem MY Wysheid op en liefkoos Haar asof daar geen nuwe dag sal aanbreek nie!

MY Boerekinders, gee nie om hoe moeilik julle aardse omstandighede is en maak nie saak hoe duister julle situasie is nie, EK IS WAT EK IS en EK IS LIG: VOLMAAKTE ENERGIE, LIEFDESENERGIE! Maar julle moet hierdie LIG sien deur ‘n SOEKENDE WIL wat nie sal breek nie! Soms buig en knak julle vrye wil van soeke na MY, maar moet nooit toelaat dat julle wil breek nie. EK help julle en EK praat met julle, MY kinders. HOOR MY! HOOR MY DIEP en STIL! Moenie uit die Ark val nie, want die waters waaroor MY Ark seil is waters van Oordeel en besoedeling. Hierdie is waters van vervloekinge en gevolge wat die ongehoorsaam­heid en liefdeloosheid self oor die daders daarvan gebring het. Hulle kon nie op die waters loop nie en het gesink en verdrink. Die ASEM van die LEWE is nie te vinde in hierdie waters van vervloekinge nie. Die ongehoorsames versmoor in hulle eie ongeregtighede.

Die Asem van LEWE is in julle geblaas deur MY GEES met ‘n Doel! Een Asemteug van LEWE is in julle harte geblaas, maar dit is nie die einde daarvan nie. Hoeveel LIG-ASEM moet julle Moeder nog vir julle aanbied? Begin ASEMHAAL MY kinders! Begin… LEWE! Begin… GENEES! Begin omvorm tot LIEFDE! Niks is onmoontlik saam MY, die LEEU aan jul sy nie! Maak die kraai stil in MY NAAM en wees meester oor jul stormwaters! EK het reeds gesê dat julle meesters moet word oor julleself en oor die elemente. Waarom glo julle dit nie en vir julle wat wel glo, waar is julle volgende stap wat heet, DAAD!? EK is gereed vir julle volgende stap en met MY KRAG is julle tot ALLES in staat! Begin te DOEN en huiwer nie meer nie! Beveel die stormwaters in MY NAAM, in GELOOF! Raak stil en hoor Haar! Hoor die Arend se gesang van VREUGDE en OORWINNING. Gaan leer by die Arend, gaan leer hoe julle moet sien. Voel MY, die sagte Briesie oor stille waters. En wanneer die waters versamel en die vaste grond begin sigbaar word, sien die LEWENDE SKEPPING! Bekyk en sien die kleine plantjies en kyk wat gebeur met die kleine blaartjies; en sien hoe MY Dou van Vernuwing hulle troos en bekragtig. Begin hoor en sien MY kinders. Volg MY, EK IS WAT EK IS, EK IS JAHSHUA IMMANUEL… Spreek MY in jou hart; spreek oor jou skepping en sê: ImmanuEL!

Volhard MY kinders en wees LIEF vir mekaar. Kom en eet die Vrugte van die LEWE!”

(Net na hierdie Woorde van JAHSHUA kry ek die volgende visioen):

Ek is in die gees en ek sien ‘n Groot Rots neerdaal vanuit die Hemele. Ek vlieg op die rug van ‘n groot Arend-wese, maar ek kan baie helder sien. Helderder en duideliker as wat ek ooit nog kon sien. Ons is hoog in die lug. Ek sien die beeld waarvan Daniel gespreek het en hierdie beeld staan in die water of oseaan waaroor ons vlieg. Ek sien derduisende visse in die waters rondswem. Die Rots vanuit die Hemele val met ‘n groot spoed en tref die oppervlak van die waters en ‘n groot opbruising van waters skiet in alle rigtings en vorm sirkelvormige golwe, soos ‘n “ripple effect”. Ek sien toe ‘n Duif met ‘n Olyftakkie aangevlieg kom, maar die Duif lyk baie soekend na iets. Die Duif vlieg oral heen en weer en vlieg toe terug in ‘n suidelike rigting. Terwyl ek so vlieg op die Arend het ‘n stem vir my gesê dat die Duif teruggaan na die suide.

Ek sien die golwe, massiewe golwe vol krag en die beeld word getref deur die golwe. Ek sien hoe die substans wat lyk soos kleigrond op die voete van die beeld begin verkrummel en die beeld begin wankel en val toe inmekaar die see in totdat ek die beeld nie eers meer kon sien nie. Die golwe rol sirkelvormig uit in alle rigtings en ek sien toe met my verskerpte sig hoe hierdie golwe vol letters en woorde is. Letters en woorde wat ek nie naastenby kon bereken in getal nie. En ek sien toe nog Arende met nog mense soos ek daarop en ons begin almal afdaal met ‘n spoed en ek sien die Arende se kloue is in prooi-vang posisie. Ek sien toe baie visse en nog meer en meer woorde en syfers en Ons begin die die visse te vang.

(Einde van visioen)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205