Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 121

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 121 ontvang op 28/10/19; 12H00

“So oorwin die LIEFDE altyd wanneer julle MY Gereedskap en Wapenrusting altyddeur gebruik om die duisternis, haat en twis te vermei, te verdryf en op te los. EK IS WAT EK IS en EK IS LIEFDE. Wees op julle wakkerste nou MY boerevolk! Die tye is hier en gaan baie versleg omdat MY Planne en Doelwitte in werking is. EK wil julle uit die sisteem uit kry om sodoende die beste saligheid vir julle siele te bewerk waar EK alleenlik julle Koning sal wees. Hierdie sisteem het julle te lank gevange gehou en tesame daarmee het julle te gou vergemaklik in die valse veiligheid en valse vrede van die sisteem. EK en NET EK, bring die Ware Vrede en Verlossing!

Kyk, daar kom groot verwoesting oor die hele Aarde en haar hele oppervlak sal omvorm word tot nuwe vorme en materie. Die Aarde se pilare sal tot binne in die middel geruk word en alle materie sal voor MY Verterende LIEFDE beef! Maar vir hulle wat aan MY bly vashou het en MY LIEFDE hulle eie gemaak het, hulle sal die soet verlossing van MY Ewige Verlossende Bloed smaak. EK sal hulle uitred en in ‘n toestand veilig bewaar totdat die verwoesting en verskrikking verby gegaan het. EK wil nuwe dinge skep en heroprig vir MY kudde. EK sal die Belofte aan Abraham, Isak en Jakob bewerkstellig omdat EK ewig onveranderlik en getrou is. EK IS vol LIEFDE en Barmhartigheid.

Wees wakker MY Boerevolk en bieg nie meer voor die dier en sy Isebel-gees nie. Dit is sy wat baie verwoesting saai onder julle gemeentes, families en tot binne-in verhoudings. Aan alles wil MY teenpool julle bedwelmd maak sodat julle aan die slaap gesus kan word deur die moord op julle siele te loods. Sport is een van die baie middele wat julle volk byna ten gronde gerig het op hierdie tyd. Julle het agter die sportgode aangeloop tot binne-in hulle tempels. By die duisende der duisende sit MY kinders binne hierdie tempels en vermaak hulle eie oë met valse vermaak en bedrog. Dit dien as GEEN voeding vir julle siele se ewige lewe of bestemming nie! Julle gaan gevang word terwyl julle nog in julle bedwelming en verslaafdheid is! EK is alreeds hier en julle sal moet bedink die dag wanneer EK julle oë sal oopmaak en julle MY sal sien langs julle staan, maar julle is besig met besoedeling. O hoe verskriklik sal die benoudheid op daardie dag wees in julle harte! Waarom moet EK soveel waarsku en vermaan MY kinders? EK is so lief vir julle, maar julle hoor MY nie. Net sommige, wat weinig is, hoor MY Woorde en voer MY Wil uit. Net weiniges is baie lief vir MY, maar meeste van MY kinders wil niks van MY leer nie of niks met MY te doene hê nie. Waarom nie? Is EK dan nie so vol van LIEFDE en WYSHEID nie? Waarom wil julle nie belangstel in die LIEFDE en WYSHEID nie? Om nie eens te spreek van die Waarheid nie! Ai MY kinders, hoe diep het hierdie materiële wêreld julle ingetrek, terwyl EK julle daarteen gewaarsku het.

MY wil is dat MY volk al hulle verskille sal los met mekaar en alle twiste sal laat verby gaan. Julle moet fokus op MY en MY LIEFDE en om julle laaste te dien in totale LIEFDE. Daar is nie meer tyd vir wêreldse plesiere en genot van MY teenpool nie. So ‘n klein bietjie tyd oor om julle siele te berei vir die groot Dag van JAHWEH! Want EK SAL MY WIL UITVOER VIR MY KUDDE! Neem MY Woorde in ag en let daarop. Omvorm julle lewens tot geestelike ewige lewens wat Vrugte dra. MY Oë glinster van Liefde vir julle en daarom wil EK julle sterk maak om deur hierdie tye staande te kan bly in MY. Kyk nie links of regs nie, kyk net na MY en kyk daar waar EK vir julle wys wat julle moet doen en met wie, om MY LIEFDE uit te straal. Want MY LIEFDE bring Lig, Warmte en Lewe; MY LIEFDE bring versterking, Hoop en Genesing. Dit is waarom dit so belangrik is om altyd Vrolik te bly in MY LIEFDE, want dit hou julle sterk in MY.

Tot hier MY kneg, maar hoor MY wanneer EK weer tot MY volk sal spreek.

EK IS WAT EK IS, JAHSHUA.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205