Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 93

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 93 ontvang op 12/03/19

“MY Dogter, MY Liefling! EK IS WAT EK IS! EK IS jou Maker, jou Formeerder, jou VESTING! Hier is MY Woord en Opdrag aan jou:

Los alle ongeregtigheid, vergewe, genees en word Bekragtig in MY LIEFDE! Dit het nou tyd geword dat MY Dogter skoon gewas word! Dit het tyd geword dat MY Bruid beklee word met SUIWERHEID en TROUHEID! Wees vreugdevol en kom na MY in julle harte! Onthou... Onthou... Onthou die heel eerste Gilgal-Dag! Onthou die Sewe Dae Ramshoring blaas wat julle vir MY gedoen het! Onthou MY Beloftes! Onthou MY Dogter! Onthou Paardekraal en kan julle onthou dat EK daar was en ook in elkeen van julle harte? Het julle vergeet wat die daad van die Blou Hammer beteken het? Kan julle sien hoe dit in vervulling gegaan het en steeds gaan op verskillende vlakke? MY Dogter, onthou jy die ring? Die ring wat nooit geskei kan word nie? Onthou jy MY Woord aan jou? Onthou jy MY Visioen aan jou reg aan die begin?

EK is altyd met jou en sal jou NOOIT verlaat nie! EK wil jou terug hê daar waar EK jou na geroep het! EK weet MY Dogter, jou hart is in skerwe en voel geskeur, die stryd is hard en die las daarvan swaar. Maar laat MY oorneem! Laat MY toe om jou las te dra! EK IS LIEFDE! Vir julle wat WIL, kom en laat MY LIEFDE julle omhels... OPNUUT! Kom ontvang van MY, NUWE KRAG! NUWE LEWE! Kom en word versterk en kom drink van MY Fontein van Lewende Waters – en word verfris in die gees en laat jou hart verkwik word.

MY Dogter van Sion, jy is GEROEP tot KRAG en as GETUIE van MY Waarheid en Liefde! Laat nou die nuwe Dag in jou hart aanbreek en GENEES jou wonde deur MY Hande van Barmhartigheid! Onthou, EK verlaat jou nooit, maar jy kan MY verlaat. Daarom, word stil in jou hart en vertoef saam MY, EK, EK wat jou ENIGSTE VERLOSSING IS! JAHSHUA! EK VERLOS! EK RED! EK MAAK ALLES NUUT!

Let op julle woorde en dade! Vra julleself af of enige iets wat julle doen of spreek vanuit die LIEFDE voortkom, of vanuit eie-liefde. EK wil hê dat MY Dogter van Sion nou genees en OPSTAAN vir MY! PAARDEKRAAL! Hoor die Stem van MY LIEFDE: EK IS SPREEK! Geen ongeregtigheid, liefdeloosheid, leuen of besoedeling sal voor MY Aangesig staande bly nie! Hoor MY Dogter van Sion! Hoor MY Boerevolk! Die Nag wat deur MY Profeet van gespreek was is op jou! Maar weet, dat julle wat GEWAS het en na MY gekom het, julle sal BESKERM en BEKRAGTIG word ter voorbereiding vir die NUWE DINGE! Die Laer wat EK opgerig het sal verseël bly, MY LAER VAN LIEFDE!

Doen volgens MY Wet van LIEFDE en julle sal LEEF in MY, saam met MY en vir MY! Vind troos in MY Beloftes en handel volgens MY Voorwaardes. Geseënd is die hart wat LIEFDE verkies en edel is die VOLK deur MY HAND uitverkies!

MY Dogter, fokus weer op MY met dapperheid en nederigheid! Veg vir MY met MY Swaard van LIEFDE en HOOR MY Stem wat Woorde van Waarheid spreek! Let op die GEES, let op Haar en kyk uit! VERWAG MY NOU!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205