Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 40 ontvang op 13/10/18

“MY kneg vandag is tyd om vir MY te skrywe aan die vaders en moeders in MY Boerevolk.

Ook is hierdie deel van MY Openbarende Werkende Antwoord op jou vraag oor waarom daar so baie skeisake en liefdeloosheid bestaan tussen man en vrou, vader en moeder.

Die Huwelik.

Die Huwelik is ‘n faktor, ‘n lewensfaktor wat soveel kere deur die wêreld toegesmeer word as ‘n ligtelike saak wat geen krag dra nie! Dit word afgewater na ‘n niksseggende bysaak in die lewenswandel op hierdie aarde en daarom kan julle dus nie Bekragtig word en so ook nie julle nageslagte, as julle huwelike nie bo-op LIEFDE gebou is nie. EK IS spreek nou met die vaders en moeders; die man en die vrou in die huwelike in MY Boerevolk aan die Suide!

MY WAARHEID en Verborgenhede begin in die kleine en die WEG lei dan opwaarts in ‘n spiraal DRAAI-KRAG na hoër LIG-KRAGTE en daarom het EK gesê dat die Poort nou en WEG smal is! Vaders en moeders, as julle nie begin by die begin, by die kleine nie, wat eintlik GROOT is by MY, dan sal julle nie die Verlossing en Bekragtiging in EENHEID ervaar nie. So daarom, kom ons begin by die kleine…”

Eweskielik sien ek Moses verskyn op ‘n Berg saam met JAHSHUA terwyl JAHSHUA met my spreek en JAHSHUA sê vir my: “MY kind, luister na MY Wet van die Huwelik.” Ek sien toe hoe Moses en JAHSHUA vir mekaar kyk en met mekaar praat, maar al wat ek hoor is die mooiste mooiste geklank, hemelse klanke soos die mooiste gesing van die voëltjies in die vroegmôre.

Moses draai sy aangesig na my terwyl hy twee gloeiende kliptafels in sy hande dra, maar dit is nie soos klip van aards nie, maar eerder ‘n vuur-substans wat die hele kosmos en heelal bevat en binne-in hierdie Tablette sien ek die sterre-stelsels en terselfdertyd die kleinste atoom-partikels en kragte wat net soos die werking van die planete, sterre en mane werk. Ek sien substans wat lyk soos die kleinste selle van die menslike liggaam en die werking daarvan. Ek sien hoe Boodskappers tussen die selle wandel en werke verrig en instandhouding doen. Ek sien toe die Boodskappers begin te kniel en een van die Boodskappers gaan na ‘n spesifieke planeet of sel en hierdie sel word toe een met nog ‘n sel. Terwyl hulle een word plaas die Boodskapper “iets” daarin en JAHSHUA sê toe vir my: “Dit is MY LIEFDE in WERKING en MY VERLOSSINGSPLAN vir die verlore seun en almal in sy mag.” Die Boodskapper was so dankbaar en hierdie Boodskapper was ‘n baie dapper een. Met die daad het Hy so ‘n groot dankbaarheid en eerbied betoon vir die ALMAGTIGE en met trane in Sy oë sê Hy toe: Kindskinders van die Aarde, julle moet in LIEFDE tot VADER en tot EENHEID met julle BRUIDEGOM omvorm!”

Moses sê toe vir my: “Hierdie Twee is EEN en daarom is die LIEFDE en die WET, EEN! Dit is ‘n VOLMAAKTE HUWELIK voor die Aangesig van ELOHIM! Net soos in die Hemele, net so ook op die Aarde! Vaders en moeders van die verdrukte volk in die Suide, julle moet die WET van VADER aanneem en die WET dan binne-in die LIEFDE intrek om sodoende die BEKRAGTING-LIG te verkry. Daarom het JAHSHUA, my MEESTER, na julle Aarde toe gekom om julle te wys hoe om dit te doen. Weereens in hierdie tyd het EliJaH weer gekom om julle voor te berei vir die koms van die MEESTER en ook die koms van die MOEDER.

In Sion was die poorte verwoes en die mure was verbrokkel. Die water het opgedroog en die melk het verstof. Maar in hierdie tyd het daar weer ‘n Spiraal-KRAG neergedaal en julle sal sien hoe die Poorte van Sion, omvorm sal word tot die Poorte van die Nuwe Jerusalem! Die Fontein het oopgegaan en my MEESTER het julle Brood vanuit die Hemele gegee en steeds! Ek, Moses, die kneg van die MEESTER JAHSHUA, het die LIEFDESWET gegee en daarom spreek ek, deur die BARMHARTIGHEID van HOM wat my gestuur het, oor die WET van die HUWELIK:

Die Huwelik is ‘n Apartgestelde Allerheiligste KRAG en LIEFDESWERK. Dit is ‘n BARMHARTIGHEID en GENADE wat die MEESTER julle geskenk het en die vermoë daartoe gegee het om julle siele te suiwer en te genees tot die VOLMAAKTHEID in die Hemele. My MEESTER het gesê: ‘Vermeerder en heers oor MY Skepping en wees vrugbaar!’. Vaders en moeders, die LIEFDE moet die WETGEWER wees, daarom moet die WET binne-in die LIEFDE getrek word en nie anders om nie. Die LIEFDE is die Laer wat getrek word en wat die Huwelik APART stel binne-in die VADERHART. Nou gaan ek, deur die Barmhartigheid van my MEESTER, vir julle vaders en moeders, riglyne bevestig oor hoe julle moet handel in hierdie APARTGESTELDE Huwelik van julle:

Vaders, wanneer my MEESTER vir julle gesê het ‘EK sal vir hom ‘n pasmaat en hulp gee’ en ‘julle vroue moet aan julle mans onderdanig wees’, het my MEESTER NOOIT bedoel dat julle vroue as slawe hanteer moet word nie! Vaders, julle moet die priesters wees in julle gesin en julle vroue moet julle eenheidsgenote van Wysheid en LIEFDE wees. Julle moet die moeders in julle Huwelike met LIEFDE hanteer, met RESPEK en sonder MISHANDELING met hulle omgaan! My MEESTER sê dat julle dronkaards julle baie vinnig moet bekeer tot HOM, omdat ‘n dronkaard en vroueslaner nie welkom is in SY Koninkryk nie! Julle moet julle vroue op julle hande dra en bystaan in ALLE aspekte! Julle moet julle vroue van die LIEFDE, HOMSELF, leer en lei tot die volkome EENHEID met HOM! Julle moet vurige werkers wees en broodwinners! Voor julle enige lewensbesluite maak, moet julle HOM raadpleeg en vir Wysheid vra in alle opregtheid en nederigheid, met Geduld!

Moeders, julle moet julle mans LIEFHÊ en aan hulle onderdanig wees deur om altyd van HOM die Wysheid te vra in alle handelinge met julle mans. Julle moet julle mans bystaan as priester en die bruid-rol werkend bemeester VOOR julle ooit die moeder-rol kan betree! As julle nie julle mans kan liefhê en bystaan nie, hoe kan julle ooit ‘n taak opgelê word om moeder van die volk te wees? Wees getrou aan julle mans en wyk NIE af van die LIEFDE nie, omdat die LIEFDE die ENIGSTE WEG is tot volkome EENHEID met julle mans, en ook EENHEID dus, met die BRUIDEGOM JAHSHUA!

Vaders en moeders, beide van julle het ‘n rol in die Huwelik, en wanneer julle as EENHEID strewe in die LIEFDE, dan sal die MEESTER aan julle die Verborgenhede openbaar rakende die Hemelse ROEPING en TAAK vir julle as vaders en moeders! Sodra julle begin afwyk van die APARTGESTELDE LIEFDE dan sal julle nie meer binne die LIEFDES-LAER afgeseël wees nie en daarom sal die teenpool begin intrek neem en die hele ORDE begin te verwoes in julle huwelike! Julle, as vaders en moeders, moet julle kinders dissiplineer op grond van die LIEFDESWET en die Leiding van die TROOSTER wat vrolik huppel op my MEESTER se Wiel in julle volk! Julle moet as ‘n EENHEID alle take aanpak, oorspronklik en voortspruitend vanuit die LIEFDE en my MEESTER sal julle seën en so ook julle nageslag. SY Beloftes is GETROU aan julle in hierdie tyd van die komende storms en daarom moet julle, as vaders en moeders, julle staanplek inneem in die Opdragte van die MEESTER! Wy julle kinders in die LIEFDE in en leer hulle van HOM wat GETROU en LIEFDEVOL is. Maar, ek, Moses sê, laat HY nie julle kom besoek en julle het ‘n beeld en huis van besoedeling gebou nie! Want HY sal die Twee Tablette breek voor julle aangesigte omdat julle die LIEFDE uitgespuug het en ander siele tot ‘n val gebring het! HY sal julle nog verder verdryf onder ballingskap en julle sal maar verder harder lesse moet gaan deurstaan wat nie so wonderlik is soos op hierdie Aarde nie. Daarom het julle, vaders en moeders, NOU die tyd om volkome EEN te word met die LIEFDE en sodoende EEN te word met HOM wat wil TROU in Sion!

Net soos ek hierdie Twee Tablette in my hande hou, net so kan die Twee EEN word en dus moet julle altyd EEN wees in die LIEFDE en GELOOF in HOM wat in die Brandende Bos met my gespreek het en met SY Vinger die LIEFDE geskrywe het in my hart. Daarom het HY gesê dat julle die WET sal ontvang in julle harte en dat julle harte versag sal word deur om die KLIP-tafels van julle harte te kom offer en breek voor HOM! HY sal dan vir julle nuwe harte van vlees en gees skenk en SY WYN sal julle siele omvou en deurdring met BEKRAGTIGING in die HUWELIK.”

Net toe Moses hierdie klaar gespreek het toe neem hy die twee tablette en bring hulle na mekaar toe. Ek kon sien hoe elke selletjie, elke deeltjie, elke planeet en elke son en ster na mekaar toe kom en verenig! Soos elke deeltjie in eenwording tree hoe sterker het daar ‘n WIT-LIG begin vorm totdat ek nie eens meer daarna kon kyk nie en die WIT-LIG het toe plotseling in alle rigtings soos weerligstrale geskied en ‘ontplof’. Toe ek weer sien toe was Moses weg en ek vra toe vir JAHSHUA waar hy heen gegaan het.

(En MY WONDERLIKE JAHSHUA my ALLES!) HY sê toe vir MY: “Wees nie besorg daaroor nie, MY kind en wees nie bekommerd nie. Julle sal hom nog baie sien, maar vir MY MOET julle sien en herken omdat EK julle enigste WEG is na die BRUILOF. EK sê ook vir jou MY kind, dat EK ook julle Broer en Vriend wil wees en nie net julle VADER nie; want as julle MY gesien het, dan het julle die VADER gesien. Maar dit is genoeg vir nou MY kind en gee hierdie vir jou ander broers en susters en veral aan die vaders en moeders van MY volk, omdat MY Tyd nou aanbreek om in die Huwelik te tree met MY Bruid. Maar hulle moet vurig besig wees om hulle trourokke en linne te was en te reinig deur die LIEFDE, omdat EK nie met ‘n vuil Bruid in die Huwelik wil tree nie! EK wil dus ook kyk hoe hulle omgaan met die kindertjies omdat die kindertjies aan MY behoort. Hulle wat die kindertjies verhoed om na MY te kom is waarlik geen OPREGTE vader of moeder vir MY kindertjies nie en daarom bring EK julle gedagtes weer… na Abraham en Isak.

Maar daar is nog baie wat EK wil vertel omdat EK julle LIEFHET!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205