Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 7 ontvang op 31 Julie 2018

“MY kneg, MY kind, skryf weer aan MY Volk! Wees kalm en loop oor die waters! Heers oor jou aarde! Heers oor MY Skepping! Skei die Lig en die duisternis met MY Liefling-steen! EK IS! Luister in jou hart na wat EK vir jou sê. Gaan nou dadelik en met haas! Lees in die Evangelie van MY volgeling en geliefde kneg! Mattheus is sy naam. Kyk, EK het hom innig oneindig lief! Gaan lees die eerste drie verse van die derde hoofstuk en ook, voeg dit by hierdie skryfwerk van MY Gees!”

Mattheus 3:1-3:

"In daardie dae het JeHôWganan die Wasser (Johannes die doper) opgetree en in die wildernis van JeHûWdah (Juda) verkondig en gesê: `Bekeer julle, want die Koninkryk van die Hemele het naby gekom.' Want dit is hy van wie deur die Profeet JeshaJaHûW (Jesaja) gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die wildernis: Maak gelyk in die woestyn 'n grootpad [vir onse Elohey]! [JeshaJaHûW 40:3]"

“Kan jy sien? Sien jy dit, MY kneg? Is dit nie MY Klipwiel in Sion wat draai nou in julle tyd nie, MY Volk? Is dit nie MY knegte en verkondigers wat uitroep in julle woestyn-harte om julle te bekeer en terug te kom na MY nie? MY boodskappers, is dit nie MY Gees, julle Trooster, wat roep en werk deur julle monde en hande nie? MY Volk, maak gelyk in die woestyn van jou hart ‘n grootpad vir MY! ‘n Pad wat lei na die vleeswording van julle elkeen se harte! MY Lig van Vuur wat julle harte van klip sal smelt en suiwer vir MY en jou! Johannes, MY EliJaH! MY Voorloper in jou! Weereens! Weereens nooi EK jou uit, MY Boerevolk, MY Huis van Juda! Los jou aardse materialistiese verbonde en kom sluit ‘n Liefdes-Verbond met MY, jou Skepper, jou Ewige EK IS WAT EK IS! EK sal jou lei in die Wolkkolom deur die dag en in die Vuurkolom deur die nag! Berei ‘n weg vir MY om in te kom in jou wildernis, en saam met jou te werk om jou woestyn te omskep in ons Paradys! Onthou MY Woorde: Daar sal ‘n Nuwe Hemele en ‘n nuwe Aarde wees! MY Nuwe Jerusalem sal neerdaal. Onthou jy MY Woorde? Julle wat slaap gaan MY mis soos dou in die vroeë oggend, want julle slaap laat! Hierdie is MY Liefdesversoek aan jou MY Boerevolk, kom bring jou hart! Vertrou op MY alleen! Neem hierdie Brood in jou hand en kom eet saam MY.

EK het reeds neergedaal op MY Berg Sion! MY Dogter, blaas die ramshorings! Seën MY Volk in elke windrigting en bid in jou hart! Hou aan MY Brood deel aan die armes en genees die siekes in MY Naam! Onthou, Vuurwarm onwankelbare Geloof in MY! MY Volk, kom terug na MY as EEN! EK wil Trou! Moenie langer uitstel nie, MY Oliebronne floreer en is eindeloos, kom skep en maak vol jou kannetjie! Wees ‘n liefdesmaagd vir MY! Die oorlog is warm in die geestesryke; wapens gerig teen jou, o Huis van Juda! EK IS spreek! Seël af jou Aarde met MY Liefdeslaer! EK veg dan vir jou! Edel is die man wat Liefde verkies! Edel is die Volk wat MY verkies! Neem jou vrye wil, dink aan MY en gaan wees lief vir jou naaste. Wees weer lief vir MY, MY Volk! Geseënd is die siel waarin MY Brood nou breek.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205