Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 88

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 88 ontvang op 13/02/19

“Die Sewentig Jaar is volbring! Die Sewentig Jaar is volbring!”, dit is die woorde wat ek, Daniel, al die hele oggend hoor met gesang van engele en kore wat by VADER JAHWEH pleit vir Barmhartigheid en dat HY SY Raadsplan nou sal uitvoer. O hoe MAGTIG en KRAGTIG is U, VORS, MAJESTEIT!!!!!! JAHSHUA lei my toe na Sagaria 1 toe en sê ek moet lees:

 

SAGARIA 1:

 Sag 1:1 IN die agtste maand, in die tweede jaar van Daríus, het die Woord van JaHWeH gekom tot ZekarJaH, die seun van BerekJaH[ûW], die seun van Iddo, die profeet, en gesê:

 Sag 1:2 JaHWeH was baie vertoornd op julle vaders.

 Sag 1:3 So moet jy dan aan hulle sê: So spreek JaHWeH van die skeppings-leërmag: Keer terug na My, spreek JaHWeH van die skeppings-leërmag, en Ek sal na julle terugkeer, sê JaHWeH van die skeppings-leërmag.

 Sag 1:4 Moenie soos julle vaders wees nie, tot wie die vroeëre profete geroep en gesê het: So sê JaHWeH van die skeppings-leërmag: Bekeer julle tog van julle besoedelde weë en julle besoedelde werke; maar hulle het nie gehoor en na My nie geluister nie, spreek JaHWeH.

 Sag 1:5 Julle vaders - waar is hulle? En sal die profete vir ewig lewe?

 Sag 1:6 Maar My woorde en My Insettinge wat Ek My knegte, die profete, beveel het, het sy julle vaders nie ingehaal nie, sodat hulle tot inkeer gekom en gesê het: Soos JaHWeH van die skeppings-leërmag Hom voorgeneem het om aan ons te doen ooreenkomstig ons weë en ons werke, so het Hy met ons gedoen?

 Sag 1:7 OP die vier-en-twintigste dag van die elfde maand, dit is die maand Sebat, in die tweede jaar van Daríus, het die Woord van JaHWeH tot die profeet ZekarJaH, die seun van BerekJaHûW, die seun van Iddo, gekom en gesê:

 Sag 1:8 Ek het in die nag 'n gesig gesien - daar was 'n Man wat op 'n rooi perd ry, en hy het gestaan tussen die mirtebome wat in ‘n kloof was; en agter hom was daar perde: rooies, gespikkeldes en wittes.

 Sag 1:9 Toe sê ek: Wat beteken dit, my meester? En die Boodskapper wat met my gespreek het, antwoord my: Ek sal jou toon wat dit beteken.

 Sag 1:10 En die Man wat tussen die mirtebome gestaan het, het aangehef en gesê: Dit is Hulle wat JaHWeH gestuur het om die Aarde te deurkruis.

 Sag 1:11 Daarop het Hulle die Boodskapper van JaHWeH, wat tussen die mirtebome gestaan het, toegespreek en gesê: Ons het die Aarde deurkruis, en kyk, die ganse Aarde is stil en rustig.

 Sag 1:12 Daarop het die Boodskapper van JaHWeH aangehef en gesê: JaHWeH van die skeppings-leërmag, hoe lank nog bly U sonder Ontferming oor Jerusalem en oor die stede van JeHûWdah waarop U alreeds sewentig jaar vertoornd was?

 Sag 1:13 Toe antwoord JaHWeH die Boodskapper wat met my gespreek het, suiwer woorde, troosvolle woorde.

 Sag 1:14 Daarop sê die Boodskapper wat met my gespreek het: Roep en sê: So spreek JaHWeH van die skeppings-leërmag: Ek ywer oor Jerusalem en oor Sion met 'n groot ywer;

 Sag 1:15 maar Ek is grootliks vertoornd oor die sorglose nasies wat, terwyl Ek 'n weinig vertoornd was, die besoedeling aangehelp het.

 Sag 1:16 Daarom, so sê JaHWeH: Ek wend My met Ontferming tot Jerusalem; My Huis sal in haar gebou word, spreek JaHWeH van die skeppings-leërmag, en 'n meetsnoer sal oor Jerusalem gespan word.

 Sag 1:17 Roep verder en sê: So spreek JaHWeH van die skeppings-leërmag: My stede sal weer oorstroom wees van suiwer dinge, en JaHWeH sal Sion weer vertroos, en Hy sal Jerusalem weer verkies.

 Sag 1:18 EN ek het my oë opgeslaan en gekyk - daar was vier horings.

 Sag 1:19 Toe sê ek aan die Boodskapper wat met my gespreek het: Wat beteken dit? En Hy antwoord my: Dit is die horings wat JeHûWdah, JisraEl en Jerusalem verstrooi het.

 Sag 1:20 Daarop toon JaHWeH my vier graveerders.

 Sag 1:21 Toe sê ek: Wat kom hulle maak? En Hy antwoord en sê: Dit is die horings wat JeHûWdah só verstrooi het dat niemand sy hoof opgehef het nie; maar hierdie [manne] het gekom om hulle skrik aan te jaag, om die horings van die nasies neer te werp wat die horing teen die Aarde van JeHûWdah opgesteek het om dit te verstrooi.

“MY Huis van Judah, volhard in MY LIEFDE en vrees nie! VREES NIE, want EK IS HIER!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205