Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 116

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 116 - Woord 2 op 24/10/19; 12h22

“Skrywe nog verder MY kneg en weet dat MY Bronne van Ewige Goud oneindig is en dat MY Woord ewig VAS is soos EK IS! Wat EK gespreek en verorden het volgens MY Liefde, Wysheid en Krag, so sal dit wees tot in Ewigheid. MY Woord, lewend en gesproke, is onveranderlik en EK as die Enige Goddelike Wese vertoon die hoogste standaarde en salighede van LIEFDE, LEWE en LIG. Julle moet begeer om hierdie hoogste standaarde en salighede te erf en daaraan LEWE te bring in julle eie lewens. Een van die Hoogste Standaarde van die LIEFDE is byvoorbeeld die selfverloëning wat daarmee saam gepaard gaan. Julle moet julle saligheid vind in die salighede van julle naastes en ook in MY. Wanneer julle ‘n arme voed en hy of sy glimlag vanuit ‘n gebroke hart, dan ondervind die arme ‘n saligheid vanuit die LIEFDE tesame met dankbaarheid. Wanneer julle hierdie saligheid gewaar, dan word julle salig en julle ondervind ‘n vrolikheid van hart en ook hoop. So waaraan het EK hierdie toetse gestel? Aan die arme siel of aan jou? Gaan dit eintlik oor die siel van die arme of gaan dit oor jou siel? Dink hieroor na MY kinders. Hoe meer LIEFDE julle uitgee en uitdeel, hoe meer ontvang julle en hoe hoër op in die spiraalvormige hemele ligsfere gaan julle op. Dit is die ware blaas van die spiraalvormige ramshorings MY Boerevolk! Blaas is ‘n werkwoord wat dui op liefdeswerke en gebede vir julle volksgenote en armes van liggaam en siel. So baie siele is so arm van gees dat hulle self ondergaan sonder hoop. Maar wanneer julle werksaam is in MY Wingerd en altyd MY LIEFDE verkondig volgens die werke van EliJaH en Henog, dan sal MY Seënwoord ook haar bekragtiging en uitvoerende Krag ontvang wat lui: “Edel is die Man wat hart, Henog, aan hande, EliJaH, bind!” Die Geestelike en die Vleeslike realms moet verenig. Daarom, wanneer EK spreek, dan moet julle dit uitvoer vanuit LIEFDE, en so groei julle altyddeur nader en nader aan MY totdat julle volkome verenig het met MY. Weer moet julle gebore word en weer moet nuwe Lewe in julle siele binnegestroom word. Dit het EK as geskenk vir julle elkeen voorberei sodat julle in GEES en WAARHEID kan wandel en bid. BESEF MY kinders, BESEF wat EK vir julle voorberei het as julle net julle lewens volgens MY Weë sal rig. EK help julle so baie, maar keer op keer faal julle. MY Lewe moet soos wat julle op hierdie aarde dit noem, ‘n “tweede natuur” vir julle word, en daarna die “eerste natuur” word soos julle binne gelei word na die Oergrond­beginsels van MY Wese as SKEPPER en VADER. Wanneer julle hierdie stadium bereik dan sal julle niks dink, spreek of doen wat nie volgens MY Lewe sou wees nie. Julle sou julle saligheid en Vryheid vind in die doen volgens MY Doeninge, die dink volgens MY Denke en die spreek volgens MY Spraak! Dit is hoe Ons dan volkome begin verenig en dit sê EK aan julle: Dit is moontlik al op hierdie aarde in jou huidige lewe hier! EK kan julle, wat MY bo alles soek en begeer, inlei in MY Geestelike Sfere in en EK sal vir julle alles wys wat EK wil van MY Skeppings en Wonings. EK sal julle ervarings en visioene laat beleef en sien. EK sal julle siele oopmaak vir die ontvangs van MY Woorde van LEWE tot verkwikking van MY Volksharte. EK sal julle neem na die Hoogste hoogtes en die Laagste laagtes, om julle wys te maak wat in, binne en agter die materiële realm van julle bestaan opgesluit lê en in beweging is. Met klein aardse voorbeelde het EK gepoog dat julle moet insien wat die Geestelike Skeppinge of Verborgenhede is, soos byvoorbeeld MY Verbondsark, die Tabernakel, die Ark wat Noag gebou het in gehoorsaamheid aan MY, die Mure van Jerigo, die Jordaanrivier, die Berg Sinai, Die Brandende Bos, Die Vloed, Die Twee Klip-gegraveerde Wet Stawe, die Skrif aan die Muur, die Sewe Kandelare, Die Natuur, die Son, die Maan en die Sterre, die Gilgal-Klipwiel in die Suidland, die os, die wa, die riviere deur MY Land, Suid-Afrika, die Vierkleur, die ligging van julle landstreek en die verstrooidheid van MY Stamme van Israel. Sien wyer en sien dieper MY kinders en vra julleself af, waarom? Hoekom? Waar en Hoe? Vra MY hierdie dinge en EK sal julle wys maak daaroor. Die soeke na hierdie Kennis en Wysheid is nie om julle hoogmoedig bo andere te maak nie, want dit is sonde voor MY. Die soeke na hierdie Verborgenhede moet geskied met opregtheid van hart en ‘n alles oorgewende begeerte om MY as jul VADER te leer ken, soos wat EK julle ken en geken het nog voor julle hier gebore was. EK wil ‘n intieme verhouding met MY kinders hê en MY Bruidegomshart smag na die hart van MY Bruid!

Geloof sonder die dade is dood en lei na die dood. Dit lei na leeg terugkomende gejaag na wind wat geen uitkoms of heroprigting bring nie. Julle kan nie net in MY glo, en nie MY Werke en Wet van LIEFDE uitleef en deel maak van julle wese nie. Onthou, die demone glo ook dat EK IS en dat EK bestaan. Julle kan nie net terugsit, leeglê en in MY glo nie. Abraham, toe EK aan hom die Beloofde Land beloof het, het hy nie op ‘n klip gaan slaap en gewag totdat EK hom die land sou toon nie. Hy het fisies MY Gees gevolg en getrek met die DADE van GELOOF. Netso is dit ook die DADE VAN GELOOF en LIEFDE wat die Gilgal-Wiel aan die rol en draai hou in hierdie Eindtyd van MY Land, Suid-Afrika! Julle, MY Gilgal-soldate, julle moet die Baken van MY LIG, LEWE en LIEFDE omhoog hou tot MY eer en Glansrykheid. Raak nie moeg en afgemat nie, maar reis uit soos die Arend bo die aanvalle en dwaling van die kraaie van Edom! EK IS die WIND onder julle vlerke! Volg MY GEES VAN WAARHEID en weet dat EK getrou is. Moenie meer wanhoop en wantrou in MY nie. Gee alles oor aan MY en wees geseënd terwyl die LEEU aan julle sy loop. Werk aan julle siele om altyddeur MY Goddelike Eienskappe te begeer en toe te pas in elke situasie. Laat EK julle vooruit loop en moenie self dinge doen sonder MY nie. So stamp julle julle koppe en blameer vir MY as die gevolge van julle besluite slegte vrugte oplewer. Soek MY in alles en sien MY altyd voor julle loop. Volg MY net en hoor fyn en luister met aandag na wat EK vir julle sê of laat voel. EK IS lief vir julle MY kinders, MY volk! Vergeet MY nooit in al julle besluite nie. Handel wys en met begrip MY kinders en leef MY Woord uit. So, deur DADE van Gehoorsaamheid en Geloof, sal EK julle die Land van die Ewige Verbond binnelei.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205