Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 44 en Visioen op 06/11/18

“MY kind, MY kneg van MY LIEFDE, daar kom WONDERLIKE tye, die TYD van die tye wat gaan aanbreek, binnekort! MY kind, jy het gesien wat gebeur het met die Vierkleur en daarna, jy het dit nie heeltemal verstaan nie en dit het jou baie bedroef! Daarna het EK jou gesalf met Vreugde vanuit MY VADERHART! Deel MY visioen hier aan MY Boerevolk, aan ELKE kind van MY Boerevolk omdat hulle moet voorberei om MY LIEFDE en LEER op te neem (met haas!):

Ek was aan die slaap en toe eweskielik roep U Majesteit JAHSHUA my wakker en ek het die haan hoor kraai. Ek gryp JAHSHUA se Hand en ek staan toe saam met HOM op ‘n bergkoppie met die Vierkleur wat hoog op ‘n paal in die winde wapper. Maar die Vierkleur was vuil en besmet met swart en bruin kolle op. Ek hoor toe die geroep van visarende hoog in die blou hemele en die winde wyk binne oomblikke sodat geen blaar of grassie meer geroer het nie. JAHSHUA sê toe vir my dat ek te ALLE tye by HOM moet bly. Ek sien toe donkerswart, donderwolke oor die horison verskyn. Maar hierdie wolke was swart, pikswart swael wolke met donder dreuning wat weergalm!

Ek raak toe effens bewoë, want ek weet iets ergs gaan nou gebeur. Ek sien toe die visarende neerdaal na Ons en by Ons, ek en JAHSHUA, kom staan die pragtigste Boodskappers en Dienaars van die Allerhoogste! Die donderwolke het regoor die land versamel en toe die donderwolke naby ons kom, toe vra ek vir JAHSHUA: “JAHSHUA, U is MEESTER oor ALLES. Wat gaan nou gebeur? Die aand breek ook aan en raak donker!”

JAHSHUA sê vir my: “MY kind, wees jy net naby MY en wees getrou en gehoorsaam te ALLE tye.” Ewe skielik hoor ek ‘n ramshoring geblaas en die storms breek aan en die winde bereik die bergkoppie waarop ons staan. Die Vierkleur begin roer en al hoe ernstiger wapper in die winde. Ek sien toe hoe die wind so erg word dat die Vierkleur stukkie vir stukkie uitmekaar geskeur word en met die winde weggevoer word. Stukkie vir klein stukkie word die Vierkleur af en uitmekaar getrek. Ek raak toe baie hartseer en val op my knieë voor JAHSHUA neer en ek sien toe hoe HY afkyk en SY Linkerhand bo-oor SY Hart hou, met ‘n stralende Traan wat oor SY Aangesig rol. Ek raak toe meer bewoë en ek kan nie langer my trane in toom hou nie. Ek gryp JAHSHUA se kleed aan en ek gryp dit aan met al my kragte en ek pleit by JAHSHUA: “MEESTER MAJESTEIT VADER!! Wees tog Barmhartig oor my volk, my mensies! JAHSHUA! JAHSHUA! Vergeef ons vir ons hoogmoed en rebellie! Vergewe ons o JAHSHUA ek smeek U! V-e-r-g-e-w-e ons!! Laat MY bloed eerder drup vir my mense JAHSHUA! Neem my lewe en spaar hulle! JAHSHUA vergewe ons!”

JAHSHUA kyk toe af na my en sê vir MY: “Daniel, die leeus van Edom sal jou nie gryp nie, omdat die LEEU van JUDAH gekom het! Jy het ingetree vir MY kinders, jou Lieflingsvolk! Hulle het MY vergeet en agter gode van andere aangeloop en Edom se tempels het hulle bo MY verkies. Kyk MY kneg, wie na MY kom, SAL genees word van elke kwaal solank hy kom met Geloof en ‘n jaloerse LIEFDE tot MY! Hy wat tot MY nader vir vergifnis en genesing, hom sal EK met MY STERKE Hand weer uitlig uit die modderslyk en oprig in Sion! MY Kneg, ek stuur jou saam met MY ander visarende, MY ander Knegte van Apartheid en LIEFDE, EK stuur julle uit voor dagbreek oor die hele land en lande van vêr. Doen net MY Wil, met ywerige passie van LIEFDE tot MY.” Die stormwinde het so aangegaan die hele nag, maar waar JAHSHUA met ons gestaan het, was daar geen wind nie, omdat HY ons in SY Kleed bewaak het. Die volgende môre net voor dagbreek ontwaak ons en ek sien JAHSHUA daar staan, maar dit is nog bietjie donker. Ek sien iets wat vanuit SY Hande drup en val op die grond. Net toe draai JAHSHUA om en sê vir almal: “Gaan en versamel! MY Dag het gekom!”

Net toe staan al die Boodskappers gereed en JAHSHUA sê ek moet ook MY taak opneem in gehoorsaamheid. Ek vlieg toe regoor die land wat verwoes en verlate daar uitsien. Ek sien hoe elke visarend neerdaal en stukkies van die Vierkleur optel en terug na JAHSHUA toe neem op die bergkoppie. Oral was die stukkies geskeurde deeltjies versprei tot oorkant die see. Ek gaan toe en neem ook ‘n stukkie en bring dit vir JAHSHUA. Net toe ek daar aankom en MY stukkie vir JAHSHUA kom gee voor SY Voete, toe begin die son loer oor die horison.

JAHSHUA sê toe vir MY: “Vandag is MY Nuwe Dag, die Dag van die Allerhoogste, die Dag waar EK ALLES NUUT MAAK en GENEES! Die Dag waar EK hulle wat tot die bitter einde VIR MY gestaan het, sal OPRIG met MY LIEFDE en KRAG! MY Naam sal GEKEN word!”

Ek sien toe die Hemele geopen en skares en skares van engele besing in koorgesang en loof JAHSHUA! Die Boodskappers saam my op die bergkoppie kniel toe neer en JAHSHUA sê aan my: “MY kind, dit is hoe lief EK julle het, en die Traan vanuit MY heet, Barmhartigheid.” JAHSHUA neem elke stukkie en pas dit soos ‘n legkaart aanmekaar. Maar ek let toe op dat daar geen meer swart of bruin kolle op is nie. Elke stukkie was skoon en suiwer. Maar EK sien JAHSHUA verseël elke stukkie weer aanmekaar met die druppels wat vanuit SY Hande kom. SY BLOED!!! Toe JAHSHUA die laaste stukkie heg met SY BLOED toe plaas JAHSHUA albei SY Hande daarop en die Vierkleur begin te straal met Hemelse substans en LIG volgens die volgorde: Rooi, Wit, Blou en Groen. Daar kom toe ‘n Boodskapper aangevlieg en Hy sê toe aan JAHSHUA: “My MEESTER, alles is voorberei en in orde.” JAHSHUA kyk toe om en dra die Vierkleur in SY Hande. JAHSHUA sê toe: “Volg MY!” Ons gaan saam met JAHSHUA en ons kom op ‘n plek, ‘n Paleis wat straal van Hemelse Glans. Dit was ‘n Paradys wat straal van Prag en Liefde! Ek voel toe ‘n ENERGIE wat MY Wese deurdring en ons stap toe nader na ‘n spesifieke Boom. Toe ek die Boom sien en sien wat om daardie Boom lê, toe bars ek uit in trane en roep tot JAHSHUA.

HY sê toe vir MY: “MY kind, hier is waar MY Nuwe Jerusalem begin het. Hier het EK MY Vinger getrek en MY Anker geplaas. Hier is hulle! MY kindertjies! MY Gilgaliete! Dit is hulle MY kind, wat MY kinders geseën het en nooit vervloek het nie! Hier sal EK die Vierkleur oprig met MY STAF.

KYK, EK MAAK ALLES NUUT en smarte en bloed sal daar nie meer wees nie! Dit is VERBY! HIER IS EK, in julle midde!”

(Einde van visioen. Toe raak ek wakker met trane in my oë en ek prys JAHSHUA want HY IS, HY IS GETROU!)

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205