Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 107

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 107 - Woord ontvang op 26/09/19

“Daniel, MY kneg, skrywe weer vir MY en volg die Stemtoon van MY Liefde. Hoor die spraak van MY Oergrondpool van Ewige Liefde en luister met jou hart. Voorwaar sê EK vir jou, Edel is die hart wat Liefde verkies! Voorwaar voorwaar sê EK, die LIEFDE, neem hierdie Woorde nie ligtelik op nie, want daar sal nie met MY gespot word nie! Maar baie van julle in MY Volk bespot MY en MY Woord. Wanneer MY Woord nie bespot word nie, dan word dit afgewater na iets onedel!

Laat EK julle, MY Volk, laat verstaan! EK het gesê: Edel is die hart wat Liefde verkies! ‘n Hart wat liefde verkies gaan nie om met hoerery en geestelike besoedeling nie. ‘n Hart wat Liefde verkies, gaan geensins om met leuentaal, bedrog en omkopery nie. In so ‘n hart is daar geen sprake van hoogmoed, trots en eie-eer nie, want indien hierdie eienskappe in ‘n hart gekoester word, dan is die hart nie meer edel en suiwer voor MY nie! ‘n Hart wat Liefde verkies handel volgens Wysheid en soek na Insig; so ‘n hart begeer MY Gees en Barmhartigheid sodat hierdie hart aan hande kan bind om as werke voort te kan vloei as ‘n Skeppingsdaad van Liefde en Gehoorsaamheid. Harte wat Liefde verkies en wat altyd eerstens die Liefde raadpleeg in Gees, sal voorspoedig wees in die oestyd en ‘n oorvloedige seën sal beloon word deur MY. Harte van Liefde word nie besoedeld en deurdring deur eie-liefde, eersug, grootpratery en skinder nie. Laat EK, EK IS WAT EK IS, vir julle sê, voorwaar sê EK vir julle: Julle wat omgaan met die gees van skinder, terwyl julle hierdie gees gehoorsaam agter die rûe van julle broers en susters, julle is vuil voor MY Aangesig en besoedeld is die vrugte wat julle in julle harte dra! Die heel eerste skindersonde was gepleeg deur MY teenpool, satan. Hy het gaan skinder by engele en hemelwesens en het gesê: “Volg my, dit IS EK, ek is die Groot Gees wat ALLES doen en ek doen dit alles. Dit is my krag en heerlikheid wat julle moet volg en eer toebring. Alles het ek gedoen!”. Hy het gedink deur dit te gaan skinder in die groeiende duisternis van sy hart, dat EK dit nie sou hoor nie. Maar weet en hoor nou die Stem van EK IS! So spreek JAHWEH van die Leërskare: EK sien ALLES en EK hoor ALLES! Niks is voor MY verborge en niks kan vir MY weggesteek word nie! Al dink julle, MY Volk, dat julle in die geheime duister vertrekke van julle siele kan dinge doen, dink en spreek wat EK nie sal van weet nie! EK WEET ALLES! Hierdie skindergees bedwelm julle siele met ‘n gees van haat en afguns! Laat julle gewaarsku wees op hierdie dag wat EK deur hierdie kneg van MY spreek! Stop julle lasterlike woorde van afguns, skinder en leuentaal!

Waarom word MY Liefde nie uitgevoer in gedagte, woord en daad nie? MY teenpool is slinks en skelm en hy loop rond soos ‘n verskeurende honger hiëna! Hy teister julle met versoekings en aanvalle, maar dink julle nie dat EK laat hom toe om dit te doen sodat EK kan sien hoe julle daarop gaan reageer nie? Dit is vir julle eintlik niks anders as beproewinge en toetse nie. En hoeveel kere per dag faal julle hierdie geleenthede om tot MY te roep en MY te gehoorsaam en dus te OORWIN! EK gee julle alles wat julle nodig het om altyd te kan oorwin, maar julle hoor hierdie Woorde en vele gesproke Woorde van MY en julle voer net nie MY Woord uit nie. Julle volg julle eie dwase harte wat geen goud, geen suiwer vrugte van MY Gees en geen Liefde bevat nie. Die hart wat Liefde verkies gaan nie om met spotters en lasteraars nie; sulke harte handel nie liefdeloos en sonder MY Gees se leiding nie. EK weet julle begaan foute en het swakhede MY Volk, maar let altyd op MY Woord en die Leiding van MY Gees. Roep tot MY in nederige gebed en begeer om te omvorm tot daadwerklike Liefde en vra MY om julle te wys hoe om te handel volgens MY Wysheid te alle tye. Wanneer julle onopsetlik ‘n fout begaan, is EK altyd daar om julle te lei en te leer. EK is die Liefdevolle VADER, maar EK sit met ‘n Huis vol kwaadwillige, onbereidwillige kinders wat die gees van liefdeloosheid navolg. Die tyd is so te sê op MY Volk! Kom uit hierdie besoedeling uit en laat toe dat die besoedeling ook uit julle uitgehaal word. Julle harte moet skoon word en gesuiwer word. Julle is nou tans in die smeltkroes en EK is die EEN wat Oordeel volgens MY Volmaakte Liefde en Wysheid. Dit is nie vir julle om selfaangestelde regters te speel oor julle broers en susters en dan dit ook nog in onregverdigheid en ongeregtigheid uit te voer nie. ‘n Hart van Liefde vermaan en waarsku wel in Liefde en dit behoort altyd volgens MY Weë van Wysheid en Orde te geskied. Maak seker dat julle nie herinner word aan die tyd toe EK as JAHSHUA in die sand geskryf het met MY Vinger nie en laat EK nie in die sand van julle harte skryf wanneer julle vals oordeel en beskuldig, terwyl julle ook vol sondes is nie.

‘n Hart wat Liefde verkies is nie vriende met die wêreld en haar besoedeling nie. Sulke harte soek nie die eer van mense nie en soek ook nie om op ‘n verhoog geplaas te word nie. Onthou MY Woorde: Die wat eerste wil wees, sal laaste wees; en die wat laaste wil wees sal eerste wees. Hulle wat laaste wil wees, met ander woorde, hulle wat nederig en selfverloënend wil wees met Liefdevolle dapper harte, sal eerste wees in MY Koninkryk! MY Woorde moet in julle harte begin groei tot voorspoedige lewegewende Vrugtebome, want aan die vrugte sal julle uitgeken word. Aan julle woorde, denke, dade en reaksies sal julle geken word en julle harte sal geweeg word. Handel volgens MY Liefde en raadpleeg altyd eerstens MY, die Ewige Volmaakte LIEFDE sodat EK julle vooruit kan gaan. Maak MY deel van julle en laat toe dat julle harte skyn in ‘n donker wêreld vol haat en nyd. Wanneer julle spreek, spreek in en volgens Waarheid, sonder leuentaal en sonder verskuilde agendas. Die Waarheid maak julle vry. Julle sal altyd vry wees wanneer julle MY Gees van Waarheid navolg en dade van reg en geregtigheid doen. Harte wat Liefde verkies, vergewe EN vergeet; hierdie harte is VRY! Want wanneer julle nie kan vergewe en vergeet nie, dan is daar bande van die verlede wat julle gevange hou. Dit veroorsaak siels- en liggaamsiektes. Wanneer julle ten volle wil genees, dan moet eerstens julle siele genees word en dan voorspruitend daaruit, julle liggaamlike genesing. Julle siele genees wanneer julle harte kies om Liefde TE WEES in WESE en dus gehoorsaam te wees in Geloof en Vertroue. Wees nederig en aan julle wat gehoor gee aan MY oproep en wat steeds vasgevang is in die dwaling en ongehoorsaamheid, kom met innerlike berouvolle gebed na MY toe en EK sal julle begin bevry en genees en daarna ook BEKRAGTIG om vir MY te skyn - EK deur julle. Julle in MY en MY in julle, EK IS WAT EK IS begeer dat julle een word met MY.

Hoor MY kneg en stuur hierdie Woord aan MY Volk: Geseënd is die siel waarin hierdie Brood nou breek.

Julle VADER en SKEPPER, EK IS!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205