Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 131

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Boodskap No 131 aan Lukaas van Hout op 5 Januarie 2014

EK IS wat EK IS skei die vals Huis van Israel. Die Nuwe Jerusalem in Suid-Afrika weggesteek.

"Vertel en verklaar aan almal dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS JaHshua, Ek, JA Ek, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, vertel en verklaar aan almal van hulle dat Ek, die EK IS wat EK IS jou gestuur het en jou BEVEEL HET om My te betuig aan almal van hulle in hierdie land, My volk, My Suid-Afrika en dat Ek beveel dat My Huis van Israel bevry moet word om My te volg en om My wil te doen soos wat Ek julle onderrig en beveel het deur almal wie Ek aan julle gestuur het deur al julle geslagte tot op hierdie dag; Huis van Israel, BETUIG MY!"

(Lukaas: Hierdie woorde het vroeg vanmiddag gekom en was bedoel vir die einde van die een-en-twintig dae, daardie drie periodes van sewe dae.

Baie tyd is in gebed bestee op soek na Sy raad, want sy Heilige Gees het begeer om hierdie woorde voor die bestemde tyd te plaas en dit het my baie in my hart gegrief oor ons volk.)

"Jy moet nie My Heilige Gees weerstaan om hierdie woorde aan My volk voor die vasgestelde tye te gee nie, want dit is dienstig vir My planne en vir My doelwitte dat jy hierdie woorde nou gee soos wat My Heilige Gees jou beveel om te doen."

"Dit is My wil dat My volk weet van die komende oordele wat sal kom as hulle nie na My luister nie."

"Verset jou nie om hierdie woorde te gee nie."

"Ek het jou gebede regdeur hierdie dag gehoor soos wat jy deur My Heilige Gees gebid en My raad gevra het in hierdie aangeleentheid."

"Lewer hierdie woorde voor die vasgestelde tyd, sodat hulle wat huiwer en hulle wat My teenstaan, moontlik hul geloof in heroorweging sal neem en My wil doen."

"Lewer hierdie woorde voor die vasgestelde tyd, sodat My volk My welwillende genade en liefde kan sien wat met hul harte pleit om weg te draai van hul vals leerstellings en vals dogma, sodat hulle My wil sal doen en My en My woorde soek, terwyl My Heilige Gees nog steeds tot hul harte pleit.”

"Sewe dae was aan My Huis van Israel binne en buite Suid-Afrika gegee om hulle te toets en te beproef om te sien of hulle by My sou staan, Ek IS wat EK IS." "Ja, daar was sewe dae toegestaan aan hierdie Huis van Israel binne My Suid-Afrika, om te sien of hulle by My sou staan al dan nie."" Tog het slegs min by My gestaan."

"Nog sewe dae was aan My Huis van Israel binne en buite My Suid-Afrika toegestaan om hulle te toets en te beproef om te sien of hulle by My sou staan, Ek IS wat EK IS." Ja, nog sewe dae is aan hierdie Huis van Israel in My Suid-Afrika toegestaan om te sien of hulle saam met My, hulle Skepper, sou staan."

"Nog sewe dae was toegestaan as gevolg van die paar wat My wil gedoen en by My in hulle geloof gestaan het."

"Nog sewe dae was toegestaan as gevolg van die paar wat My ywerig gesoek het en as gevolg van die paar wat ernstig en met groot nederigheid vir hierdie Huis van Israel in My Suid-Afrika gebid het om My wil te doen." "Ja, as gevolg van hierdie paar was nog sewe dae toegestaan."" Tog het min by My gestaan, hulle liefdevolle Vader wat so begeer om hierdie Huis van Israel te seën."

"'n Groot verontwaardiging het onder die Huis van Israel ontstaan oor hierdie woorde, tog het Ek ter wille van My getroues nog sewe dae toegestaan om My volk nog een keer te toets en te beproef om te sien of hulle in die geloof by My sal staan en My wil sal doen."

"Nog sewe dae was toegestaan as gevolg van die paar wat My ywerig gesoek het en as gevolg van die paar wat ernstig en met groot nederigheid gebid het vir hierdie Huis van Israel."

"As gevolg van die getroue harte van hierdie paar was nog sewe dae toegestaan."

"Die verontwaardiging teen hierdie woorde van hierdie Huis van Israel, ja, die verontwaardiging teen My woorde, EK IS wat EK IS, MY WOORDE, die verontwaardiging teen My woorde is selfs groter as voorheen in hierdie Huis van Israel se uittarting van My en My wil!"

"Dit was so en dit moet so wees vir My planne en vir My doelwitte om hierdie vals Huis van Israel aan julle te openbaar."

"Kom kinders en kyk na My heilige stad Jerusalem!"

"Ja kinders, kom kyk na My heilige stad, Jerusalem!"

"Dit is My heilige stad wat binne-in My koninkryk vertoef, heilig en suiwer is hierdie stad wat binne-in My koninkryk vertoef"

"Kom nou My kinders, Ek wil aan julle 'n raaisel toon."

"Hierdie heilige stad is My stad waarin Ek My ware Huis van Israel en dogter van die mens weggesteek het wie na My luister en wie My wil doen."

"Ek het My ware Huis van Israel en dogter van die mens in die hemele weggesteek, in die hemele en in die Suiderkruis het Ek hierdie ware Huis van Israel en die dogter van die mens versteek, wie My so liefhet en My wil in alle dinge doen, selfs daardie dinge wat hierdie dogter van die mens gewond het om haar te versterk en haar aan te moedig vir die reis wat voor haar lê, soos wat sy vir 'n tyd alleen sal moet loop om My planne en My doelwitte vir My ware Huis van Israel te vervul."

"Hierdie ware Huis van Israel is hulle wie vir My opgestaan het en My wil verklaar het vir My Huis van Israel in My Suid-Afrika."

"Ja, dit is My ware Huis van Israel wat na My luister en by My in die geloof staan om My wil vir My volk aan Farao te verklaar."

"Tog is die getalle van hierdie ware Huis van Israel te min om hierdie ware Huis van Israel te verlos volgens die profete en My wil, tog is hierdie getalle te min."

"Vrees nie en wees nie ontsteld nie, ware Huis van Israel van My wie Ek in My Jerusalem versteek het, vrees nie en wees nie verskrik nie." "Dit was nog altyd My plan om jou te skei van die vals Huis van Israel wat haarself versier met die goud en silwer van Egipte."" Dit was so om jou te skei van jou broers en susters wat die gemak van Egipte en Farao gekies het, in stede van My, hulle liefdevolle Vader en Skepper."

"Dit is daardie Huis van Israel wat My drie keer voor Farao sal verloën, twee keer het reeds verbygegaan." "Drie keer sal dit wees, maar dit sal die drie keer wees wat hierdie vals Huis van Israel My sal verloën en My sal verraai vir die liefde van hul geriewe en goud en vir die vergulde hokke van hul wonings, deur Farao aan hulle gegee vir hul slawerny in Egipte.”

"Dit is daardie Huis van Israel wat My en My volk in My aangesig verraai."

"Dit is daardie Huis van Israel wat die gemak van Farao en die slawerny van Egipte gekies het, omdat hulle bang is om die Heilige Volk te word wat Ek so graag van hierdie Huis van Israel wou maak, so desperaat is hulle vir die nasie wat hulle begeer, 'n nasie van hul eie begeertes en luste, 'n nasie wat nooit sal wees nie, soos wat dit eens in sy verloëning van My was nie."

"Dit is daardie Huis van Israel wat sy fondament op haat gebou het."

"Dit is daardie Huis van Israel wat sy broers en susters verag en ontken."

"Dit is daardie Huis van Israel wat homself die enigste seun van Israel verklaar, so arrogant en hoogmoedig het hierdie vals Huis van Israel vir My geword in sy oneerbiedigheid aan My en My wil."

"Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS sien jou, vals Huis van Israel en alles wat jy gedoen het, terwyl jy met Farao aan sy tafel gesit en die verbode lekkernye geëet en gedrink het." "Selfs uit die einste hand en selfs uit die einste mond van Farao eet en drink jy van die verbode lekkernye."" Hierdie lekkernye het die muise en die varke geword waarvan Ek gepraat het dat jy dit in die geheim doen."

"Ja, Ek sien alles wat jy in die geheim doen en omdat jy My en My volk verloën het om te sit en te eet en te drink saam met Farao, selfs om My volk in jou vergaderings te verraai aan Farao, so gee Ek jou nou oor aan Farao en verloën Ek jou aan Farao soos wat jy aan My gedoen het."

"Sowaar as wat Ek leef, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS van alles wat is, was en sal wees, ja, EK, EK IS wat EK IS skei hierdie vals Huis van Israel voor die wêreld, soos wat Ek julle gewaarsku het dat Ek sal".

"Sowaar as wat Ek leef Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, Ek het reeds My Heilige Gees onder julle gestuur om julle te ontbloot aan julle gemeentes en julle vergaderings en hulle sal van julle af wegvlug en julle naak en beskaamd laat." "Ja, Ek sal My Heilige Gees uitstuur om julle te ontbloot voor julle gemeentes en voor julle vergaderings." "Vanuit hulle sal die kom wat deel van My ware Huis van Israel sal word, wat Ek sal verlos soos wat Ek belowe het."

"Jy het My verraai, vals Huis van Israel, jy het My beskaam voor die wêreld in jou weiering om by My te staan en om jou geloof in My en in My wil te verklaar!"

"Jy het hierdie dinge gedoen, want jy het geen geloof in My nie, want jy het nog nooit geloof in My gehad nie!"

"Ek was maar woorde op jou lippe om aan My kinders te lees, te praat en te preek vir jou wil, jou planne, jou doelwitte en alles daarvan vir jou eie selfsugtige begeertes."

"Jy dien jou vader, die duiwel en het van hom alles ontvang wat hy aan jou getoon het wat hy aan jou sal gee, toe jy op die krans gestaan het waarheen hy jou geneem het en jou die rykdom en krag van die wêreld gewys het wat hy jou sal gee as jy hom sou kies en dien soos wat jy gewillig gedoen het."

"Jy het sy woord gekies en alles wat hy jou sou gee bo My woord en nou sal jy, vals Huis van Israel, oorgelewer word in die hand van die vader wie jy dien, die duiwel en in sy hand om met jou te doen soos wat hy wil."

"Jy sal sterf in jou rykdom en jy sal sterf in jou slawerny wat jy bo My gekies het."

"Soos wat dit geskryf is en soos wat dit voorspel is, die verraad kom nie van die kinders van Gam nie, maar van hierdie vals Huis van Israel wie My volk listig mislei in hul skynheiligheid." "Ja, in hul leuenagtige skynheiligheid het hierdie vals Huis van Israel My verraai en My volk mislei op elke denkbare wyse, selfs om My boodskappers wat deur My gestuur is om hulle te red, te vervloek, so desperaat is hierdie vals Huis van Israel om te bly soos wat hulle is, sodat hulle kan voortgaan om die slawerny van Egipte en al die verbode lekkernye en al die goud en silwer te geniet wat hierdie vals Huis van Israel so vetmes."

"Soos wat Israel My as JaHshua verraai het vir dertig silwer­stukke, so het julle nou, hierdie vals Huis van Israel, My weer verraai en My volk verraai vir silwer en goud"

"Daarom, vals Huis van Israel, omdat jy My woord versmaad het, so sal My woord jou nou versmaad, en nou sal My woord 'n verlatenheid van verlatenhede vir jou word vir jou verraad, vals Huis van Israel." "Ja, My woord word nou `n verlatenheid vir jou en My woord vervloek jou nou en oordeel jou nou, omdat jy My en My kinders verraai het, waarmee Ek jou vertrou en in jou sorg gelaat het."

"As gevolg van jou, vals Huis van Israel, ja, as gevolg van jou sal die slawerny van My volk selfs nog meer toeneem."

"Dit was nooit My wil nie!

"Ek het gereedgestaan om julle te red, as julle maar net by My in geloof gestaan het en My instruksies gevolg het!

"Deur jou sal die sterftes van My volk nog meer toeneem en soos wat Ek julle alreeds vertel het, van hierdie dag af aan, jy vals Huis van Israel, ja, van hierdie dag af aan, julle vals en leuenagtige wagters van My Huis van Israel wat versuim het om My volk te waarsku, soos wat Ek die wagters van My Huis in My woord onderrig en beveel het, van hierdie dag af aan sal elke vloek, elke verontwaardiging, elke wee en lyding en elke sterfte van My volk deur My van julle hand geëis word op die dag van oordeel, EK IS wat EK IS; Ek het jou so liefgehad, nou werp Ek jou van My af weg!"

"Tog het Ek My ware Huis van Israel gespaar, hierdie ware Huis van Israel in My Suid-Afrika wat My en My kinders so liefhet."

"Wees nie bevrees nie, My ware Huis van Israel, wees nie bevrees nie!"

"Ek het jou weggesteek in My heilige stad, Jerusalem en jy sal nie gevind word totdat die tye aanbreek waarin dit My begeerte sal wees dat jy gevind word vir My planne en vir My doelwitte nie."

"Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, jou liefdevolle Skepper het jou vermom en jou verberg totdat die tye wat kom sal aanbreek, dan sal Ek jou openbaar aan My ware Huis van Israel wat tans nog buite die stad vertoef, sodat hulle na jou kan vlug in daardie tye wat voorspel is."

"Ek sal hulle lei tot waar Ek jou onder die sterre in die Suiderkruis weggesteek het, daarheen sal Ek hierdie ware Huis van Israel heen lei, jou broers en susters wat buite die poorte van My Heilige Stad vertoef."

"Wees nie bevrees nie, Huis van Israel, wees nie ontsteld nie, dit moet so wees vir My planne en vir My doelwitte."

"Nou sal My ware Huis van Israel, binne en buite die poorte van My Heilige Stad, ja nou sal My ware Huis van Israel sy vals broers en susters leer ken, hierdie vals broers en susters wat nie by My in geloof wou staan nie en My nie aan hierdie volk, My Suid-Afrika, betuig het soos wat Ek beveel het nie."

"Ja, nou sal julle hierdie vals Huis van Israel ken wat nie in geloof by My wou staan nie. Nie net sal hulle nie in geloof by My staan nie, hulle doen dit in wrewel teenoor My en nie as gevolg van swak geloof nie."

"Hierdie vals Huis van Israel sal nie by My staan nie, want hulle dink dat Ek slegs aan hulle behoort, onderworpe aan hulle en dink dat Ek hulle wil moet dien, so hoogmoedig en arrogant is hulle om sulke dinge van My te dink, ja Ek, EK IS wat EK IS, die Skepper, so hoogmoedig en arrogant is hierdie vals Huis van Israel om sulke dinge van My te dink!"

"Nee, maar wie is jy, vals Huis van Israel, dat jy, wat deur My geskape is, wie is jy, blote sterflike mens, dat jy dit durf waag om My te omvorm na jou beeld en om My te onderwerp aan jou wil?"

"Nee, maar wie is jy, vals Huis van Israel, WIE IS JY, jy wie deur My geskape is, wie is jy blote sterflike mens, WIE IS JY WAT DIT DURF WAAG OM MY TE OMVORM TOT JOU BEELD EN OM ANDER TE ONDERRIG IN DAARDIE BEELD WAT JY VALSLIK VAN MY GESKEP HET, WIE IS JY? "

"Moenie dink dat Ek julle nie ken nie, vals Huis van Israel, Ek ken julle, blote sterflike mense van hierdie vals Huis van Israel wat soos die Satan geword het, om My te omvorm na hulle beeld en om My te omvorm aan hulle wil, op soek na hul troon bo Myne!"

"My woord sal 'n verlatenheid van verlatenhede word vir jou verraad, vals Huis van Israel, ja My woord word 'n verlatenheid vir jou!"

"Nou sal jy almal van hulle ken wat jou verraai het, My ware Huis van Israel!"

"Ja, nou ken julle hierdie vals Huis van Israel wat openlik gekies om My en My wil te verloën voor hierdie wêreld en deur hul eie keuse, gekies het om Farao te dien en om slawe te bly."

"Ja, hierdie vals Huis van Israel het My en almal van My ware Huis van Israel, wie My woord hoor en My wil doen, verraai."

"As gevolg van hulle wat valslik getuig van My in hierdie Huis van Israel, ja, as gevolg van hulle moet julle verlossing uitgestel word vir 'n tyd."

"Onthou My raaisel en wag vir My, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader!"

" Kom nou, My kinders en sien My stad Jerusalem!"

"Ja kinders, kom kyk na My heilige stad Jerusalem, versier soos 'n bruid!"

"Dit is My stad, My heilige stad wat vertoef in My koninkryk en wat die woonplek is van hierdie dogter van die mens."

"Dit is My stad waarin Ek My ware Huis van Israel vir 'n kort rukkie weggesteek het vir My planne en vir My doelwitte, terwyl Ek voorberei om My ware Huis van Israel in My Suid-Afrika te verlos."

"Hierdie weggesteekte Huis van Israel binne My heilige stad is die Huis van Israel wat saam met My opgestaan het en My wil betuig het vir My Huis van Israel in My Suid-Afrika, ja dit is My Huis van Israel wat vir My in geloof opgestaan het."

"Maar vir 'n tyd moet hierdie Huis van Israel weggesteek word van die oë van Farao, totdat alles gereedgemaak is vir My Huis van Israel wat buite die poorte van hierdie stad wag vir My woord om in te gaan."

"Vrees nie en wees nie ontsteld nie, ware Huis van Israel van My binne en buite die poorte van My Heilige Stad wat Ek in My Jerusalem binne-in My Koninkryk weggesteek het."

"Vrees nie en wees nie ontsteld nie."

"Dit was nog altyd My plan om jou af te skei van daardie vals Huis van Israel as hulle nie na My wou luister nie, hierdie vals Huis van Israel wat haarself versier met Egipte en wie Egipties in gees geword het om hulle eie begeerlikhede en luste te bevredig, eerder as om My te dien en alles wat Ek vir hierdie Huis van Israel, hierdie vals Huis van Israel wou gedoen het, wie Ek voor die wêreld geskei het."

"Vrees nie en wees nie ontsteld nie, ware Huis van Israel van My, want daardie getalle wat uit daardie vals Huis van Israel sal vlug, is die getalle wat Ek gekies het as My heilige volk wat Ek saam met jou as My ware Huis van Israel sal bou. EK IS wat EK IS."

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205