Die Geestelike Son - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102.

Die eenvoudige man. Vrywillige bekentenis van die prior

90 Kyk, die eenvoudige man gaan na ons prior toe. Toe hy hom sien gaan hy hom, soos julle sien, tegemoet en rig hom spoedig met die volgende woorde tot hom: (Die prior) vriend en broer, wees duisend maal gegroet en van ganser harte welkom! Jy is nog wel `n vreemde vir my, want ek kan my nie herinner om jou ooit in my gemeenskap te gesien het nie. Op aarde het ek egter reeds baie mensenkennis, waarvan ek, al is dit maar `n klein deeltjie, vanselfsprekend slegs deur die allerheiligste onverdiende genade en erbarming van die Heer, hierheen saamgebring het. Daarom sien ek dat jy `n man met `n baie edele inbors moet wees. Ek sal jou dan ook dadelik vertel wat ek op die hart het.

2 Kyk, ons behoort op aarde almal tot die priesterstand. Maar soos wat dit nou eenmaal in die wêreld gaan, was ons voor die aangesig van die Heer sekerlik alles, behalwe priesters, gewees. Ons het weliswaar outomaties gedoen wat ons voorgeskryf was, die sogenaamde godsdienstige seremonies, maar hoe weinig eg “godsdienstig” dit was, het `n bode van die Heer ons so pas sonhelder duidelik gemaak. Kortliks, ons was tot nou toe, en is dit merendeels nog, gevange in ons eie dwalinge, wat op alle moontlik verkeerde idees gebaseer was. Ons sou self nooit daaruit gekom het as die oneindige Liefde van die Heer haar nie oor ons grenslose armoede ontferm het nie.

3 Aan die oorkant van hierdie kloof sien julle nog diegene van ons broederskap wat die meeste gevaar loop. Die bode van die Heer het my hierheen gestuur om die arme broers uit hierdie gevangeskap weg te lei. Ek doen reeds al die moontlike om die geseënde doel met hulle te bereik, maar daar is oor hierdie kloof nog steeds geen oorsteekplek te sien nie. Ek weet egter wat die bode van die Heer my opgedra het en is innerlik ook volkome daarvan oortuig dat ek hierdie arme broers van ganser harte sou wil help, as dit maar op een of ander manier moontlik was.

4 Die bode van die Heer het my trouens vir hierdie opdrag uitsluitlik na die hulp van die Heer verwys. O liewe vriend en broer, ek is diep in myself wel daarvan oortuig dat die Heer, soos niemand anders in die hele oneindigheid nie, hierdie broers en ook vir my kan help nie, maar ek weet ook dat ek die hulp van die Heer maar al te onwaardig is. As jy my egter by die red van hierdie armes `n bietjie sou wil en kan help, dan is ek daarvan oortuig dat jy sekerlik vir hierdie allerarmste broers `n goeie werk sou verrig het. En as ons dan slaag om hierdie armes in die Naam van die Heer oor hierdie huiweringwekkende kloof te bring, dan sal ek my, saam met jou, vir eers in gees en volle waarheid in my nietigheid voor die Heer in die stof werp en sê:

5 O Heer, allergenadigste en beste Vader, ek dank U vir die onmeetlike genade wat U my bewys het, waardeur ek nou insien en uit die grond van my hart kan sê: O Heer, ek het niks, maar U het alles gedoen; ek is daarenteen U slegste en mees nuttelose kneg.

6 Die eenvoudige man sê: Wel, my liewe vriend en broer, ek het jou heeltemal begryp. Maar wat gaan ons nou doen? Moet ons miskien balke of planke daaroorheen plaas?

7 Die prior sê: O, liewe vriend en broer, dit het ek al probeer, maar die grimmige vuur daar benede verwoes dadelik alles wat mens daaroorheen plaas. Kyk maar net na benede; dit is om van wanhopig te word as mens sien hoe die huiweringwekkende vlammesee daar tekere gaan.

8 Die eenvoudige man sê: Goed, liewe vriend en broer, dan sal ek gaan en kyk hoe dit met die vuur gestel is. Kyk, ek is al by die kloof en ek moet eerlik aan jou beken dat ek, op enkele vonkies na, werklik geen vuur meer sien nie.

9 Om hom self daarvan te oortuig, gaan die prior ook kyk. As hy egter in die kloof gekyk het, hef hy sy arms omhoog en roep die ander broers toe: O broers, kom nader na die kloof en oortuig julleself daarvan, hoe oneindig genadig en barmhartig die Heer is! Daar is nouliks nog enkele vonkies in die diepte te sien. Werp julle neer en dank ons enige Heer! Hy alleen het die huiwering­wekkende vuur verstik. Verstik julle nou hierdie vonkies met trane van berou en betuig aan Hom, die heilige almagtige Helper in elke nood, die grootste moontlik dank. Wees volkome daarvan oortuig en verseker dat die goeie, heilige, liefdevolle Vader, wat ons tot so ver gehelp het, ons sekerlik ook nog verder sal help.

10 Kyk net hier, daar het `n goeie, liewe broer na ons toe gekom. Nog weet ek nie vanwaar en wie hy is nie, maar dit is wel seker dat die allerbarmhartigste Heer Jesus Christus hom gestuur het om my met julle redding te help, want dit lei ek af uit sy groot bereidwillig­heid.

11 Kyk, die reeds naakte broers aan die oorkant van die nou gebluste kloof werp hulle by die woorde van die prior diep ontroerd nogmaals op hulle aangesig neer en dank God vir soveel genade en erbarming. En die prior vra nou aan die eenvoudige man, of hy dink dat daar nou met balke en planke `n brug gebou kan word.

12 Die man sê: Ek dink, as die Heer die vuur reeds sonder jou toedoen geblus het, dit ook nog sou kan gebeur, dat op die korrekte oomblik, as jy die nodige vertroue het, hierdie kloof hom, net soos wat dit eertyds ontstaan het, stellig ook weer sal sluit.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205