|
Die Geestelike Son - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 6
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102. |
|
|
Die geestelike kosmiese diorama. (kykspel) Die sfeer van die eerste gees
6 Hoe sal ons dit dan aanpak, sodat ons op ons nog steeds eenvoudige, geestelike son, meer te siene sal kry? Sal ons tog nie maar daartoe oorgaan om uiteindelik groot en ver ontdekkingsreise te onderneem, of sal ons onsself op een of ander plek opstel, mond en oë goed en ver oopmaak en afwag of die gebraaide voëls dalk nie in ons monde wil invlieg nie? Ek sê: Ons doen nóg die een nóg die ander, maar ons sal ons in `n geestelike kosmorama (`n kykie in die kosmos) en diorama begewe en sal onsself daar so goed as moontlik vermaak met die wonderbaarlike aanskouing in die hart. Sodat julle egter `n beter voorstelling vir julleself daarvan kan maak, sal Ek weer, deur `n baie duidelike voorbeeld, die geheel beter vir julle laat begryp. Julle het tog sekerlik eens `n sogenaamde “optiese diorama” gesien, waarby mens deur middel van `n vergrootglas, met `n deursnee van ongeveer `n halwe voet, `n goeie skildery, wat teen `n swart wand opgestel is, kon bekyk. As julle so `n egte goeie eksemplaar bekyk, kan julle doen wat julle wil, julle kan julle fantasie en verbeelding na vermoë temper en verander, en tog sal julle dit, met al julle inspanning, nie so ver bring dat julle die geskilderde afbeelding sal sien as iets wat slegs geskilder is nie. Dit sal steeds volkome ruimtelik verskyn en die voorwerpe so toon dat julle hulle sal sien soos julle hulle in die natuur sien, vooropgestel dat die afbeeldings en die glas self van uitstekende kwaliteit is.
2 Wanneer julle julleself nou in `n hut bevind waar sowat twintig sulke vergrootglas vensters aangebring is, dan sal julle, uiterlik gesien, alle vensters tog sekerlik volkome gelyk vind. Maar wanneer julle nader kom, sal julle in die klein vertrek, via die twintig vensters, met weinig tree `n reis maak wat julle andersins dalk in geen jare sou kon gemaak het nie. Ieder venster lyk wel presies soos die ander, maar deur die venster gekyk, is `n hele wêreldgebied. Julle gaan na die tweede venster en kyk daardeur: Wat `n hemelsbreë verskil met die vorige; en so verder tot by die laaste venster. Het nie elke nuwe uitsig julle egter buitengewoon verruk nie? Julle moet dit klaarblyklik beaam, want deur die een venster sien julle `n voortreflik uitgebeelde groot stad met `n uitgestrekte landskap in haar omgewing. Deur die volgende venster sien julle `n buitengewoon romantiese bergstreek, so perfek uitgebeeld, dat julle dink om maar net die swart wand deur te breek om julle werklik in hierdie omgewing te bevind. Julle kan julle byna nie daarvan losmaak nie, maar die gids sê aan julle: By die volgende venster sal julle nog iets indrukwekkender sien. En julle begewe julle na die derde venster. By die eerste aanblik is julle al volkome oorrompel, want julle sien `n eindeloos uitgestrekte see-oppervlak, en langs die see `n oewergebied met al haar prag, in die blou newels. Op die uitgestrekte see-oppervlak sien julle hier en daar eilande en talloos baie groot en veral klein seeskepe. Dit alles is so voortreflik uitgebeeld, dat julle nie anders kan as om uit te roep en te sê: Hier hou kuns op om kuns te wees en tree hulle volkome die gebied van die suiwer, natuurlike werklikheid binne! Dan lei die gids julle na `n volgende venster, waar julle opnuut en nog meer verras word, en so gaan dit verder tot by die laaste venster.
3 As julle alles so noukeurig bekyk het, sou julle wel wil gaan, maar die gids hou julle teë en sê: Liewe vriende, wil julle nie nog `n keer na die eerste venster gaan nie? Julle sê aan hom: Dit het ons tog al bekyk. Maar die gids sê: Die venster is wel dieselfde, maar die uitsig het heeltemal verander. Daarop gaan julle kyk en sien, tot julle grootste verbasing, weer iets heel nuuts en iets totaal onverwags. En so gaan dit langs die hele ry van al twintig vensters. Hoogs verbaas verlaat julle weer die laaste venster en die gids sê weer aan julle: Vriende, die vensters is nog wel dieselfde, maar daaragter is reeds oral weer `n nuwe wêreld te sien. Vol verwagting gaan julle weer kyk en roep al by die eerste venster: Wonder bo wonder!!! Agtenswaardige vriend, u is onuitputlik op u kunsgebied. En hy sê aan julle: Ja beste vriende, so sou ek julle nog dae lank met steeds nuwe en steeds mooier, afwisselende beelde kan besighou.
4 Kyk, in hierdie klein, eentonige ruimte het julle geniet van `n wêreldpanorama, soos menige groot wêreldreisiger in werklikheid nie gesien het nie. Julle oë het afstande van honderde myle en nog meer aanskou en dit alles in `n ruimte van enkele vierkante meters.
5 Kyk nou net, dié aanskoulike voorbeeld gee ons `n egte goeie voorsmakie van die wonderbaarlike geestelike aanskouing op ons geestelike son. Dit laat ons sien hoe ons van daar af `n klein oppervlak so oorweldigend baie voor ons geestesoog te siene kan kry, netsoos ons so pas in ons optiese kamertjie, met die grootste gemak, ten minste die helfte van die oppervlakte van die aarde gesien het. Hoe sal ons dit egter aanpak? Daarvoor is reeds `n klein wenk gegee en op grond daarvan sal ons dan ook `n klein, eerste poging onderneem.
6 Soos julle sien, bevind ons onsself nog steeds op ons eenvoudige, geestelike son, sien nog steeds niks anders as salige geeste in volmaakte menslike gestaltes deurmekaar, wat met mekaar en bo mekaar wandel nie, en op die grond ons boompies, edel struike en die mooi gras. Maar kyk, daar kom so pas `n manlike gees na ons toe. Vir My sien hy nie; spreek julle hom daarom aan, sodat hy voor julle sal bly staan. As hy bly staan, gaan dan nader na hom toe, sodat julle sy sfeer bereik, dan sal julle die geestelike son dadelik in `n ander kleed sien.
7 Wel, julle is al in sy sfeer en staan stom verbaas. Wat sien julle dan eintlik? Julle kan van pure verbasing byna geen woord uiter nie! Dit is ook nie nodig nie, want in dié geval hoef daar nie veel met My gepraat te word nie, omdat Ek dieselfde sien wat julle sien en bowendien ook nog oneindig volmaakter.
8 Julle sien skitterende landskappe, hoë glansende berge, uitgestrekte vrugbare vlaktes, en riviere, stroompies en mere wat soos diamante in die son glinster. Die helder ligblou uitspansel sien julle besaai met pragtige en die allersuiwer skitterende sterregroepe. Julle sien `n heerlike son opkom. Sy straal buitengewoon helder, mild en sag en tog kan sy nie met haar lig, die glans van die mooi sterre aan die hemel verbleek nie. Julle sien groot, stralende tempels en paleise sonder tal, groot stede, geboue aan die wye oewers van groot mere. Ontelbare mees geluksalige wesens wandel oor pragtige, salige asemnemende gebiede. Julle hoor hulle selfs praat en hulle hemelse lofsange dring deur tot julle ore. Julle kyk om julle heen om nog iets van die eenvoudige geestelike son te ontdek. Maar nêrens is daar nog iets van haar vroeëre eenvoud te sien nie; alles is in ontelbare wondere opgelos.
9 Tree nou maar weer uit die sfeer van ons manlike gees. Kyk, nou het alles weer verdwyn; ons bevind ons weer op ons eenvoudige son. Nou sê julle: Ja, wat was dit dan? Hoe is so-iets moontlik? Dra so `n gees dit dan alles in so `n nou sirkel; `n eindelose wêreld vol wonderbaarlike heerlikhede; in so `n nou sirkel in so `n uitgestrekte veelvuldige lewe? Is dit werklikheid of is dit slegs `n leë verskyningsvorm?
10 Liewe vriende, daaroor wil Ek nou nog glad niks vir julle sê nie, want eers wil ons nog, van die verskeie vensters van ons geestelike diorama, voordeel trek, en ons dan eers met die innerlike beskouing daarvan besighou. Dit is maar nog `n swak begin van wat hom nog alles voor ons oë sal afspeel.”
|
|
|
|
|