Die Geestelike Son - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102.

Die swakheid van die man. Die gang van die vrou na die hel

37 Kyk, die geselskap het al heeltemal verdwyn, maar ons paartjie staan nog ingedagte op dieselfde plek. Sy vra vir hom: “Wel geliefde eggenoot, wat sê jy nou daarop?” Hy besin hom netso en sê: “My liewe vrou, hierop is in ieder geval nie meer veel te sê nie. Of die spreker het gelyk, dan is die saak inderdaad beslis en hoef niemand meer iets daaroor te sê nie, of hy het ongelyk, dan bly ek by my beginsels en dan is daar ook nie veel te sê nie. Of hy gelyk of ongelyk het, kan nie so vinnig vasgestel word nie, maar dit moet my eie ervaring my eers na `n verloop van tyd leer.”

2 Sy sê: “Maar beste man, beskou jy my, jou troue vrou en hierdie waardige man dan as leuenaars, omdat jy sy oortuigende woorde nie dadelik wil glo nie? Kyk, mense is eers geneig om te lieg en mekaar te bedrieg as hulle self voordeel daarmee kan behaal. Maar sê my net welke voordeel leuens en bedrog vir iemand hier kan oplewer? Hier is immers niks te wen nóg te verloor nie; maar een ding is seker: `n Geselskap is, wat die versadiging van sy maag aanbetref, altyd slegter daaraan toe as iemand wat alleen deur hierdie eindelose streek dwaal. `n Enkeling vind baie gou nog voldoende eetbare mos of gras om in geval van nood sy maag mee te kan vul, maar as daar meer bymekaar is, dan gaan dit met so `n plekkie mos sekerlik slegter af as by `n enkeling.

3 Jy vra my wat ek daarmee wil sê? My allerliefste man, niks anders nie as dat ek, nóg hierdie verstandige man, jou terwille van eie voordeel, wil oorreed om van jou ou Bybel geloof af te sien. Want as ons elkeen vir onsself verder gaan, het ons tog beide profyt daarvan, omdat elkeen afsonderlik hom op hierdie karige bodem altyd makliker deurheen kan slaan as twee of meer bymekaar. As ons vir jou dus wou lieg of bedrieg, het dan het ons jou tog sekerlik by jou beginsels gelaat en jy sou as verbruiker, as gevolg van jou beginsels, van ons weggegaan het. Ons wil jou beslis nie belieg of bedrieg nie, maar ons het jou net die suiwer waarheid getoon, waarvan geen sterfling op aarde sou kan droom nie, en allermins so `n verstokte Bybel- en Christusfanatikus soos jy. Waaroor wil jy dan nog nadink? Kom tog net tot besinning en volg my, jou ewig liefhebbende vrou. As jy dan op aarde nie na my wou geluister het nie, doen dit dan tenminste hier in die ryk van die naakte waarheid, waar ek nou al ses jaar meer ervaring het as jy. Kyk, op aarde is daar niks anders nie as bedrog, omdat elkeen daardeur iets wen of tenminste dink om iets te wen, maar hier het `n einde aan al die wen gekom; daarom val leuens en bedrog vanself weg. Glo my, niks bind my anders aan jou as my liefde nie; dit is nog die enigste wins wat ek deur jou het. Maar as jy steeds dwaas aan ou, onbeduidende beginsels wil vashou, val die gewin vir my ook weg. Ons kan daarom maar net gelukkig wees as ons insigte en ons gevoelens volledig met mekaar in ooreenstemming is. As ons hierdie harmonie nie tot stand kan bring nie, dan sal ek eerlik aan jou moet beken dat ek sonder jou, gelukkiger sal wees as met jou, leeghoof, aan my sy. Ek is nou nie meer in staat om nog meer ten gunste van jou aan te voer nie, behalwe die volgende: Omdat ek jou opreg liefhet en altyd liefgehad het, het ek dan ook hier al die moontlike gedoen om jou my ewige, plegtig beloofde liefde en trou te bewys. Maar jy het my nooit liefgehad nie, is bereid om my vir altyd uit liefde vir jou dwaasheid te verlaat. Oordeel nou, wat jy wil doen.”

4 Kyk, die man begin hom agter die ore te krap en sê na `n rukkie aan sy vrou: “My liewe vrou, ek het uit jou woorde afgelei dat jy my werklik liefhet. Dit kan ek onmoontlik ontken. Maar ek sien net nie in, dat wanneer in hierdie donker geesteswêreld, nóg met waarheid, nóg met leuens en bedrog, iets te wen of te verloor is nie, waarom jy dan `n sekere waarheid volkome sinneloos aan my wil opdring nie, waarmee ten slotte ewe min iets te wen is, as met my sogenaamde deur jou en die geleerde man bewese dwaalleer? Daarom is ek van mening dat, as jou liefde vir my werklik so intens is, soos wat jy my so pas aangetoon het, jy my dan netso goed kan volg as ek vir jou, tensy jy op die weg van jou waarheid reeds iets beters gevind het. In daardie geval sal ek jou wel volg om my van die beter realiteit van jou waarheid te oortuig. As dit nie die geval is nie, dan is dit tog om`t ewe waarnatoe ons gaan.

5 Ek dink altyd maar: Ons het wel op aarde sogenaamd as Christene geleef, het ook die evangelie gelees, maar in wese nooit daarvolgens geleef nie. Ons het geleef en gehandel volgens ons eie insigte en vir ons eie voordeel, maar van die daadwerklike uitoefening van die leer van Christus was, nóg by my en nóg veel minder by jou, ooit sprake nie.

6 Kyk, die leer sê: “Jy moet God liefhê bo alles en jou naaste soos jouself.” Het ons dit ooit gedoen? As ek my hart vra, dan antwoord sy my nou geestelik opreg dat die liefde vir God volkome vreemd vir haar gebly het. Maar jy het nooit in `n God geglo nie, dus moet jou hart nog meer van hierdie belangrike liefde verstok wees as myne.

7 Verder staan daar in die woord van die evangelie: “Wie die lewe saam met My wil binnegaan, moet sy kruis opneem en My volg!” Sê net, my liewe vrou, wanneer het ons so-iets op aarde gedoen? Ek het nooit `n kruis gedra nie en jy nog veel minder; ons hele kruis het net bestaan uit suiwer wêreldse geldsorge.

8 Verder staan daar in die evangelie dat die Heer aan die ryk jongeling gesê het: “Verkoop al jou aardse goedere, verdeel die opbrengs onder die armes en volg My, dan sal jy die ewige lewe besit.” Maar wat sê die groot Leraar aan die jongeling, of eintlik aan Sy apostels toe hy hom na so `n verkondiging wenend van die Heer verwyder? Kyk, die woorde was vol besondere betekenis en volgens wat dit vir my voorkom, ondergaan ons nou juis die treurige betekenis van hierdie woorde wat as volg lui: “Dit is vir `n kameel makliker om deur die oog van `n naald te gaan, as vir `n ryke deur die poort van die hemelryk.”

9 Verder staan daar nog in die Skrif dat die Heer baie gaste vir `n feesmaal laat uitnooi het en dat die genooides, vanweë hulle wêreldse dinge, geen tyd gehad het om te verskyn nie. Sê net, is ons nie keer op keer uitgenooi nie, en het ons gevolg gegee aan hierdie uitnodiging? Wel, my liewe vrou, ons het dit geheel en al aan onsself te danke, dat dit nou so met ons gaan en dat ons onsself nou op hierdie plek van uiterste duisternis bevind, waar `n gehuil en tandegekners is en waarvan die Heer ook gesê het dat, veral mense soos ons, in die uiterste duisternis gewerp sal word.

10 Omdat hier geen geloof in die Heer te vinde is nie, en jou eerbiedwaardige geselskap, net soos jy, ontkennend oor Hom gespreek het, is ek van mening dat hulle hulleself om dieselfde rede hier bevind as ons twee. As die groot liefde en barmhartigheid van Christus ons nie almal sal help nie, is ek daarvan oortuig dat al was alle ewighede geheel en al met melancholiese (swart­galligheid) waarhede vervul, dit ons bitter weinig sou help.

11 Origens, as jy met die deur jou vermeende waarheid, êrens al iets beters gevind het, dan wil ek jou, soos gesê, daarheen volg om jou daarmee te toon dat ek jou ook liefhet en dat ek jou niks van my beginsels sal opdring soos wat jy my jou sogenaamde waarheid opgedring het nie.”

12 Die vrou sê: “Praat maar soveel as wat jy wil, ek het nou eenmaal gelyk. Ek kan jou weliswaar nie die versekering gee dat ek nou al iets beter gevind het nie, maar desondanks is ek van mening dat, wanneer jy my sal volg, ons binne, `n nie al te lang tyd, `n plek kan vind waar lig in oorvloed sou wees. Want kyk, hier aan ons regterkant het ek eens, afgaande op my innerlike gevoel, `n lang tyd regdeur geloop, waarna ek uiteindelik by `n breë stroom uitgekom het. Aan die oorkant van die stroom het ek op `n magtige gebergte afgekom en agter die gebergte het daar `n lig opgekom soos die glorie van die vroeë môrerooi. Sou mens die stroom maar op die een of ander manier kon oorsteek, dan sou `n mens, na my oortuiging, in `n ligter omgewing as hierdie moet kom.

13 Die man sê: “Wel, ek sal jou volg; lei my maar daarheen. Maar nou gaan ons ook, want julle moet dit tot by die ontknoping sien!  


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205