Die Geestelike Son - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 101

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102.

Leiding, trek en dra in geestelike betekenis

101 Ek merk dat julle met `n stille vraag sit, met inhoud dat daar, met betrekking tot die verheugende lotswending vir die prior, nog `n klein onduidelikheid bestaan, waarby dit daarop neerkom om die gang van sake rondom die prior vanuit die eintlike, goedbeligte kern aan te gryp en te verstaan. Die Heer het vroeër, sonder enige voorbehoud, aan die prior die vrou en die hemelse besit verseker, hom net soos die ander ook volkome daarvoor geseën, en hom daarby ook, sonder bepaalde voorwaardes, sy bestemming en sy hemelse taak baie duidelik afgebaken, soos wat Hy dit ook vir al die ander gedoen het. Hy het hom, net soos die ander, `n bepaalde goddelike hemelse instruksie gegee oor die manier waarop hulle met hulle hemelse engelvroue sal lewe en hom getoon, net soos die ander, dat Hy altyd werklik persoonlik aan iemand sal verskyn, sodra hy Hom met alle mag en krag van sy liefde sal omvou. By al hierdie hemelse verordeninge het die Heer die prior ook nie die geringste aanduiding gegee waaruit sou blyk dat Hy met hom een of ander, weldra `n volgende hoër bedoeling sou hê nie.

2 Hoe het dit dan nou skielik gebeur dat daar vir die prior `n einde gekom het aan hierdie duidelik bepaalde bestemming en hy en sy vrou, en dit wat aan hom deur die Heer in hierdie hemel as toegesegde goedere gegee is, nie eens te siene gekry het nie, maar dadelik deur die Heer na die allerheiligste hemel gelei was?

3 Dit is ietwat moeilik te begryp, omdat die Heer vooraf, as gevolg van die bereidwillige aanvaarding van die loon, hulle almal ingesluit, die prior geseën het en dus deur hierdie seën, Sy goddelike vaste wil ten opsigte van die salige, volkome in ooreenstemming met die vrye wil van die saliges self, uitgespreek het.

4 Wanneer mense so vinnig van plan verander, dan is dit baie maklik uit die onvolmaaktheid van hulle insigte te verklaar, maar van die alwyse Godheid is so-iets, soos gesê, ietwat moeilik te begryp, want die Heer weet tog sekerlik baie goed waaroor Hy hom baie bewustelik en wilskragtig uitgespreek het.

5 Liewe vriende en broers, kyk, julle stille vraag sit op tweërlei gedagtes, maar tog kan daar wel `n bevredigende antwoord daarop gegee word, want hierdie gebeurtenis is daarom ook so gelei, sodat julle daarin `n klein, leerryke steen des aanstoot sou vind.

6 Wanneer julle terugdink aan die gebeurtenis in die klooster, toe, na die verlossing van die broers wat hulle in `n sieleslaap bevind het, agter die kloof, ons prior as enigste, sy nog onbekende man uit oorgrote liefde en dankbaarheid wou omvou en na die tafel dra, en as julle julleself herinner hoe die eenvoudige man dit afgewys het en by die afwysing `n sekere geheimsinnige “miskien” uitgespreek het, waarmee Hy die prior in `n sekere sin te verstane gegee het, dat hy Hom reeds eenmaal voorheen in sy hande sou gedra het, dan sal dit by `n sekere nadere beskouing van hierdie toneel gladnie moeilik wees om die gebeurtenis van netnou te begryp nie.

7 Hierdie saak mag julle dan aanvanklik ietwat verbaas, maar by ons in die hemelse geesteryk is dit nie altyd een, twee, drie nie, waar dit by julle op aarde so is. Julle kan op aarde so nou en dan egter sewentig, driehonderd, vyftien tel, en dit sal dan by ons een, twee, drie, wees.

8 Nog verder toegelig: Sê daar leef op aarde `n mens in `n Suid Amerikaanse land, en `n ander in `n uithoek van Siberië. Hierdie twee lewe in natuurlike opsig ver van mekaar af, maar nie in geestelike opsig nie, want daar kan hulle gevolglik as een en twee wees, dus vlak langs mekaar.

9 Laat ons egter net oordink wat die Heer die prior in die diepste wese met die veelseggende “miskien” oor die “dra” wou gesê het, dan sal ons in hierdie saak dadelik meer samehang en duidelikheid ontdek. Wat wou die Heer dus daarmee aan die prior gesê het? Luister, daardeur wou die Heer die volgende aan die prior sê:

10 Jy het gedink om My op aarde in die vorm van brood in jou hande gedra te het. Toe het jy My egter nie gedra nie. Maar jy het My wel verskeie male in die geheim in jou hart gedra, maar jy het nie heeltemal geglo dat jy My dra nie. Maar Ek sê jou dat jy My juis alleen daar eg gedra het. Wel, in hierdie situasie het die Heer die nog onduidelike “miskien” geplaas, omdat in die prior nog geen volledige sekerheid oor die oneindige liefde, ontferming en sagmoedigheid van die Heer aanwesig was nie. Daarom gee Hy hom ook te verstane dat, as dit op dra aankom, Hy makliker en eerder die prior, as wat die prior Hom sou dra.

11 Maar let nou goed op! Daar is in die Ryk van die geestelike `n aansienlike verskil in betekenis tussen die drie woorde “lei”, “trek” en “dra” en dit bestaan uit die volgende: Wanneer mense deur die Heer gelei word, val hulle daardeur die lig van die geloof ten deel, waardeur hulle die onderste hemel binnegaan.

12 Wanneer mense deur die Heer getrek word, dan wil dit soveel sê as: Die liefde van die Vader het hom oor hierdie mense uitgestort en hulle word in die liefde van die Vader opgeneem; oftewel kom hulle in die tweede hemel, wat bestaan uit die ware van die geloof deur die lig van die daadwerklike liefde vir die Heer en van daaruit vir die naaste.

13 Word daar gesê: Mense word deur die Heer gedra, dan gee dit heeltemal die volmaakte, kinderlike toestand weer van mense wat geheel en al in die liefde vir die Heer oorgegaan het, sodat hulle Hom ook die allerlaaste druppel van hulle eieliefde, al is dit hoe verdeemoedig, in allergrootste selfverloëning ten offer gebring het. Daardeur is hulle dan ook die eintlike aller waaragtigste kinders van God en word deur Hom, as hulle ewig alleen ware Vader, in die allerheiligste suiwer liefdeshemel opgeneem.

14 Wanneer julle nou hierdie verskille ietwat in ag neem, sal dit deur julle bekritiseerde omstandighede, aangaande die veranderde bestemming van die prior, nie meer so onvoorbereid vir julle lyk soos dit vir julle op die eerste oogopslag was nie. Bowendien het die Heer by die veelseggende en veelomvoutende “miskien” ook reeds met hierdie situasie rekening gehou.

15 Hy het daarmee in bedekte terme niks anders wou sê nie as: Ek sal jou `n bestemming gee wat volkome met jou vrye keuse ooreenkom, waarby Ek ook daarop bedag sal wees dat jy My eens in jou hart gedra het. Op die oomblik van jou oorgang na jou ewige bestemming, sal Ek jou heeltemal onvoorbereid in `n situasie bring, waarby sal blyk in hoeverre jy My in jou hart gedra het en nog dra en in hoeverre Ek dientengevolge ook vir jou sal dra. Ek sal egter op daardie oomblik My oog ietwat vir jou sluit, sodat jy dan volkome vry uit jouself kan handel. Eers na die handeling sal Ek jou aansien en jou, oftewel seën vir jou hemelse bestemming of Ek sal jou, as jou heiligste, liefdevolste Vader in My hande neem en as `n volmaakte kind na My woonplek dra!

16 Kyk, nou het ons alles so `n bietjie saamgevat en ons hoef niks anders meer te doen as om hierdie hele toeligting slegs in groot lyne op hierdie gebeurtenis toe te pas, dan sal julle vraag heeltemal beantwoord wees.

17 Ons prior het, net soos al sy broers, die volmaakte bestemming bereik, dit wat ook volkome duidelik deur die Heer uitgespreek was. Waarom dan? Sodat die prior in die sfeer van sy daadkragtige liefde, `n des te groter bewegingsvyheid sou kry, terwyl hy absoluut nie die allerminste vermoede daarvan gehad het wat die Heer nog van plan was om met hom te doen nie.

18 Daarom moes hyself ook, soos deur toeval, `n arme lekebroer op die agtergrond plaas, wat self lank voor die tyd deur die Heer uitverkies is, en wat eg stiefmoederlik blyk bedeel te gewees het. Hierdie broer, wat self weliswaar tog al vir die hoogste hemel bestem was, moes hom nou, sonder dat hy dit nog self besef het, vir die prior as brawe toetssteen vir die ware liefde vir die Heer en daaruit vir die naaste laat gebruik. By hierdie toneel het die Heer Sy alwetende en alsiende oog afgewend en die prior volkome vry gelaat om sy liefde daadwerklik in praktyk te bring. Die prior, wat die Heer eens in sy hart gedra het, was nou eers daardeur innerlik volledig versterk en het homself nou in die volmaakte liefde vir die Heer, en in die volledige selfverloëning bevind.

19 Dan sien die Heer hom aan, verander Sy geheime, ewig allerwyse plan, ooreenkomstig die vrye handeling van die menslike gees en die resultaat lê voor ons. Meer hieroor sal ons op die mees verhewe en heiligste plek gesamentlik ervaar.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205