Die Geestelike Son - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 74

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102.

Vraag na die liefde tot Christus

74 Nou sê ek: Luister, beste vriend, Ek dink nie dat jy so stom soos `n klip is nie, en daarom sal jy wel in staat wees om nog een vraag te beantwoord. Ek sal hierdie vraag dan ook so eenvoudig moontlik stel. Luister dus!

2 Het jy tydens jou hele geestelike ampsuitoefening dan nooit nagedink oor Christus nie en het dit nooit vir jou gelyk dat jy Hom uit alle kragte opreg sou kon liefhê nie? Kyk, dit is `n eenvoudige vraag wat jy byna met `n ja of nee kan beantwoord; jy moet jou antwoord slegs baseer op die opregte waarheid. 

3 Die primus sê: Beste vriend, waar jy ookal vandaan mag kom, op so `n vraag kan ek jou wel `n antwoord gee, ook as jy nog meer sou stel. Maar stel my geen vrae meer oor die Roomse Kerk nie, want ek is uitermate bly dat ek nou, net soos `n gedemobiliseerde soldaat, niks meer met haar te make het nie. Maar wat Christus betref, daaroor sal ek met jou praat, solank as wat jy maar wil. En sodoende sê ek vir jou, as antwoord op jou vraag, dat ek heel dikwels by myself nagedink het oor Christus, en ek het dikwels in myself gevoel dat ek geen slegte apostel sou gewees het, as ek die geluk gehad het om met Christus om te gaan, soos die apostel Petrus met Hom omgegaan het nie. Ja, ek moet vir jou sê, Christus is die enigste goddelike persoon wat ek uit alle kragte sou kon liefhê, as Hy werklik êrens aanwesig sou wees.

4 Dat ek my tydens my geestelike ampsuitoefening juis ampshalwe die minste met Christus kon besighou, daarvan sal die hoe en waarom jou tog wel bekend wees. Want word ek as klooster­owerste na `n hoër geestelike instansie, of by `n biskop, en selfs `n keer na Rome geroep, dan was daar tydens so `n samekoms nooit sprake van Christus nie, maar slegs van die inkomste van die klooster, hoe die vermoë van die kerk beheer word en hoe ek dit moet aanlê vir die geval dat die klooster te min inkomste het om die kerklike rente te verhoog! En toe ek selfs eens na Rome geroep was en by myself gedink het, daar sal ek ietwat meer lig oor Christus ontvang, was daar tog geen sprake daarvan nie. Ek was slegs haarfyn uitgevra hoe dit met die kerklike rente staan en of daar nog geen aansienlike skenkings verkry was nie en vir die geval dat daar enkeles verkry was, wat dan met die skenkings­kapitaal gebeur het.

5 Ek het daarop geantwoord dat dit met die verkryging van skenkings by ons, ietwat anders lê. Wat die heel ou skenkings betref, dit is reeds lankal by die algemene kloosterlike kerkvermoë toegevoeg, en van nuwe skenkings is in hierdie glansende tyd geen sprake meer nie. Mens moet hom tevrede stel met eenvoudige legate en met enkele betaalde misse vir oorledenes. Maar van sogenaamde ewige skenkings is, soos gesê, teens­woordig geen sprake meer nie. Na so `n uitlating van my kant, word daar eers `n kragtige vloek deur `n kardinaal teen alle ketters en Protestante geuiter. Aan my word niks anders gesê nie as dat ek deur streng preke en vermanings in die biegstoel die mense moet beweeg om hulle, ten eerste nie te laat voorlig deur sogenaamde Protestante nie, en ten tweede vir die verkryging van die hemel hom deur ryk skenkings vir altyd in te lewe volgens die alleen­saligmakende kerk. Na `n dergelike vermaning, word `n hele versameling van enkele honderde volle aflate aan my oorhandig, wat ek alles so vinnig moontlik aan die man moes bring en wel vir `n bedrag van minstens tien dalers per aflaat.

6 Aan my word `n volle aflaat gratis verleen, maar met die voorwaarde dat dit eers dan vir my werksaam sal word, as ek die bedrag vir die ander aflate na Rome sou gestuur het.

7 By die geleentheid wou ek my oor sommige religieuse onder­werpe van naderby laat inlig het, maar hulle het my te verstane gegee dat ek moes swyg en uit die kommissie sê hulle so in die verbygaan: Dank die opperste plaasvervanger van Christus in alle deemoed vir so `n groot genade van sy kant, en sit jou reis voort, verlaat Rome so vinnig as moontlik, sodat jy des te vinniger kan tuiskom om daar die wil van die heilige vader te vervul. Ek het sy raad opgevolg. Daarop was selfs aan my die guns verleen om toegelaat te word tot die voetkus. (voete soen van die pous) Maar met hierdie genade word daar tewens aan my meegedeel, om my nie langer as 24 uur in Rome op die hou nie.

8 Uit hierdie beskrywing kan jy baie maklik aflei oor watter soort Christendom dit daar gaan. Werklik, het `n kardinaal nie die woord “plaasvervanger van Christus” uitgespreek nie, dan was ek in Rome gewees, sonder dat die Naam van Christus by hierdie opperste instansie uitgespreek is, behalwe dan by die kerklike seremonie.

9 Die besoek aan Rome het my laaste druppel geloof in die onsterflikheid en tewens al my gedagtes oor Christus uit my weggesuig.

10 Toe ek weer met my aflate in my klooster aankom, stel ek dit ter beskikking aan my medebroeders. Volgens my wete, het hulle dit gelukkig ook alles kwytgeraak. Hulle het, vir sover ek weet, taamlik laat afding. En toe ek my daaroor uitgelaat het dat ek, met die oog op die morele verkoop van aflate, `n sekere moeite mee het, laat Rome dan ook met hom onderhandel en neem genoeë met `n kleiner som. En kyk, dit is nou alles wat ek op jou vraag kan antwoord.

11 Maar wat my liefde tot Christus betref, sal jy nou self uit my verhaal kan aflei dat, as Christus deur dergelike kerklike manipu­lasies tot op die laaste druppel uit jou weggewerk word en `n mens, veral in die priesterlike stand, ten slotte alle geloof verloor, dit dan ook nie anders met sy liefde tot Christus sal wees nie. Ek wil nie daarmee sê dat ek Christus nie sou wou liefgehad het, as Hy êrens bestaan het nie. Ja, ek sou Hom selfs bo alles liefhê, omdat Sy leer werklik die allersuiwerste en beste is wat `n sterfling hom maar kan voorstel. 

12 Maar die “as” daarby, is die mees noodlottige. Ek het hierheen gekom en leef nou hier, soos ek al voorheen opgemerk het, sonder om te weet waarom, waar of hoe, omdat ek tog al op aarde die onsterflikheid van die menslike siel totaal laat vaar het. Tot nou toe het ek hier ook nie meer oor Christus gehoor as wat ek op aarde oor Hom gehoor het nie en so staan daar tussen my en Christus aanhoudend die fatale “as”. Bevry my daarvan en aan my sal jy `n leerling soos Johannes of Magdalena hê.

13 Nou sê ek: Goed, beste vriend, jy het baie uitvoerig op my kort vraag geantwoord. Daarom sal ek nou vir jou en julle almal iets sê. As julle julle daarby gaan hou, dan kan julle die weg na die ware ewige lewe opgaan; so nie, dan lê vir julle, net op die plek waar die toring verdwyn het, die weg na die ewige dood reeds oop!

14 Luister dan: Jesus Christus is die enigste God en Heer van alle hemele en wêrelde! Hy is volgens Sy ewige liefde die Vader en volgens Sy oneindige wysheid die Seun en volgens Sy ewige almagtige onaantasbare heiligheid die Heilige Gees Self. Soos Hy ook oor Homself gesê het, dat Hy en die Vader één is en wie Hom sien, ook die Vader sien en dat die Heilige Gees van Hom uitgaan soos Hy dit aangetoon het toe Hy oor Sy apostels geblaas en gespreek het: “Ontvang die Heilige Gees!”

15 Dit is vir julle die eerste geloofsartikel. Sonder om dit te glo, kan niemand die ewige lewe binnegaan nie, want daar staan in die Skrif: “Wie nie glo dat Christus die Seun is van die lewende God nie, wat die Vaderliefde is, hy sal nie salig word nie.”

16 Maar ek sê vir julle: Neem julle nie die Vader, net soos die Gees, in die Seun Christus aan nie, dan sal julle nie die lewe binnegaan nie!

17 Steur julle nie aan die teks waar staan: “Die Vader is groter as die Seun” nie, want dit beteken dat die liefde as die Vader in Hom die grondwese van God is en uit haar kom die lig en die ewige magtige Gees ewig voort. Dit is vir julle die tweede geloofsartikel. 

18 Die derde geloofsartikel lui as volg: Wees van ganser harte deemoedig, wees lief vir God in die enige Christus bo alles, en wees lief vir mekaar soos elkeen homself liefhet. En laat elkeen van julle lewe vir die ander, en as die geringste, so veel moontlik probeer om almal te dien!

19 Wanneer julle hierdie drie geloofsartikels volkome in julleself opgeneem het, dan eers word die weg na die ewige lewe vir julle getoon. Van die aarde het julle geen ander werk saamgebring as die bedrieglike nie. Dit het hier vir julle almal sigbaar geword. Dit het geen bestaansgrond nie. Daarom sal dit ook baie spoedig voor julle oë verdwyn en soos `n eendagsvlieg vergaan, sodra julle eie innerlike nag julle sal oorval. Maar daarom het ek julle nou, in die naam van die Heer, `n nuwe saad gegee. Plant dit in julle harte, sodat dit `n vrugdraende plant mag word. Hierdie vrug sal eers vir julle `n lewende versterking word. Haar gees sal julle liefde laat ontvlam en hierdie vlam sal vir julle die nuwe weg verlig wat na die ewige lewe lei.

20 Kyk nou, al die paradysmonnike begin op hulle bors te slaan en roep: Wat `n afgrond onder ons, wat `n diepte bo ons! Heer, wees ons groot sondaars genadig! Sluit die afgrond af en bedek die diepte bo ons, want ons is selfs nie die kleinste vonkie van U genade nie werd nie! Vernietig ons, want ons is werd om vernietig te word; laat ons tog nie lewe nie, sodat ons nie deur U verdoem sou kan word nie! Kyk, so keer hulle ietwat makliker in hulself as die voriges. Ons laat hulle nou in hierdie stemming en begewe ons na die kloosterhemel. Daar sal julle dan letterlik gewaar word dat die “medium tenere beati”* hier die reël is, want die hemel sal hier erger wees as die sieleslaap.*(Gelukkig is hy wat op die regte mate aanhou)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205