Die Geestelike Son - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 78

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102.

Tweede toneel van die komedie in die kloosterhemel

78 Kyk net na bo; daar kom `n goed oorvoede krokodil so pas te voorskyn, wat na verhouding, dieselfde grootte het as die orige voorwerpe. Hy sper sy bek wyd oop, asof hy `n halwe skepping wil verslind. Maar as daar niks in sy bek vlieg nie, maak hy dit weer baie beskeie toe. Kyk, daar meer op die agtergrond kom verskeie tiers, hiënas, leeus, luiperds en bere tevoorskyn; nog verder op die agtergrond sien julle enorme reuse slange kruip. Kyk nou hoe al hierdie diere met angsaanjaende spronge en grimmige gekronkel mekaar skielik te lyf gaan, asof hulle mekaar wil ver­skeur. Daar heeltemal in `n hoek kom `n groot aapkop te voorskyn wat kyk of ons nog nie geskrik het nie. Maar ons skrik nie en daarom begin hierdie diere hulle dan weer terug te trek.

2 Julle vra hoe so `n metamorfose eintlik moontlik is? Ek sê: So `n metamorfose kan `n goeie gees self weliswaar onmoontlik tot stand bring, maar desondanks kan hy met die krag van die Heer wat hy in hom deur sy wil het, sulke beelde buite homself te voorskyn roep sodat hulle dan sigbaar word, asof hulle werklik bestaan. Sulke verskyningsvorms word in die ryk van die geeste “gesigsbedrog” genoem. Tog is dit nie die geval by hierdie verskyning hier voor ons nie, want geeste wat iets boosaardigs in hulle het, kan geen doelmatige gesigsbedrog buite hulleself oproep nie. In die uiterste geval kan hy wel die boosaardige so uit homself tevoorskyn roep, waardeur die boosaardige dan uiterlik `n gestalte word. Dit is hier by hierdie geeste die geval. Julle het nou die geleentheid gehad om die ruwe en boosaardige van hierdie geeste in hulle ware gedaante te sien. Kyk, so gaan die dinge hier.

3 Aan die een kant is alles hier wel bedrog en ydele skyn, maar volgens julle eie ou Bybelspreuk: “Vir die reine is alles rein”, is in al hierdie bedrieglike verskynings ook niks bedrieglik vir ons nie, want juis deur hierdie verskynings laat die geeste hulle hele innerlike sien en dit is vir geeneen van hulle moontlik om iets anders te voorskyn te laat kom nie, as juis maar net dit wat volkome met sy innerlike wese ooreenstem.

4 Eers het julle die pseudoPetrus leer ken. Dit wil sê dat die hele apostolaat van julle kerk op `n totaal onegte Petrus gebaseer is. Daarom sal julle in duisende sulke kloosters ook altyd so `n pseudoPetrus aantref. Soos dit egter met Petrus gaan, so gaan dit ook met al die ander. Julle het hierdie hemel volgens julle eie woorde eers uiters lomp en belaglik gevind. Beskou daarna egter die egte heidense rommelmark in julle bedehuise, dan moet julle wel toegee dat hierdie hemel, daarby vergeleke, nog veels te goed is vir sulke dwaashede.

5 Wat die baie onrein Abrahamstafel betref, dit is `n getroue beeld van die tafel van die Heer in julle bedehuise, waar, nota bene, ook nog vir geld, `n welgevallige offer dikwels aan die Heer opgedra word vir siek honde, osse, koeie, perde, skape, varke en nog allerlei ander diere, net soos vir die welslae van allerlei skandelike dade! Aan hierdie tafel word die brood van die Heer uitgereik. Watter ook maar ietwat glansende gees, kan `n nog groter onsin vir hom voorstel?! Lyk so `n tafel van die Heer nie soos `n egte varktrog, waarin die voer ook net aan die varke gegee word nie? En lyk hy, wat uit hierdie trog eet, nie ook soos `n vark nie? Ja waarlik, die een is `n vark en die ander begewe hom in die varkvoer, sodat dit sy eie skuld is as hy deur die varke opgevreet word.

6 Die Heer het Sy woord egter vergelyk met pêrels, wat mens nie voor die varke moet werp nie. Daarom is ek dan ook van mening dat daar uit so `n varktrog nie veel lewende brood te haal is nie. Julle sal dus ook maklik insien dat hierdie “tafel van Abraham”, soos wat ons dit in die begin gesien het, nog veels te goed is om al die skandelike van so menige tafel van die Heer in julle kerke te laat sien. Die rede daarvoor is, dat hierdie lekebroeders hulleself innerlik noodgedwonge by hierdie aardse tafel van die Heer, ietwat beter voorstel as wat hulle in werklikheid was. Hulle het immers geen flou idee van die “die tafel van Abraham, Isak en Jakob” nie, as dat dit niks anders voorstel as die suiwerste liefde vir die Heer en alles daaruit voortkomende nuttige werksaamhede, wat betrek­king het op die geestelike welsyn van ons broers. Soos die tafel dus is, so is ook die hemel, want die egte is nie vir geld te koop nie, terwyl julle kerk hom tog voortdurend vir `n vasgestelde prys verkoop. Daarmee is hierdie rommelhemel dan ook heeltemal in ooreenstemming, en moet hy dus ook lyk soos die middel waardeur mens hom in besit geneem het. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205