|
Die Geestelike Son - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 24
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102. |
|
|
Die plek en omstandighede van Stoïsyne in die hiernamaals
24 Wend julle nou maar na regs, kyk na die eersgenoemde dal en vertel my dan wat julle daarvan dink. Julle sê: “Beste vriend en broer, dit lyk verskriklik woes en verlate. Ons sien wel hier en daar teen die bergwande `n soort kreupelhout groei en meer in die diepte van dié besondere nou dal sien ons hier en daar doringstruike, waaraan enkele bekende bessies groei. Nog dieper in die dal sien ons allerlei soorte distelagtige onkruid wat nogal ryklik groei. Die noordelike, aandelike berghelling lyk besonder kaal; byna niks behalwe rotswande en nogeens rotswande, stapel hulle op en tussen die rotsklowe stort hier en daar `n magtige stroom in die diepte. Slegs die na die môre geleë bergwand lyk `n bietjie vriendeliker en is hier en daar met `n onaansienlike alpehut versier. Maar bewoners is daar nie te siene nie. Miskien is hulle dieper in die dal. Daar op die voorgrond is geen lewende siel te sien nie.”
2 Ja, julle het gelyk. Vanaf die plek waar ons onsself nou bevind, is dit ook nie goed moontlik nie. Daarom sal ons onsself bietjie verder in die dal begewe, dan sal ons spoedig iets lewend teëkom. Kyk maar daar na bo waarop `n met mos begroeide, vooruitstekende rots die eerste, vir ons bereikbare woonhut, staan. Daarheen sal ons gaan. Ons is reeds daar naby; kyk daarom goed en let op wat daar gaan gebeur. Wel, julle het my raad gevolg. Sê my dan ook wat julle gesien het.
3 Julle sê alweer: “Maar om godswil, dit is tog geen mense nie. Want hierdie wesens lyk soos lewende skelette en is bowendien so klein soos dwergies. Ons sou hulle eerder tot die ape kan reken as tot een of ander menseras. Wat is tog met hierdie arme wesens aan die gang? So armsalig, uitgehonger en volkome naak; nee, hierdie wesens lyk glad nie goed nie.”
4 Aan die een kant het julle wel gelyk, maar aan die ander kant weer nie. Want hierdie wesens, hoe armsalig hulle ookal vir julle mag lyk, is op hulle manier, dit wil sê, soos hulle hulleself sien, gladnie. Hier woon die sogenaamde Stoïsyne, of met ander woorde, mense wat heeltemal genoeg aan hulleself het. Hulle het tydens hulle aardse lewe opreg gehandel, egter nie uit liefde tot die naaste nie, en nog minder uit een of ander liefde tot God nie, maar uitsluitlik omdat hulle die oorwinning van hulle verstand daarin herken het. Hulle het gesê: “Die mens het niks nodig nie, nóg hemel nóg hel nóg `n God, maar slegs homself en die hom leidende verstand as hoogste beginsel vir sy handelinge en hy sal so handel dat hy niemand deur sy handelswyse sal benadeel nie, en daarom kan hy dit ook van sy medemens verwag.”
5 “Want,” sê hulle nog verder, “as ek my as gevolg van die hoogste beginsel van my verstand bo alle wêreldse nietighede verhef en van die wêreld niks anders verlang as `n karige voeding vir my maag en eenvoudige kleding vir my liggaam nie, dan is ek aan niemand iets verskuldig daarvoor nie. Wat my maag verteer, gee ek weer aan die aarde terug en die kleding van my liggaam kan mettertyd die aarde bemes. Ek is tussen hierdie twee behoeftes `n myself leidende en volkome beheersende god en ek is sodoende `n onbeperkte heer oor my eie wese!”
6 Verder sê hulle nog: “As daar êrens `n God bestaan, wat kan Hy my gee of neem as ek groot is in myself en met veragting neerkyk op alles wat Hy my wil gee of neem? Wat sou `n God my egter ook kan gee of neem? Die hoogste sou dié moeë lewe wees wat ek met my verstand reeds lankal diep geleer verag het. Of is dit nie aan my gegee om so lank te lewe as wat ek wil nie? As ek sou vind dat dit met die hoogste beginsel van my verstand te verenig sou wees, om myself die lewe te ontneem, dan sou ek dit ook doen. Maar die deur myself erkende regskapenheid leer my, dat so-iets teen die beginsel van die hoogste verstand sou indruis. Wie my die lewe gegee het, moet ook die reg hê om dit weer van my af te neem. Die natuur het tog die reg om die voeding wat ek van haar gekry het, langs die natuurlike weg terug te vorder; die bekleding van my liggaam is `n eiendom van die tyd en hy neem dié pand ook weer terug. Dit moet die suiwer verstand goedkeur; die moet sê, en dit sê ook: Elkeen het syne! Maar juis deurdat die mens verstandelik nog nie `n sonstoffie syne kan noem nie, is hy die mees verhewe wese, ja selfs verhewe bo elke God, bo elke hemel en is hy steeds meester oor alles wat hel is. As alle mense so gedink het, sou elkeen genoeg gehad het en niemand sou `n ander ooit tot las gewees het nie. Elke vorm van hebsug, afguns, gierigheid, hoogmoed, heerssug, vraatsug, ontug, leuens en bedrog sou vir ons vreemd gewees het. Waar leef `n god wie, mag hy die hoogste beginsel van die verstand wees, teen sulke grondbeginsels van die lewe iets kan inbring? As hy egter iets daarteen wil inbring, dan is hy geen god nie en staan hy ver benede die verhewe menslike verstand.”
7 Kyk, hierdie mense het op aarde so geleef dat hulle geen vlieg ooit kwaad aangedoen het nie. Hulle was nooit iemand tot las gewees nie, het ook nooit iemand ook maar in die minste beledig nie. Hulle was ook steeds bo elke vorm van hartstog hoog verhewe. Het iemand hulle om een of ander guns of diens gevra, dan het hulle dit nooit geweier nie, mits dit nie in stryd was met hulle verstandelike regsbeginsels nie; ook het hulle nooit `n teenprestasie daarvoor verlang nie. As `n mens hulle `n hoë funksie of `n ereamp wou aanbied, dan het hulle dit nooit aangeneem nie, maar het vir so `n gunsverlener met twee vingers op hulle voorhoof gewys en het aan hom gesê: Vriend, daar woon die hoogste funksie en die hoogste amp van `n mens!
8 As julle nou hierdie mense bekyk, oordeel dan self of hulle `n tugtiging verdien het. Julle moet sê: “Sekerlik nie!” Volgende vraag: “Verdien hulle `n beloning?” Dan is die vraag, welke beloning moet hulle dan kry? Die hemel verag hulle en hulle wil ook nie erken dat God bo hulle verstand staan nie. Daarom is dit tog die mees billike dat hulle die loon mag behou, wat hulle eie verstand hulle oplewer.
9 Maar julle vra: “Merk hierdie armsalige wesens nie hulle beklaenswaardige situasie op nie?” “O nee, dit is juis hulle grootste triomf, want op aarde het hulle die geluksaligheid van `n muggie al hoogs benydenswaardig gevind en het gesê: Kyk, vir dié diertjie is `n nouliks sigbare doudruppel op `n blaar `n buitengewone heerlike maaltyd. Die liggaamsbou van dié diertjie skyn maar baie geringe behoeftes te hê. As ons daarenteen ons buitengewone verkwistende liggaamsbou beskou, dan kan die verstand dit maar net met die volste reg afkeur. Daarom moet ek `n groot buik hê om baie te eet en daarna baie ontlasting te hê. `n Ander doel vind die verstand nie hier nie, en wel omdat dit graag met die kleinste genoeë sou wil neem wanneer die hoogs onekonomiese ingerigte bou van sy nuttelose liggaam dit vir hom sou toestaan.
10 Hulle kritiseer verder die baie vleis aan hulle voete, aan hulle sitvlak, op hulle hande en oral waar dit is en sê: `n Muggie het niks van dit alles nie en is daardeur al baie gelukkiger as die stewige en onekonomies gevormde mens.
11 Noudat julle dit weet, sal die klein skeletgestalte van hierdie mense julle ook nie meer so beklaenswaardig en armsalig voorkom as by die eerste aanblik nie, want hulle kom soveel moontlik met hulle verstandelike beginsels ooreen. Julle sê nou: Dit is alles waar en ons sien nou ook duidelik in dat dit hier dus nie anders kan nie, en dat hierdie mense hulle in `n ander gestalte en onder ander omstandighede ongelukkiger sou voel as juis in hierdie, wat hulle die meeste geval. Maar daar is nog `n ander vraag op die agtergrond, beste vriend!”
12 “Is daar dan geen enkele ander moontlikheid om hierdie mense op `n beter weg te bring nie?”
13 “Beste vriende en broers, iets moeiliker as dit bestaan daar byna nie! Hulle het slegs een enkele toeganklike sy en dit is die weg van die wetenskap! Daarvoor is egter `n eindelose geduld en uithouvermoë nodig om hierdie verstandsmense langs hierdie weg iets só voor te stel, dat hulle dit as waar sal erken en dat dit nie in teenspraak met hulle verstand sal wees nie. Hulle sê; dit kan wetenskaplik volkome waar wees, maar of dit ook volkome ooreenstem met die beginsels van die verstand, is `n ander vraag. Om hierdie uitspraak volledig te bekragtig, noem hulle `n hele klomp wetenskaplike feite op, wat volkome waar is, maar tog die hoogste beginsels van die verstand totaal teenspreek. Ek sal julle slegs enkele voorbeelde gee.
14 Hulle sê byvoorbeeld: Die berekening van `n verduistering is wetenskaplik volkome waar; maar vra die vernuf en sy handlanger die verstand waartoe die toevallige verduistering dien en wat die hele mensdom deur die wetenskap daarvan aan iets belangrik gewen het? So is dit ook wetenskaplik waar dat die mens van die tot hom geneemde voedsel `n bepaalde deel vir die onderhoud van sy liggaamsdele opneem en die oortollige weer afgee. Wanneer julle egter die vernuf vra, dan kan hy net lag oor so `n slegte en ondoelmatig berekende verhouding. Verder is dit wetenskaplik waar, dat water en ook ander beweeglike stowwe deur hulle eie gewig na die diepte gedryf word. Wat sê die vernuf daarvan as hy sy blik langs kaal bergwande laat gaan, waarop nie eers `n mosplantjie kan gedy nie, omdat sulke hooggeleë dele van die aarde die konstant benodigde voedende vogtigheid moet ontbeer. Kyk, uit hierdie enkele voorbeelde kan julle voldoende aflei hoe moeilik dit is om sulke kritiese verstandsmense `n wetenskaplike voorbeeld voor te hou wat deur hulle as volkome in ooreenstemming met die verstand erken word. Sodat julle egter die manier waarop so `n bekering tot stand kom, heeltemal mag deursien en begryp, sal ons die volgende keer een bywoon. En hiermee is dit genoeg vir vandag.”
|
|
|
|
|