Die bak met die lêende skepwiel. Die profetiese sfeer van Daniël
15 “As julle die vierde beeld vanaf die begin goed bekyk het, dan moet die volgende, voor die hand liggende vrae, tog by julle opgekom het: Waarom word die water in dié ronde waterbak, met behulp van `n skepwiel wat in die middel van die bak aangebring is, tog voortdurend rondgedraai? Ten eerste lê `n veelbetekenende antwoord al in hierdie vraag opgesluit, naamlik sodat geen seevaarder met sy roeiboot naby die ratwerk kan kom nie, en ten tweede: Sodat deur hierdie gedwonge beweging van die wateroppervlak almal wat die sentrum van die waterbak wil nader, deur die sentrum uitgaande draaibeweging van die water, ondanks alle inspanning, weer na die buitekant gedryf word.
2 `n Roeier kan soveel moeite doen as wat hy kan, hy kan die ratwerk tog nie bereik om dit stil te maak en die water daardeur tot rus te bring nie, waardeur dit vir elke seevaarder moontlik sou word om by die sentrum te kom, die hele ratwerk beet te gryp en dit met verenigde kragte uit die bak te verwyder, sodat die hele mooi rustige wateroppervlak vir die algemene welsyn vrygegee sou kan word.
3 Nou kom daar weer `n ander vraag na bowe, naamlik: Wat is daar dan so besonder aan die sentrum van dié waterbak? Ook al is die wiel dan daar, desondanks bly daar omheen tog `n baie ruim wateroppervlak oor. Wie sin het om met sy bootjie op die water rond te vaar, kan dit tog nog steeds na hartelus doen en het nie die middelpunt daarvoor nodig nie.
4 Alles goed en wel, solank mens nie weet wat die middelpunt, waarbo die waterrat aangebring is, verborge hou nie. Eers wanneer `n mens dit weet, kan `n mens ook by homself die uitdruklike wens uitspreek en sê: Weg met daardie wiel met sy baie skeppers! Dit het vir ons geen enkele nut nie. Die verklaring dat die water, deurdat dit voortdurend deur die rat in beweging gebring word, nie bederf nie, is volkome sinneloos as mens die skade, ja die groot skade, afweeg teen die nut wat hierdie plek waarbo die waterrat aangebring is, sou kan hê. Welke nut sou hierdie plek dan kan hê? Dit kan eers volkome begryp word as uitgelê word wat se plek dit is, waarbo die skeprat aangebring is. Sodat julle julle die hoof nie te lank daaroor breek nie, sê Ek dit vir julle dadelik openlik.
5 Hierdie plek is `n bron vol lewende water. Maar hierdie bron is goed diggemaak en as`t ware met lood afgedig; daar kan dan ook nie `n druppel opborrel nie. Maar tog sê alle grootprater waterbelanghebbendes dat al die water in die bak suiwer lewende water is en dat die lewe van dié water slegs van hulle afhanklik is. Hulle het die mag om die water te laat lewe of om dit te dood. Die rat sou vir hulle deur God gegee gewees het en hulle het die vermoë om die water tot lewe te bring, solank dit deur hulle aangedryf word. Word die water egter nie deur hulle aangedryf nie, dan sal dit daardeur dood word en niemand meer tot lewe dien nie. Hulle sê ook: Slegs die een waterbak is onder die baie ander gelyksoortiges wat hulle nog daaromheen bevind, die enigste bak wat die waaragtige lewende water bevat. In alle ander is die water dood en die beweging daarvan, wat lyk soos die van die lewende water, is niks anders as suiwer na-apery nie, dus suiwer bedrog. Wie hom ook maar laat verlei om sy roeiboot in een van die ander waterbakke te plaas, gaan sonder meer ten gronde.
6 Dat slegs dit die enigste ware en egte, met lewende water gevulde bak is, bewys ten eerste sy ouderdom, en ten tweede die buitengewone prag en verhewenheid van die opgestelde stellasie wat die magtige lewende rat dien. Ten derde bewys sy uitsonderlike grootte, dat dié bak alleen die enigste egte is. Die vierde bewys is sy openbaarheid, wat op te maak is uit die feit dat daar steeds die allergrootste aantal roeiers op die oppervlakte van die lewende water is. En die vyfde, dat alle ander waterbakke uit dié ene voortgekom het, dit wat bewys word deur hulle taamlike groot gelykenis met die enigste waaragtige lewende waterbak.
7 Kyk nou net weer verder. Meer as tweederdes van die steeds na die oewer teruggedrewe roeiers het hulle eentonige en nuttelose tog op die water reeds lankal ingesien en tree daarom uit hulle bootjies. Hulle stap totaal verslae en teleurgesteld aan wal, keer dit weldra die rug toe en sê: Het ons nie iets beter om te doen nie, as om ons so langdurig te laat fop met daardie lewende water nie? Mense het vir ons gesê: Volhou maar en so en soveel keer moet jy rondvaar, pas egter daarby op dat `n mens die regte krag bly aanwend, sodat mens ten eerste, nie te naby aan die rat kom nie, en ten tweede ook nie te naby die oewer nie, maar voortdurend die ruimte van die water tussen die rat en die oewer gebruik. Die al te naby nader van die ratwerk sou die krag van die mens spoedig verlam. As gevolg van hierdie toestand sou hy dan onherroeplik as dooie opgeskryf wees.
8 Nou het ons wyslik weer op die oewer beland; en wat `n wonder dat ons nog lewe! En verder sê hulle wat uit hulle roeibote gestap het: Dat dit tog ook by die ander mag opkom om net na die oewer te kyk, sodat hulle sou sien dat dit daar baie lewendiger gaan as op daardie dom wateroppervlak. Hulle sou sekerlik baie vinnig al hulle bote na hierdie veel gelukkiger makende oewer stuur en hulle niks meer aantrek van die magtige grootspraak van diegene wat hulle op die rand van die waterrat bevind nie.
9 Hulle spreek verder en sê: Alle lof en eer aan die Heer dat Hy dit vir ons ingegee het! Maar die vraag is: Waar sal ons nou ander, beter water vandaan haal?
10 En verskeie van hulle sê: Kyk daar in die rigting van die môre, nie al te ver hiervandaan nie lê berge; wie van ons weet nie dat berge altyd goeie bronne het nie? Laat ons dus reg daarop afgaan, dan sal ons sekerlik suiwerder lewende water aantref as hierdie ou, deur die waterrat heen en weer geswiepte lewende soep. En kyk hoe `n hele menigte hulle heimlik daar vanaf die groot bak uit die voete maak en in die rigting van die berge trek. Dit is al `n gunstige teken. Desondanks sal ons tog nog by ons waterbak bly en kyk wat nog alles daar afspeel.
11 Val dit julle nie op, dat daar onder die gaste op die oewer, `n hele klomp is wat van verkykers voorsien is nie? Hulle bekyk die rat van alle kante en sien dat sy skeppers al behoorlik vrot en verslete is. Meer as die helfte daarvan ontbreek al heeltemal. Wat volg wel daaruit? Ons sal net gaan luister wat ons waarnemers vir mekaar te vertel het.
12 Kyk, daar staan juis `n stel baie skranderes; hulle praat baie opgewek. Die een sê: Wat het ek vir julle gesê? Die oomblik het aangebreek; die groot skreeuers sit nou met hulle hande in die hare! Hulle kan die rat nie stop om nuwe skeppers daaraan te sit nie, want as hulle dit sou doen, sou die water in die bak ook bly stilstaan, sodat dit vir elke dwase roeier dan immers spoedig voor die hand liggend sal wees dat dit geen lewende water is nie. Hulle durf die rat ook nie meer flink aandryf nie, want dan breek die enkele lekkende skeppers wat nog daar is, ook nog af. Maar as dit baie verseker sal gebeur, sê my dan net beste vriend, hoe sal dit daarna met die lewende water lyk? Want die skepperlose rat sal, al draai dit hoe hard, die water nie meer kan rondbeweeg en daaraan ewe min skynbare lewe gee, as aan gedagtes wat nog nie by ons opgekom het nie.
13 Die tweede sê: Broer, ek merk baie goed hoe die saak uitdraai. As die roeiers sal merk, dit wat volgens my waarneming nou reeds baie sekerlik die geval is, dat die beweging van die water steeds traer word, sal `n gedeelte van hulle daarvan oortuig raak dat dit nie met die sogenaamde lewende water so eenvoudig is nie, en dat mens maar eerder by die oewer kan uitstap! `n Ander gedeelte sal egter as gevolg van die geringe weerstand, met weinig moeite die sogenaamde heiligdom van die ratwerk nader en sal in elk geval alles met hulle eie oë sien, wat ons hier vanaf die oewer duidelik waarneem, naamlik wat daar met die uitdruklik aangeprese magtige rat aan die gang is. Julle weet, die hoogdrawende belanghebbendes sê daaroor, dat dit nooit as te nimmer kan breek nie, en het daarom steeds dieselfde krag behou om die water lewend te maak. Wat sal hulle dan wel sê as hulle die skeppers tel en tot hulle verbasing ontdek wat daar ontbreek en bowendien nog die bedenklike en aansienlike skade aan die skeppers, wat nog aan die los rat vassit, bemerk? Is julle dit nie met my eens nie? Hulle sal hulle bootjies vinnig van die ratwerk afwend en na die oewer stuur.
14 En die ander sê: Dit is tog so duidelik soos daglig; veral wanneer die water, in die omgewing van die oewer, maar weinig beweeg word, hulle iets duidelik sal maak wat ongeveer so sal lui: Luister skippers, skeur julle vinnig weg van my oppervlakte, anders loop julle die gevaar om, in plaas van oor lewende water, ten slotte oor `n vinnig stinkende modderpoel te vaar!
15 Hoe geval hierdie dialoog julle? Ek is van mening dat dit geen slegte is nie. Maar aan die oewer staan nog `n ander groep wat die diepte van die bak met klein stokke peil, met leë bootjies in alle rigtings vaar en maak asof hulle die regmatige bevaarders van die lewende water is. Kyk, daar stap so pas `n stel bakdieptepeilers uit en begin gewigtig met mekaar te praat. Gaan julle maar daarheen en luister wat hulle met mekaar bespreek.
16 Hoor wat die eerste sê: Ek het dit altyd wel gesê, hierdie hele poel is `n vlak gemors; die water is kunsmatig donker gekleur maar het self nêrens ook maar enige diepte nie. Omdat daar in dié water iets is wat maklik tot verrotting oorgaan, moet dit wel vlytig geroer word om sy uiterlike vars aansien so goed moontlik te bewaar. Nou weet ons hoe sake staan, en dit is ook vir ons almal volkome duidelik. Wat dink julle, op welke manier sou ons aan hierdie reeds te lank durende dwaasheid, `n einde kan maak?
17 Hoor, `n ander sê: Op twee maniere. Soos julle sien, is die waterbelanghebbendes tog al deur duisend angste bevange en weet gladnie meer hoe hulle die ou, verrotte rat weer moet opknap nie. Wat is nou makliker as om `n gang te maak en hulle fantastiese water op `n subtiele wyse na die laagland te laat wegloop. Wanneer hulle bak geen water meer sal bevat nie, dan kan hulle hulle rat ronddraai soveel hulle wil, maar julle kan daarvan verseker wees dat alle roeiers wat nou nog op die water rondvaar, baie vinnig op die veilige oewer sal aanstuur, waar hulle hulleself daarvan kan oortuig dat daar oral volop lewe aanwesig is.
18 En hoor, `n derde sê: Het julle nooit gehoor dat daar op die plek van die rat werklik `n bron met lewende water is nie? As mens dit sou kan bemagtig, dan sou dit wel die grootste wins beteken. En hoor verder, `n vierde sê: Ek kry so pas `n baie goeie ingewing! Wat sou julle daarvan dink as ons die aftap van die water agterweë sou laat, maar sonder veel moeite `n tonnel vir ons tot onder die rat sou grawe? As die lewende bron daar sou wees, sal ons haar daardeur vas en seker te voorskyn laat kom, sodat sy haar daarna met haar hele oorvloed aan lewe oor alle ver uitgestrekte dale en vlaktes soos `n see kan uitbrei. As dit gebeur, dan kan hierdie ratdraaiers hulle rat draai soveel hulle wil, en ons sal seker wees daarvan dat ons die dwase, wat hulle nog in die verrotte bootjies op die water laat lok, op ons vingers kan tel.
19 En die eerste sê: Bravo broer, dit noem ek nogeens `n skrander ingewing! Laat ons onmiddellik die hande uit die moue steek, want hulle het die rat nie verniet juis op dié plek geplaas nie. Wat daaronder is, word baie angsvallig deur hulle verborge gehou. Hulle vermoed dat dit vas en seker hulle ondergang sal beteken en het dit daarom sorgvuldig verberg en vlytig diggemaak. Ons het die besluit geneem; derhalwe lê dit in die hemel opgesluit en nou word daar begin met die aanleg van die onderaardse tonnel.
20 En kyk nog verder: Hy begewe hom met nog baie ander na die laagland en ontdek daar, as goeie bergdeskundige reeds by die eerste blik, spore van die aanwesigheid van lewende water. Hulle steek die grawe reeds in die grond en by die eerste stoot ontdek hulle `n ryk fontein wat tegelykertyd die lig van die son met geweldige strale na buite laat stroom. Hulle grawe verder, maak die gang groter en omdat hulle nie op gesteentes afkom nie, maak hulle vinnig vordering.
21 Kyk hoe uit die reeds ontdekte fonteine `n stralende stroompie gevorm het, wat sy weg deur die dale soek. Baie wat hulle nie ver daarvandaan bevind nie, loop so vinnig moontlik na die stroompie, wat daar op enige afstand al tot `n aansienlike meer uitgebrei het. Sy aangename geur vul die hele wye omgewing en sy oewers raak steeds meer bevolk. Nou is ons tonnelgrawers nog slegs `n paar meter van die hoofbron verwyder. Kyk na binne en sien hoe hulle die hoofbron in die sterk glansende tonnel steeds meer nader.
22 En kyk, nou gee een van hulle die beslissende slag; die fontein lê oop! Sy dra die arbeiders na buite in die ewige oneindige vryheid en beloon hulle met die ewige lewe. Met groot krag en oorvloedige rykdom stort sy haar oor alle dale en vlaktes; berge sleur hulle saam met haar en almal wat dood was, word deur haar water tot lewe gebring.
23 Maar kyk, nou merk die waterbelanghebbendes dit ook op en hulle skreeu moord en brand op hulle waterstellasie! Maar dit help niks. Hulle draai die ou waterrat kragtig rond, maar die een verrotte skepper na die ander vlieg af. Die wateroppervlak by die oewers lê vol met leë bootjies. Alles wat maar voete het, probeer by die groot lewegewende water te kom. Slegs die waterbelanghebbendes sit nou, soos julle gewoonlik sê, in sak en as! Enkeles gryp die slegte, afgebreekte skeppers van die rat en swem selfs so goed en so kwaad as dit gaan, na die geluksalige oewer. Vir die hoofbelanghebbendes sal daar ten slotte nouliks `n reddingsmiddel oorbly, want die bootjies het almal na die oewer gedryf en niemand wil een na hulle toe stuur nie, sodat hulle hulleself sou kan red deur om na die oewer te vaar. Hulle water begin geweldig te stink en die lewende water wil nie daar binnestroom nie.
24 Kyk, so staan die sake; en dit is ook die volledige ontknoping van die aaklige beeld, wat ons in sy geheel in die sfeer van ons sewende geestelike gasvrye vriend aanskou het.
25 Julle begryp nou hierdie beelde en dit is genoeg, want ook so-iets bied die aanblik van die geestelike son vir ons. Soos wat julle alle materiële toestande op die son ooreenstemmend met die betreffende hemelliggaam aangetref het, so is dit ook heel in die besonder met die geestelike toestande gesteld.
26 Wie is nou hierdie sewende gees in wie se sfeer julle dit gesien het? Kyk, dit is `n ou gees, spesiaal bestem vir hierdie tyd; dit is die gees van die profeet Daniël. Noudat julle dit weet, kan julle weer uit sy sfeer tree en julle vir die volgende keer in die sfeer van die agtste gees begewe, wat so pas na ons toe gekom het. Dus nou weer genoeg vir vandag.”