|
Die Geestelike Son - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 28
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102. |
|
|
Die dale van rykes, geleerdes, vernuftige- en verstandsmense
28 Kyk, daar is ons alweer op ons eerste standplaas. Julle is wel `n bietjie huiwerig om julle daarin te begewe, maar die ravyn het tussen die steil rotswande nog steeds soveel ruimte, dat ons baie maklik oor die effe rotsagtige weg kan trek. Op weg daarheen sal julle links en regs baie nou, diep ravyne ontdek. Aan die linker- of middagsy, het hierdie dale volkome dieselfde betekenis as die, wat ons gesien het in die eerste dal links, waar die rykes van die aarde woon. Die verskil bestaan slegs hieruit, dat die bewoners van hierdie dieperliggende dale, steeds armer is aan weldade, alhoewel hulle op aarde des te ryker was aan aardse vermoëns.
2 In die dale regs is die woongebied van allerlei geleerdes, vernuftige- en verstandsmense. Hoe dieper en verder afgeleë die dal is waarin sulke siele woon, des te verder staan hulle met hulle wetenskap op aarde van die Heer af. Noudat julle dit weet, kan ons ons weg dan ook goed voorberei begin en ons na die streek begewe, waar julle buitengewone belangrike dinge sal leer ken. Daar gaan ons dan!
3 Julle vra waar al daardie water eintlik vandaan kom, wat hom van weerskante vanuit die dale in die nou ravyn stort en daar as `n woeste bergrivier deurstroom tot in die baai van die groot see? Die water beteken die kennis en die daaruit voortvloeiende nuttige toepassings wat sulke mense, deur middel van hulle verstand en vernuf, langs proefondervindelike weg, ontleen het aan die natuurkundige eienskappe van dinge. Die water wat van regs kom is, soos julle sien, baie meer troebel. Dit stel die baie onware voor wat in al die geleerde kennis voorhande is, en die iets minder troebele wat van die linkerkant kom, beteken dat die rykes van die wêreld, met hulle geringe wetenskaplike rykdom, tog beter wis te reken as die eintlike suiwer geleerdes. Dat die water hier in die ravyn saamkom, beteken dat die vermoë van die wetenskap en die vermoë aan wêreldse skatte altyd saamgaan en ten slotte op dieselfde neerkom. Want die geleerde soek die wetenskap om deur haar ryk te word aan wêreldse skatte; maar diegene wat ryk is aan wêreldse skatte, soek die wetenskap om met behulp daarvan sy vermoë nog groter te maak. Dit is die rede dat julle die water van links ook lank nie so sterk sien bruis as daardie van regs nie. Dit beteken bowendien dat diegene wat ryk is aan wêreldse skatte, weet om hom steeds op `n politieke manier onder die geleerdes te beweeg, om van hulle geleerdheid vir die een of die ander van sy spekulatiewe behoeftes te bemagtig. Dit weet ons nou ook en daarom kan ons ons reis weer vervolg.
4 Kyk, gunter, nog taamlik ver op die agtergrond rys `n regte hoë klipmuur op. Daar hou ons dal links en regs ook op. Soms open hierdie muur hom en daar ontstaan `n ruim kloof. As mens op daardie oomblik daar is, kan mens daarin deurdring, maar as so oomblik `n mens nie tref nie, dan is daar geen deurgang moontlik nie. Julle vra: Ook nie op die manier waarop ons ons in die noordelike omgewing op die berge verplaas het nie? Ek sê vir julle: Ook nie hier op die manier nie, en wel omdat julle nog iets aards in julle het. Ons sal egter tog die oomblik aantref waarop die muur homself sal open. En omdat daar dadelik agter die muur, `n hele groot vlakte uitstrek, sal ons tot by die oomblik dat die wand hom weer sluit, maklik deur die taamlik breë spleet kom. Kyk, nou is ons reeds by die muur; wees maar bietjie geduldig, hy sal weldra oopgaan. Ek sê nou: Open jou! En die magtige muur wyk uiteen. Nou is die spleet groot genoeg; dus maar vinnig daardeur! Ons het die spleet gelukkig gepasseer en kyk nou weer om, die muur is alweer stewig gesluit.
5 Kyk nou maar weer voor julle uit in die omgewing waarin ons onsself nou bevind; hoe geval dit julle? Julle sê: Wat `n vraag! Hoe sou hierdie omgewing ons geval, dit is hier so donker dat ons eintlik meer tas as sien. Ons moet ons aan jou vashou, anders is ons kennelik verlore, want ons sien nie eers die grond waarop ons staan nie. Ons weet dus nie waarop ons loop nie; is dit klip, sand, modder of water. Want soos gesê, ons sien hier niks; nie eens vir jou of onsself nie.
6 Ja liewe vriende, hier is dit nou eenmaal so. Julle vra my, of daar in hierdie streek miskien ook lewende wesens bestaan?” Ek sê vir julle: “Julle vind nie gou `n streek wat so dig bevolk is as hierdie nie, want hier kan mens werklik sê: Op hierdie mark van die duisternis wemel dit van die mense.
7 Julle sou wel graag bietjie lig wil hê, sodat ons plaaslik tog iets kan waarneem? Maar ek sê vir julle: Dit sou ons nie goed bekom as ons onsself hier van lig sou bedien nie, want ons sou dan dadelik deur die bewoners van hierdie streek byna so omring wees as `n wurmpie wat op `n miershoop val. Wees maar nog `n bietjie geduldig; ons oë sal spoedig so verwyd, dat ons netsoos `n naguil. ook in die duister ietwat te siene sal kry. Laat ons daarom nog bietjie verder loop. Wel, sien julle al iets? Julle sê: Baie swak begin ons al waar te neem. dat die grond waarop ons staan. oorwegend uit suiwer sand bestaan; en daar voor ons lyk dit of iets homself beweeg.
8 Ja, julle het gelyk. Laat ons dus maar daarop afgaan, dan sal dit vir julle spoedig duidelik word wat hom daar beweeg. Kyk nou, die bewegende kom na ons toe: Dit is `n ineengekrimpte, armsalig lykende mensgestalte. Wil julle hom vra, wie hy is? Julle durf nie; dan sal ek dit doen. Luister maar, ek sal die gestalte aanspreek.
9 Wat doen jy hier, armsalige wese? Waar kom jy vandaan? Die gestalte sê: Ek is al ongeveer drie aardjare in hierdie omgewing, loop rond soos `n wilde dier, maar vind niks waarmee ek my groot honger kan stil nie. Waarom ek, na my sterwe op aarde, in so `n miserabele omgewing moes beland, weet ek egter nie. Ek was `n vooraanstaande meneer op aarde en het `n hoë funksie beklee. Hierdie funksie het ek steeds as `n opregte en troue amptenaar uitgeoefen. Ek het my deur niks laat omkoop nie, maar het streng volgens die wet gehandel, het sodoende my plig vervul en was deur elkeen geag. Ek was selfs deur my koning gewaardeer en onderskei. Ek het met my verdiende salaris vrywillig baie goed gedoen en het in elke opsig voorbeeldig geleef, dit wat navolging verdien. Toe ek ten slotte die tydelike verlaat, het ek in hierdie afskuwelike omgewing beland, waarin ek, soos gesê, reeds ongeveer drie jaar lank rondswerf, en nêrens is `n uitweg te vinde nie.
10 En ek, julle gids, vra hom verder: My beste vriend, dit mag dan wel waar wees, maar het jy by die uitoefening van jou funksie wel ooit net aan Christus, die Heer gedink en geglo? Het jy ooit uit liefde vir Hom iets gedoen? Het jy wel alle eenvoudige mense as jou broers beskou? Sê net, hoe staan dit daarmee? Die armsalige sê: Hoe kan `n ontwikkelde man in so `n ouwyf Christus glo? Desondanks het ek egter, om niemand in politieke opsig te vererg nie, aan alle Christelike dwaashede deelgeneem. Wie kan so dwaas wees om van `n man, wat `n hoë staatspos beklee, te verlang dat hy die ruwe straatlummels as sy broers moet beskou? En om iets uit liefde vir die ouwyf Christus te doen, sou mens tog werklik eers so dwaas moet word om aan so `n Christus te glo, om eers dan te sien of mens uit `n sekere liefde vir Hom, iets sou kan doen. Desondanks glo ek tog in `n God en dink dikwels by myself: As hierdie God regverdig is, wat Hy tog kennelik moet wees, dan moet Hy, indien daar na die dood `n lewe is, `n regverdige man soos ek, ook volle geregtigheid laat wedervaar. Dat daar lewe na die dood is, ondervind ek al drie afskuwelike jare lank; want so lank is dit dat ek hier rondswerf soos `n wilde dier. Maar helaas moet ek in hierdie toestand ondervind dat daar geen God bestaan nie; want sou daar een of ander God bestaan, dan sou Hy my netso goed moet behandel as wat my koning dit gedoen het. Alhoewel alles egter sekerlik die werk van die blinde toeval is, het ek dan ook weer in die blinde toeval teruggeval en moet nou maar afwag wat dit weer van my sal maak. Het jy dalk iets vir my maag, gee my dan iets te ete, want ek is buitengewoon honger en het, behalwe `n toevallig gevinde mosplantjie, geen voedsel nie.”
11 En ek, julle gids, sê aan hom: “Luister vriend, daar bestaan `n God wat regverdig is, en hierdie God is niemand anders as jou ouwyf Christus nie! Laat dit `n genadestraal vir jou wees, sodat jy sal weet tot wie jy jou moet wend, as dit nog slegter met jou sou gaan as nou.
12 Kyk, al wat jy gedoen het, al was dit op sigself hoe regverdig, het jy alles uitsluitend uit eieliefde gedoen. Want jou liefde was jou opregte aansien en verder die algemeen bemind wees en die hoë waardering van die wêreld. Daarom het jy ook niks anders saamgebring as jou eieliefde nie, wat sedertdien geen lig het nie, omdat die lig van die wêreld afgeneem van haar was. Die lig van die gees en sy geregtigheid is egter Christus! Wend jou in jou hart tot Hom, dan sal jy, na gelang die mate van jou ommekeer, lig en brood ontvang. Maar verlaat ons nou.
13 Kyk, hoe hy nou nadenkend wegsluip; en merk julle hoe die swart wolk bo hom bietjie gryser word? Dit kom deurdat hy nou oor Christus begin na te dink. Maar laat ons verder gaan; daar sal nog baie interessanter gevalle wees.”
|
|
|
|
|