Die Geestelike Son - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 65

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102.

`n Monnikeklooster. Augustyne en hulle geloofsopvatting

65 Ons sal die vroueklooster verlaat en ons ietwat verderop begewe. Kyk, daar meer tussen die middag en aand lê reeds `n klooster wat al op die eerste oogopslag as sodanig te herken is. Kyk net na die pompeuse kerk (praalkerk) met sy twee enorme kloktorings en aan beide kante van die kerk die kloostergebou met nogal klein vensters. Soos wat julle verder kan sien, is die hele klooster, met inbegrip van die kerk, deur `n hoë muur omgewe. Julle sal graag wil weet welke orde hom daar bevind. Ek sê vir julle, een van die strengstes, naamlik die orde van die sogenaamde ongeskoeide (kaalvoet) Augustyne.

2 Hierdie orde was eens `n egte agtenswaardige boeteorde volgens die reëls van die kerkleraar Augustinus wat, soos bekend, baie daaraan geleë was om die wese van die drie-eenheid as `n aanneemlike begrip vas te lê. Hierdie origens baie ywerige Christen is selfs deur die Heer Self ernstig daarteen gewaarsku om die ondersoek na die drie-eenheid verder voort te sit. Maar desondanks het hy hom geskaar by die Roomse biskop en stem volkome in met die leer wat te Nicea uitgebroei is, van die drie-eenheid wat uit drie persone bestaan. Hy het probeer om die beeld van die drie-eenheid, deur middel van sy origens groot wêreld­wysheid, soveel moontlik regsgeldigheid binne die kerk te gee, waarom hy dan ook eervol tot kerkvader en kerkleraar verhef was.

3 Dit was wel ietwat vreemd dat sulke kerklerare hulleself ook kerkvaders laat noem het, terwyl hulle tog die evangelie gehad het, waarin Christus as die enigste egte en ware Vader van alle mense, en dus sekerlik ook van Sy kerk bestempel word. Omdat Augustinus nie sy ondersoek uit eiebelang nie, maar met eerlike bedoelinge gedoen het, was dit ook nie teen hom aangereken nie. In die geestelike wêreld, maar deels ook reeds vir homself in die natuurlike wêreld, het hy sy dwaling ingesien en was daarom ook spoedig deur die Heer opgeneem en langs beter weë gelei. As gevolg van die beter insig, het hy al tydens sy aardse lewe, heel in die geheim `n klein skool gevorm, met as doel om `n beter en dus lewendiger insig in die drie-enige God te verkry. Ten einde het Augustinus ook kennis gemaak met die innerlike, lewende woord en die weg leer ken waarlangs mens dit kan bereik. 

4 Hierdie weg was een van diepe deemoed, die volkome verontag­saming van die wêreld, om sodoende, die Heer met alle liefde te kan omvou. Hierdie skool het aansienlike byval gevind, alhoewel dit soveel moontlik geheim gehou was. Selfs die roomse biskop het kennis gekry daarvan, was nie openlik daarteen nie en het hom selfs by die skool aangesluit. Hy het baie spoedig ingesien dat die openbare leer nie met die van die skool ooreengestem het nie, maar hy kon tog nie teen die heersende opvattinge ingaan nie. Sodat hierdie skool, wat vir hierdie tyd `n baie belangrike vonds was, nie ten gronde sou gaan nie, het hy haar dan ook ietwat meer bewegingsvryheid verleen en het haar “die skool vir ware priesters” genoem, wat mettertyd die naam skolastici gekry het. Hierdie skolastici was weliswaar nie identies aan die Oud-Egiptiese skolas­tici, wat hulle besig gehou het met die toweragtige mistisisme nie, maar was veel meer skolastici volgens die innerlike betekenis van die woord.

5 Daarom het hulle ook vir hulle `n ander beeld van die drie-eenheid gevorm, dit wat bestaan het uit `n oog in `n driehoek, wat homself in `n sonvormige stralekrans bevind het. Al was hierdie voorstelling ook nie heeltemal korrek nie, tog was God as `n eenheid voorgestel daardeur.

6 Die oog het die son van die Heer voorgestel, waarin Hy hom in Sy ewige Liefde en Wysheid bevind, en wel omdat die menslike oog dit beide in homself het; want uit die oog straal liefde en uit die oog kom die lig ook voort. Die drie hoeke van hierdie figuur, waarvan die oog in die middel was, stel die drie grade voor waarbinne die goddelike hom as die mees innerlike uitspreek. Hierdie drie grade, wat met die drie hoeke ooreengekom het, was so verdeel dat die onderste links met die natuurlike, die regs met die geestelike en die hoek bo met die hemelse ooreenkom. Deur die uitstraling van die oog na hierdie drie hoeke was die binne­stroom van die Heer in en deur al drie grade aangegee. Die lig wat na buite heen, oor die afbeelding gestraal het, het die oneindige mag en die ondeurgrondelikheid van die goddelike Wese beteken. Daarom was hierdie voorstelling as `n taamlik geslaagde hiëroglief van die drie-enige goddelike Wese beskou. Volgens hierdie reël was die orde van die kaalvoet Augustyne dan ook opgerig.

7 Julle vra waarom hierdie sogenaamde nuwe-skolastici, die wese van die drie-enige God nie nog volmaakter vir hulleself voorgestel het nie, en waarom die Heer dit nie vir hulle aangegee het nie. Dit het gebeur, omdat hulle almal daarna, as gevolg van die vroeëre, uit drie persone bestaande goddelike drie-eenheid, tog nog ietwat verkeerde idees gehad het. `n Deel van hierdie skolastici het later tog al `n beter insig aangegryp en wat hulle daarom onder die beskerming van die Griekse kerk geplaas het, waar hulle dit toe tot `n egte sekte ontwikkel het onder die naam van die “Unitariërs”. Maar onder die roomse biskop het steeds die eerste reël gehand­haaf gebly en wel onder die streng klousule van die swygreg. Die swygreg het mettertyd so ver gegaan, dat selfs die ingewydes, slegs baie weinig woorde met mekaar mag gewissel het. Elkeen, vir homself, mag wel in gesprek gegaan het met die innerlike woord, maar dit was nie geoorloof om die innerlike woord aan iemand anders mee te deel nie. So het hierdie goeie orde ook mettertyd verkrummel en hulle het nie meer in hoë aansien gestaan by die veel latere hiërargieë nie.  

8 In navolging van hierdie orde het daar dan ook nog ander gelyksoortige ordes ontstaan, wat hulle, op dergelike goeie gronde, streng van die wêreld afgesonder het. Hulle kon egter niks bereik nie, ten eerste, omdat hulle daarby tog deur die uiterlike kerklike ordening gerem was en ten tweede, omdat hulle wel hulle reëls agter geslote deure kon beoefen, maar in hulle toegewysde pastorale sielesorg, nie nuttig daarvan gebruik mag gemaak het nie.

9 So was daar nog baie ordes gestig, wat aanvanklik almal `n goeie grondslag gehad het en byna almal min of meer aanhangers was van die innerlike skolastiek. Maar mettertyd het hierdie goeie basis byna heeltemal verlore gegaan en daar het niks anders as die uiterlike vorm oorgebly nie. Omdat enkele ordes mettertyd ook baie ten gunste van die roomse episkopaat (bisdom) begin optree het, het hulle ook van die kant af baie aansienlike uiterlike gunste verkry. Daaruit het “seminaries vir die manne” en “manne-ordes” vinnig ontstaan. Omdat dit met al hierdie ordes beter gegaan het, as hulle wat hulle meer by hulle grondreëls gehou het, het dit die klein ordes aan die dink gesit. Daarna het hulle ook begin om meer ten gunste van Rome te handel, dit wat vir hulle dan ook steeds meer voordele opgelewer het. Op hierdie manier het alle innerlike waardes van die orde, tot in hierdie tyd, verlore gegaan en valse grondbeginsels het nou daar tevoorskyn gekom.  

10 Ons sien nou hier `n klooster wat op sulke valse grondbeginsels gebaseer is, wat enkel en alleen nog die naam dra van sy oorspronklike stigter. Julle kan dit dadelik sien aan die uit drie persone bestaande drie-eenheid, wat hom vlak bo die ingang van die hoofportaal bevind. Daaronder verskyn, as`t ware deur die wolke weggedruk, die “oog van God”, wat beteken dat die dwaling oor die waarheid geseëvier het.

11 Hierdie (gees)monnike loop nog wel kaalvoet rond en dra nog dieselfde kleding, maar wanneer julle die innerlike skolastiek wil sien, dan merk julle dat hulle hul slegs na buite toe nog presies so gedra as die egte destydse Augustyne. As julle aan die een of ander sal vra waarom hy dit doen, dan sal jy geen antwoord kry nie, en as jy `n antwoord kry, sal dit as volg lui: Ons doen dit as standvastige boetelinge terwille van die hemel, omdat die hemelryk slegs met geweld ingeneem kan word, want wie dit nie met geweld sal inneem nie, sal dit nie verkry nie. Hieruit kan julle egter maklik aflei wat die eintlike motivering vir so `n streng lewe is. Hulle doen alles terwille van die hemel; ook bemin en vrees hulle die Heer, maar nie oor Homself nie, maar slegs vanweë die hemel en die hel. Sou die Heer die hel vir hulle wegneem en hulle gedroomde werklose genot- en gaaphemel verander in `n werkhemel, dan sou hulle baie gou `n groot kruis slaan oor hulle streng, boetvaardige lewe.

12 So gaan dit met alle beter gesinde kloosterbewoners. Maar vir baie is die streng nalewing van die ordereëls slegs `n politieke weg waarlangs hulle dink om belangrike, aardse voordele vir hulself te bemagtig. En selfs dit is `n handelswyse van helse aard, wat `n gruwel vir die Heer is. Hierdie geaardheid sal ons nie hier aantref nie, want dit hoort, oftewel diep in die aand, of in die ergste geval, selfs in die hel tuis.

13 Daarom sal ons hier slegs gedagtes oor die hemel aantref, wat die hemel deur die streng nalewing van hulle ordereëls as dagloners wil verdien. Dat die klooster ook hier as sodanig verskyn, is ook die gevolg van die materiële geloof in die laaste oordeel. Julle sal as gevolg van so `n geloof ook allerlei afwykings in die klooster aantref wat voortvloei uit die onbegrepe oudskolastieke en mistieke opvattinge, dat die siel na die dood, oftewel in die soge­naamde ‘sielepanichia’, dit is die algehele sieleslaap, of in `n passiewe paradyslike lewe, dalk ook wel in `n kort op die dood volgende hemel sou voortlewe. Hoe dit alles ontwikkel het, sal ons by die volgende beskouing te siene kry. En dus genoeg vir vandag.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205