|
Die Geestelike Son - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 47
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102. |
|
|
Die “Rooms-Katolieke” hemel. In die uiterste middag
47 Soos julle sien, het die omgewing wat ons gesien het, alweer verdwyn. Van die heuwels en die geboue op die heuwels is daar niks meer te siene nie; ons bevind ons midde in die middag. Dit kan julle aflei uit die hoogste punt staande son en uit die groot prag van hierdie streek, netsoos uit die reeds bekende rivier wat van hieruit na die môre stroom. Julle vra: Maar beste vriend, hoe is dit tog moontlik dat hierdie eindelose allersaligste môrestreek nou heeltemal voor ons oë verdwyn het?
2 Liewe vriende, begryp julle dan nog nie dat die “môre” die “daadwerklike liefde” en die “middag” die “ondersoekende wysheid” beteken nie? Ons is egter nou weer “in die ondersoek”, dus op die weg van die wysheid en sodoende in die middag en dit lê buite die liefde.
3 Julle sê nou wel: Ons het ons ook eers in die middag bevind en kon tog die streek van die môre van daar af sien. Waarom kan dit dan nie nou nie? Was ons toe dan nie buite die gebied van die daadwerklike liefde nie?
4 Liewe vriende, ons was toe ook wel in die middag, maar ons het ons aan die oewer van die rivier bevind en dit het aangegee, hoe liefde en wysheid in mekaar gryp en in die ewige lewe oorgaan. Toe was ons in die sentrum tussen liefde en wysheid, en daarom kon ons beide streke tegelykertyd ook baie goed aanskou. Omdat ons toe werklik in die môre oorgegaan het, kon ons ook van daaruit die streek van middag eindeloos ver aanskou; waarom? Omdat die wysheid uit die liefde voortkom! Dit is presies so, soos wanneer iemand die grondbeginsel van iets ken en daardeur ook verseker die werking daarvan sal sien en begryp. Maar wie slegs die werking sien, kan van haar uit nie so maklik die grondbeginsel sien nie, behalwe wanneer hy van die punt uitgaan waar oorsaak en gevolg in mekaar oorgaan. Noudat julle dit sekerlik sal insien, sal ons onsself dan ook ongehinderd na die môrestreek buite in die uiterste middag begewe, waar julle dinge sal sien wat julle baie aangaan.
5 Kyk, ons is al op die plek van bestemming. Maar nou sê julle: Beste vriend, daar voor ons sien ons alweer `n eindelose ver uitgestrekte see en aan die uiterste horison, sien ons vir die eerste keer in hierdie geestelike wêreld, wolke soos ons op aarde op mooi helder dae aan die hemel sien opkom het. Dit lyk ook vir ons dat die son hier nie meer reg bo staan nie, maar hom meer agter ons bevind, sodat ons al `n skadu voor ons sien. Moet ons hier dalk ook weer oor die oppervlak van die see wandel?
6 My liewe vriende, hierdie see staan in verbinding met die see wat ons al vroeër in die aandelike omgewing teëgekom het. Sy strek haar ook eindeloos ver uit in die rigting van die aand tussen middag en môre. Maar reg hierteenoor, waar julle die wolke sien, is sy begrens deur `n oewer, waaragter `n eindelose groot landskap dan weer uitstrek. Die gebied word “die uiterste middag” genoem, en daarheen sal ons onsself dan ook begewe.
7 Julle vra alweer hoe ons hier oor die see sal kom? Daartoe sal ons weer op ons gebruiklike vinnige manier reis en sê: Hier en daar, en ons sal wees waar ons wil wees! Kyk net om, ons is reeds waar ons wil wees! Die hele see-oppervlak lê al agter ons en kyk net omhoog, ons is al onder die wit wolke. Julle sê nou: Beste vriend, die wolke straal werklik baie mooi hier, maar die son is nie meer te herken nie; waar het sy dan heengegaan?
8 Vriende, die son skyn ook wel hier, maar haar wese word steeds so deur die wolke bedek, dat mens haar lig slegs in gebroke toestand en die son self maar selde deur die wolke heen sien. Julle vra: Wat se omgewing is dit dan en wat beteken sy?
9 Kyk, dit is die sogenaamde Rooms-Katolieke hemel waarin die meeste vroom Rooms-Katolieke kom, wanneer hulle liefdevol en nougeset volgens hulle geloof geleef het. Daarom is hierdie hemel veeleer `n “proefhemel”, as `n egte blywende. Hoe dit alles ten opsigte van mekaar in verband gebring kan word, sal ons met verloop van die nadere beskouing van hierdie hemel nog duidelik te siene kry.
10 Rig julle blik maar net `n bietjie landinwaarts, dan sal julle weldra `n groot aantal van die welbekende roomse kerke en kloosters aanskou. Daar, nie ver van ons vandaan nie, staan `n baie statige kerk op `n vlakte; ons sal sien wat hom daarbinne afspeel. Hoor julle die klokgelui? Julle sê: Waarlik beste vriend, dit klink presies soos wat ons dit so dikwels op aarde gehoor het. Luister nou nog bietjie oplettender; julle sal selfs orrelklanke hoor. Julle vra wat daar nou eintlik in die kerk te doene is.
11 Ek sê vir julle: Ons sal juis op tyd wees vir die eerste seën. Ons is al by die ingang van die kerk en sien die hoogaltaar waarop `n hele klomp kerse brand. Kyk nou hoe die geestelike die silwer of monstrans (oop of deursigtige goud- of silwer houer waarin die Heer vertoon word) vaatwerk pak en op dieselfde manier as op aarde die baie aanwesiges die seën gee. Omdat ons hiermee die seën ontvang het, sal ons ook die mis bywoon.
12 Kyk, die hele seremonie verloop netsoos by julle op aarde en julle sien dat die hele seremonie van die mis onder begeleiding van die gebruiklike orrelspel ten einde loop en die tweede seëning so pas begin. Julle vra: Beste vriend, welke heilige word dan daar op die hoogaltaar vereer? Ons kan nie sien wat die afbeelding voorstel nie.
13 Laat ons bietjie nader gaan; kyk, sy is baie duidelik en ook baie mooi geskilder “die heilige drievuldigheid”. Die enigste verskil is dan ook, dat hier in hierdie proefhemel op die hoogaltaar geen ander afbeelding mag voorkom nie. Van beide die sy-altare stel egter die regter- die gekruisigde Heiland en die linker- die Heilige Gees in die gedaante van `n duif voor. Ook op hierdie sy-altare mag niks anders voorkom nie. Dit is sodat die aankomeling nie tot een of ander afgodery verlei sal word nie, waardeur hulle `n “sogenaamde heilige” dieselfde eer sou bewys, wat volgens hulle begrippe alleen aan God toekom.
14 Om dié rede word ook die sogenaamde heiliges, met inbegrip van die pouse, altyd ver gehou van hierdie streek; en as pouse hier aankom, dan mag hulle tog nie as sodanig nie, maar slegs as baie eenvoudige priesters beskou word. Maar julle sê: Beste vriend, hoe lyk dit dan vervolgens met die sogenaamde “hemel”, waarin die “drie goddelike persone” op `n glansende wolk bymekaar sit en alle saliges met die engele, ook op glansende wolke, rondom hierdie drie-eenheid kniel en so God van aangesig tot aangesig aanskou en aanbid?
15 Wag maar netso, totdat hierdie “godsdiens” afgeloop is, dan sal ons dadelik die sogenaamde hemelbestyging deur die geeste, wat nou hierdie erediens bywoon, in oënskou neem. Soos wat julle kan hoor, verkondig die priester nou juis aan sy kerkgangers die “hemelvaart”, wat direk na die op hande synde diens sal plaasvind Dus sal ons ook die kerk uitgaan en die gebeurtenisse buite afwag.
|
|
|
|
|