Die Geestelike Son - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102.

Die ringmuur in sy ooreenstemmende beeld. Vorms van die verskillende Christelike kerke

14 “Wanneer julle ons ringmuur met meer aandag bekyk, sal julle sien dat daarbinne nie net een nie, maar verskeie bane aan die rand van die daarbinne lêende terrein begin en spiraalvormig draaiend na die afgeslote tent loop. As julle nog aandagtiger daarna kyk, sal julle nog bowendien ontdek dat al hierdie bane op `n welberekende manier so na die tent toe aangelê is, dat mens langs geen enkele een by die ingang van die tent kan kom nie. Tog word daar aan die rand van die aansienlike terrein gesê: Wie die smalste pad kan vind en dan, sonder om op syweë af te dwaal, daaroorheen loop, sal die tent vas en seker bereik, waar `n groot beloning op hom wag.  

2 Wat moet daardie eienaardige deurloop van `n spiraalbaan tog beteken? Ek wil geen definitiewe antwoord daarop gee nie; julle sal dit sonder meer vind as julle die saak van naderby bekyk het. Kyk dus maar baie aandagtig na hierdie weliswaar dwase, maar juis in haar dwaasheid, veelseggende speelplek!

3 Kyk, op elke plek waar so `n baan van buite af na die sentrum toe begin, is ook `n baankok, `n baandirekteur en nog `n groot groep ander handlangers. Kyk hoe hulle almal buitengewoon ernstig en baie gewigtige gesigte trek. Op die breë muur sien julle `n groot menigte mense van albei geslagte. Kyk, hoe daar aan die begin van `n baan, die gesamentlike baan belanghebbendes en vernaamlik die baankok, hulle baan as die enigste korrekte aanprys en sê: Kom almal hierheen! Hierdie baan is die enigste korrekte waarlangs julle baie seker by die deur van die tent en dus ook in die tent self kan kom, waar `n onskatbare prys op julle wag! Maar kyk, die baankok wat vlak naas hom staan, roep en sê aan die gaste: Laat julle nie mislei nie! By ons betaal julle veel minder baangeld, want ons baan is die oudste, dus ook die amptelik erkende; oor haar het reeds baie duisende in die tent aangekom en het daar hulle hoë prys afgehaal. Maar die eerste baankok kom dadelik daarheen, protesteer geweldig en waarsku die gaste indringend om tog veral nie die bedrieglike verlokking van die tweede baankok op te volg nie. Die tweede baankok gaan baie opgewonde teen sulke lasterpraatjies in en roep met `n geweldige stem: Ek sê nie dat julle hierheen mag kom nie; ek laat dit nie aan julle vrye wil oor of julle langs my baan wil gaan of nie, maar omdat ek baie goed weet dat my baan die oudste en enigste korrekte is, sal ek julle aan die hare daarheen sleep. Dit is treurig genoeg dat `n mens, vir domkoppe soos julle, so `n onnoemlike geluk gewoonweg met geweld moet opdring! Die eerste baankok verhef hom weer en roep baie hard: Volg maar my buurman! Julle weet egter nie dat sy baan in die omgewing van die tent `n verborge en afgedekte afgrond het, waarin elkeen wie hierdie baan bewandel, onherroeplik ten gronde sal gaan nie. Na hierdie uitspraak, laat die tweede baankok nog heftiger van hom hoor, stuur, sonder om `n verdere woord te sê, sy handlangers die muur op, laat `n menigte deur hulle met geweld saamdryf en na sy baan trek. Wanneer hulle die baangeld wil betaal, doen hy blufferig grootmoedig voor en sê: Ek neem niks van julle aan nie; ek wil maar net julle geluk bewerk; loop daarom oor my baan. Julle kan hardloop of rustig wandel, soos julle wil, en ek staan heeltemal daarvoor in dat julle hier op my baan nêrens `n verderflike afgrond sal aantref nie, maar almal behoue in die tent sal aankom. Ek stel slegs as voorwaarde dat julle veral nie van my baan af gaan nie. Gaan julle daarvan af, uit onversigtigheid of eiemagtigheid, dan staan ek vir niks in nie, want op elke ander baan sal julle, in plaas van in die tent, in een of ander verborge afgrond beland. En so sien julle dan die menigte voortgaan.

4 Maar sien, vlak daarnaas staan alweer `n derde baankok. Hy maak geen lawaai nie, trek `n baie goedmoedige en medelydende gesig en die gaste vra hom waarom hy dit doen en wat hom dan so na aan die hart lê. Baie beskeie en met sagte woorde sê hy aan hulle: Wie sou nie daarby droewig wees nie?! Hierdie arme mense gaan immers almal die verkeerde weg, terwyl slegs hierdie tog die enigste korrekte is, wat byna lynreg na die deur van die tent loop. Ek sê nie vir julle: Kom hierheen nie, maar as julle oral ervaar het dat julle met julle vergeefse, sinlose moeite niks bereik het nie, sal julle julleself wel vanself op my baan begewe. Ek sê vir julle: Ek vind dit selfs nie eers goed as iemand na my baan toe loop en daardeur die arglistige baankokke langs my jaloers maak nie. As hy hom oral daarvan oortuig het dat hy bedrieg is, sal hy sonder meer na my toe kom en my dan nog graag `n hoë baanprys betaal as ek my baan maar vir hom sal oopstel.

5 Kyk daar, `n vierde baankok, wie heimlik en slu na sy buurman omkyk, sy hoof skud en ten slotte sê: Vooruit maar! Wie die laaste lag, lag die lekkerste! Ek sê vir julle, my helpers, laat al hierdie muurgaste met rus. Laat die dwase maar doen wat hulle wil; ons nooi niemand uit nie. Gaan julle maar oor die muur na buite, vang hulle daar op en bring hulle hier. Sodra hierdie domkoppe van buite af hierheen gebring is, kan ons so goed as seker daarvan wees dat hulle geen ander baan sal soek en geen ander sal betree nie, as dié van ons. Ons plaas slegs `n spandoek met die opskrif: “Enigste korrekte baan na die doel!”, wees daarby so min as moontlik bedruk en die vet visse is almal ons s`n.

6 Maar kyk verder! Hiernaas is alweer `n ander, baie smal baan, wat armoedig lyk. Die baankok sit egter by die ingang en lyk asof hy hom oor niemand bekommer nie. Sy min helpers volg sy voorbeeld. Kyk hoe verskeie gaste na hierdie baankok toe gaan en hom baie heimlik vra: Hoe lyk dit met jou baan? Daarop sê hy niks anders nie as net hierdie woorde: My baan spreek vir homself. Wie haar wil bewandel, kan homself daarvan oortuig of dit hom na sy doel, al dan nie, sal bring. Hierdie eienaardige en geheimsinnige woorde laat baie verbaas staan en baie baangaste begin hulle by Hom aan te sluit.

7 As hulle oor die prys vra, sê hy: Hier is geen prys nie, maar wie hierdie baan wil betree, moet alles gee wat hy het, want hy sal ook alles terugvind. Ek het self egter niks nodig nie. Vir hierdie voorwaarde kyk die baanliefhebbers dan weer vreemd op en die een na die ander trek hulle weer op die muur terug.

8 Maar kyk, daarnaas lê weer `n ander baan. Hy het `n egte ou kniesoor as baankok. Hy het `n volledige kasregister voor die baan opgestel. Hy nooi weliswaar niemand uit nie, maar as iemand daar na hom toe kom en vra: Wat se baan is dit en lei sy wel tot in die tent? Dan sê die baankok baie saggies en geheimsinnig aan hom: Vriend, daar was nog geen baan soos hierdie nie; net hierdie baan is die oudste en sy staan in verbinding met die poort van die tent. As julle haar wil bewandel, dan sal julle geen spyt hê nie. Julle moet slegs die baangeld, wat so en soveel bedra, in fyn, klinkende munt betaal. Daarvoor kry julle dan `n wissel van dieselfde waarde. As julle hierdie baan goed deurloop het en julle onderweg nie deur een of ander laat verlei het nie, sal julle sonder meer in die tent kom en sal julle daardeur die hoofprys wen. As julle egter tog verdwaal het, dan is almal nog nie verlore nie, want met hierdie wissel in die hand, sal julle vir die klinkende munte tog nog altyd so en soveel aan rente terugkry. Soos julle sien, het hierdie baankok `n baie aansienlike toeloop van groot en klein, maar nie vanweë die baan nie, maar enkel en alleen vanweë sy geldsake. Vandaar dat hy bars van die goud, silwer en allerhande edelstene. Wat die tent betref, daaroor bekommer hy, die baankok, hom so te sê nie in die minste meer nie, want sy sake is slegs geldsake. Sodoende maak sy baanwandelaars hulle ook nie baie bedruk daaroor of hulle die tent goed bereik of nie, want hulle het immers hulle wissel in die hand.

9 Maar kyk nog verder; daar lê nog verskeie, weinig betrede bane. Hulle baankokke word deur die hoofbaanleiers slegs tot op `n sekere hoogte geduld. Daarom sit hulle ook heel rustig by hulle bane. Kom daar `n bedevaartganger by die een of die ander, dan is dit goed; kom daar egter niemand nie, dan kry hulle ook geen grys hare daarvan nie. Hulle is in `n sekere sin nie op die opbrengs van die baan aangewese nie, maar hulle voorsien in hulle onderhoud uit die beskeie inkomste van allerlei kraampies, wat hulle by hulle bane opgestel het. As hulle heimlik deur iemand gevra word: Is jou baan die regte een? Dan sê hulle totaal onverskillig: As hierdie nie die regte is nie, watter een sal dit dan wees? Sien, so is dié ringbaanterrein beleër deur baankokke, grotes, roependes, self beklaendes, swygendes en geheimsinniges. Met uitsondering van één enkele baan, naamlik die smalste, vind julle oral wandelaars en soekendes. Maar omdat alle bane aan die einde afgeskerm is, loop al hierdie baanwandelaars uiteindelik teen die wand van die tent op. Niemand bereik die deur nie, want soveel as wat julle haastig daarheen sien loop, netsoveel sal daar by die steil wand teleurgestel word, omdraai en weer vryheid soek, omdat hulle niks met hulle inspanning bereik het nie. Elkeen verdring hom om die baankok wie teen klinkende munte wissels uitreik. En sien, selfs al die ander baankokke stuur ongemerk hulle helpers met sakke vol silwer en goud en laat wissels vir hulle daarvoor uitreik.

10 Niemand begewe hom na ons armsalige baankok wat teen die ingang van die smalste baan rus nie. Daarom het hy ook slegs weinig te doen en as daar iemand na hom toe wil gaan, word hy wel uitgelag of deur die ander baankokke met geweld daarvan afgehou.

11 Maar kyk nou nogeens goed, hoe `n aansienlike menigte bekwame verkenners hulle op die muur opgestel het, wat die smal, geheel onbetrede baan met hulle oë volg. Enkeles onder hulle sê: Kyk net, een baan lei werklik na die deur. Maar as al die bane hier rondom slegs na die blinde wand lei, wie weet of hierdie smal baan dan nie juis na die deur lei nie? 

12 Kyk, `n menigte loop reeds rondom oor die muur en volg die baan met hulle oë. Die baankokke begryp nie wat dié ronddwaal beteken nie, maar wee hulle almal as hierdie gelukkige spioene die korrekte rigting van die smal baan sal ontdek. Dan sal dit met hulle sleg gaan, want sy sal ter verantwoording geroep word. Al hulle bane sal vernietig en gelykgemaak word aan die smal baan en die onaansienlike baankok sal die hele handel na hom toe trek.

13 Verwonder julle daarom nie dat daar op die ringmuur al `n herhaaldelike gelag gehoor word nie, veral oor die baankokke wat die hardste skreeu. Dié gelag het sy goeie rede en julle kan dit glo: Al hierdie huidige hoofbane moet met hoongelag bestook word; al hulle lerings en groot beloftes moet tot skande gemaak word, wanneer die hooflyn gevind word! Glo dit maar, soos wat hierdie geestelike verskyningsvorm julle leer, is dit in werklikheid ook.

14 Daar is reeds baie skerpsiende baanverkenners op die muur en hulle het nog net die laaste halwe sirkel van die spiraalbaan om te ondersoek. Nog enkele blikke en treë en julle sal sien dat die smal baan baie druk bewandel sal word. Haar bewandelaars sal onfeilbaar by die deur en in die tent aankom, sal daar die groot skatte opneem en dit aan alle gaste toon.

15 Wanneer dit sal gebeur, sal dit ook klaar wees met alle ander bane. Die gaste sal hul op alle bane stort, alle omheinings afbreek en so die deur van die tent, van alle kante nader!

16 Daar hoef nouliks nader aangegee te word dat die eerste baan die hiërargiedom,* die tweede die Griekse kerk, die derde die Protestantse, die vierde die Engelse kerk, en dat die ander kleiner bane nog verskillende ander sektes voorstel. As julle dit nou weet, dan weet julle daardeur ook wat dié beeld beteken. Wanneer julle dit goed in julle opgeneem het, sal baie van dit wat julle in die sfeer van die sesde gees gesien het, weer vir julle duidelik word. Die volgende keer die vierde beeld, maar nou genoeg vir vandag.” *(katolisisme)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205